Seun (7) verdrink by huis

Argieffoto

ʼn Seuntjie (7) het verdrink in ʼn swembad in Bloubosstrand in Randburg.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24 het gesê die voorval het Sondagaand plaasgevind.

“Toe ons paramedici op die toneel kom, was ʼn plaaslike nooddiens reeds besig met hartmassering op die seun. Dit was omstreeks 18:20,” het Siddall gesê.

ER24 het lewensondersteunende behandeling toegepas en die seun na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

“Ongelukkig kon daar niks vir die kind gedoen word nie en hy is by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lollie ·

Wonder net hoe dit gebeur het aangesien 7 jaar oud al groot genoeg is om die gevaar te besef en aangesien ons nou winter het en dit regtig nie meer tyd is om te swem nie.

Helesti ·

(Hy kon dalk nie swem nie) Dalk groot genoeg om die gevaar te besef, maar ook goot genoeg om te dink dat swem dalk nie so moeilik is nie… Kombineer dit met die vreeslike koue water :-( RIV klein man

CAROL ·

Dis winter – niemand swem nou nie! Waar was die veiligheids nette????? Ek dog dis die wet???

Alida ·

Dit is nie wet dat ‘n swembad ‘n net of ‘n heining moet hê nie. Indien ‘n swembad in ‘n agterste deel van ‘n huis se erf is en die erf is toegemaak sodat dit nie van die straat af bereik kan word nie, is die volgens wet voldoende. Dit is baie tragies as so iets gebeur, maar ‘n heining of ‘n net is nie ‘n waarborg dat ‘n kind nie in ‘n swembad kan beland nie. Gaan kyk maar na die meeste berigte oor kinders wat in ‘n swembad verdrink – iemand het die hek oopgelos, of die swembad skoongemaak en nie die net teruggesit nie. Mense verslag hul waaksaamheid as hulle dink die swembad is “veilig” omdat dit ‘n net of ‘n heining het.

Zellebel ·

Alida…..daar IS wet rakende swembaddens. daar moet OF ‘n “”heining self closing lockable gate”om die swembad wees OF ‘n SABS goedgekeurde net. ons werk daagliks met hierdie goed.
Maar jy is reg, mense is onverskillig, los hekke oop, haal nette af en dink “sal dit more gou weer opsit”. Ek glo dat as daar ‘n swembad is moet jou kind 24uur ‘n dag onder jou oe wees. ‘n ongeluk gebeur SO vinnig

Eddie ·

Mense met ń swembad doen daai exstra moeite en skandeer daai bietjie exsta geld en laat trek ń swembad net oor julle swembad. Ek het dit gedoen want ek wil nie deur daai trauma gaan nie. Baie mense hwt al by my gekuier en gebraai dit werk. Die kleingoed is verskriklik vinnig en een oogwink is hulle weg. Baie sterkte met die groot hartseer almal betokke. Dis nie lekker nie.

Ouvrou ·

Daar moet ‘n wet wees wat alle ouers dwing om hulle kinders swemlesse te laat neem. Jaarliks baie kinders wat verdrink. Dis hartseer en onnodig. Carol daars baie wette wat nie toegepas word in hierdie land nie. Moord is ook teen die wet.

Pop ·

Vooitog, dis baie baie erg… Dalk het die seun in die water geval en ‘n hartaanvaal gehad…oor die water so koud was. Dalk was dit ‘n ongeluk…ek dink darem nie die kind sou wou swem nie, dis dan winter. Ek dink regtig daar is meer verbonde aan hierdie berig as net dit wat ons almal lees.

Alida ·

WAAR IS DIE NETTE, WAAR IS DIE HEINING, WAAR IS DIE OUERS. DIT IS TE ERG OM TER VERWERK, DIT GEBEUR DAAGLIKS.

Colt ·

Vreeslik hartseer. Dis baie belangrik om so vroeg moontlik te leer swem, van dat ek kan onthou kan ek, my broer en sister swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.