Seun (7) sterf toe hek op hom val

Die toneel waar die voorval gebeur het. Foto: ER24

ʼn Sewejarige seun is Vrydag dood toe ʼn groot hek buite ʼn winkel in Johannesburg op hom geval het.

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê paramedici is net na 14:00 na die toneel in die Johannesburgse sakesentrum ontbied. Omstanders het gesê hulle kon daarin slaag om die hek van die kind af te lig voordat paramedici opgedaag het.

“Paramedici het bepaal die seun het ernstige kopbeserings opgedoen. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het lede van die gemeenskap aggressief geraak teenoor die eienaar van die winkel nadat die seun dood verklaar is en moes polisiebeamptes hulle kalmeer. Die toneel is vir die polisieondersoek afgesper.

Dit is nog nie duidelik wat veroorsaak het dat die hek op die kind geval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Vivian ·

Sou ook kwaad gewees het vir eienaar. Hy het 10 teen een geweet die hek is nie veilig nie.

MissDemeanor ·

Ons weet nie mooi wat het gebeur nie. Maar veiligheidshekke ontspoor maklik as kinders op dit ‘ry’.

MissDemeanor ·

Ons weet nie mooi wat het gebeur nie. Maar veiligheidshekke ontspoor maklik as kinders op dit ‘ry’.volgens my is dit die fout van de mense wat die instalasie gedoen het…

Arno ·

Shame arme kind en nog so jonk ek sal ook argresief raak as n hek onveilig is maak hom reg of hou hom liewer gesluit daai arme kind se lewe is nou weg en dit deur n hek,sterkte vir die ouers

anoniem ·

Dalk was dit net die kind se tyd om op Hemel toe te gaan. Wie is ons om te oordeel?

Sam ·

Het die kind op die hek gery? Het die hek omgewaai? Hoe het die hek omgeval sommer net so? Bietjie meer info asb.

Tolsie ·

Ja dit is vreeslik hartseer maar moet asb nie net aanneem die hek was foutief of wat ook al nie. Dit gebeur dat n hek uit n spoor loop as dit oopgemaak word. Sterkte aan almal…kan nie maklik wees om n kind te verloor nie.

danie ·

Dit gebeur as n hek onveilig is ja, as hy reg was sal hy nie onspoor of om val nie. Die eienaar moet verantwoordelik gehou word, daar is redes hoekom daar spesifikasies is, hoe langer mense probeer om dit te omseil hoe meer gaan sulke ongelukke gebeur. Goed koop is duur koop.

Lou ·

Dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Dit gebeur gereeld. Mense werk aan ‘n hek, dan haal hulle hom af en sit hom daar naby teen ‘n muur of iets neer. Kinders en kleuters kan nie die versoeking weerstaan om dan teen daardie hek op te klouter nie, maar omdat die ding los staan val hy om sodra iemand teen hom opklim. Dit is dus baie belangrik om so ‘n hek vas te maak of om ander voorsorg te tref ten einde ‘n tragedie te voorkom. As jy dit nie doen nie, gaan jy nog skuldig wees aan strafbare manslag ook.

Cherokee ·

Cor, toe jy 7 jaar oud was, was jou mamma permanent aan jou sy? Of was sy ook somtyds besig met iets anders (wanneer jy stoutighede aangevang het)? Julle moet ophou met die ‘waar was mamma en papa’. Pappa werk en mamma het tyd nodig om huis skoon te maak, kos te maak en met die buurvrou te skinder. Finnish en klaar!

Asjas ·

Johannesburgse besige sake sentrum, 7 jarige kind alleen? Ja ek wil ook weet waar was die ouers. Iemand wat vir die kind kan se die hek is nie veilig nie.

Fanie Gerber ·

Ek hoor julle, maar die ouers is nie te blameer nie – die installeerder is – tragiese ongeluk – en uit persoonlike ervaring – hulle tref jou soos ‘n slagyster – ek was gelukkig, maar het na 13 jaar nogsteeds simptome.

Dirk ·

Cherokee…. As mamma kos gemaak het of huis skoon gemaak het in die middestad van Johannesburg, dan is sy waarlik ‘n ongelooflike mens. Cor is reg om te vra waar die ouers was. Ons het te min Info in die berig om dit te kan antwoord.

En net so by the way, om vrouens te tipeer as net tuiste skeppers en mans as broodwinners sê meer van jou as wat jy dink. Die realiteit is dat baie ma’s die rol van broodwinner, tuiste skepper en alles in een moet vervul.

Dit beteken nie dat hulle ‘n 7-jarige net moet los om hul eie pad te volg sonder toesig nie.

Fanie Gerber ·

Lyk altyd so, maar dan sit die manne swak veilighiedsstoppe op – daar is bitter min van die goed wat veilig ingesit is. glyhek is goedkoop en kompak – swaai hek is nie, maar agv. ontwerp is dit hoogs onwaarskynlik dat so hek op jou sal val

Goku ·

Ek sien hier kom weer n geldige rede om daai winkel en die ander winkels rondom te plunder.

Fanie Gerber ·

Wanneer gaan daar standaarde kom vir die goed – ek is ernstig beseer ~13 jaar terug to so hek op my geval het- installeerder het nie geweet hoe om te sweis nie – stop vir hek afgebreek

My innige simpatie aan die ouers

Johan ·

As n veiligheidshek nie behoorlik geinstalleer word met die nodige “Pilot rollers” nie, kan dit maklik omval…my veiligheidhek by my huis waar ek huur, ook sommerso omgeval..2 x. Die installasie was swak.
Dus sou ek sê dst die installeerder van daai hek, tot verantwoording geroep moet word, en nie die eienaar nie.

Johan ·

Ouers moet na hulle kinders kyk dat hulle nie aanjaag nou wil die klomp weer afbrand en roof oor dit kom aan mense sit bietjie 2 en 2 bymekaar ons almal het ak gesien dat die kinders doen wat hulle wil

Robert ·

Baie jammer oor dit war gebeur het so hek is baie Baie gevaarlik n skuif hek het al op my geval toe ek op die hek gewerk het. Dit was 3 dae in hospital met n gebreukte bo been en n staal pen en 6 maande voor dat jy kan loop weer..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.