Seun (7) verdrink in steengroef

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Sewejarige seun het Saterdagmiddag verdrink nadat hy glo saam met ʼn vriend in ʼn steengroef in die Waterloo-gebied, naby Verulam in KwaZulu-Natal, geswem het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 13:30 na die toneel ontbied. Volgens omstanders het die seun en sy vriend geswem toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het.

“Paramedici het die seun se vriend vir skok behandel, voordat hy terug huis toe geloop het,” het Mathe gesê. “Die oorledene se liggaam is deur ʼn beampte van die Ethekwini brand-en nooddienste uit die water gehaal en hy is amptelik deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.