Seun (7) verdrink by Secunda-waterfront

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sewejarige kind het in ʼn swembad by ʼn gastehuis in Secunda in Mpumalanga verdrink, het die polisie Sondag gesê.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun het in die swembad gespeel toe hy verdrink het.

Die Ridge Times berig intussen die voorval het by die Lake Umuzi-waterfront plaasgevind tydens die Kosmos 3-in-1-marathon. Volgens die berig het die wedloop by die waterfront afgeskop en weer daar geëindig.

Die area om die swembad was glo volgepak met mense. Volgens die berig was die seun se ouers nie bewus daarvan dat hy in een van die binnenshuise swembaddens gaan swem het nie. Ander kinders het glo die seun se liggaam op die bodem van die swembad sien dryf en alarm gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

mamparra ·

Ek het nie geweet n mens kan op die bodem dryf nie..nooit te oud om te leer nie!

scalla ·

skerp mamparra, geduik soos n mamparra en geswem soos n klip.

Neptunus ·

In 2007 is die akteur Erik Holm permanent verlam by Lake Umuzi Waterfront toe hy in ‘n dam ingeduik het. Sy eis het gedeeltelik geslaag. Google Holm v Sonland. Dit klink egter nie of die gastehuis dieselfde entiteit is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.