Seun (7) verloor hand toe klapper ontplof

Kosie Wessels (7) wat erg beseer is nadat 'n klapper in sy hand ontplof het Foto: Child Medi Organisation, Facebook

Kosie Wessels (7) wat erg beseer is nadat ‘n klapper in sy hand ontplof het Foto: Child Medi Organisation, Facebook

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
ʼn Gebroke enkelma van Polokwane in Limpopo en haar sewejarige seun ontvang berading nadat die seun sy linkerhard verloor het toe ʼn groot klapper Saterdag in sy hande ontplof het.

“Die klapper is so groot, as ʼn volwasse man die klapper vashou, sal hy nie eens sy hand kan toemaak nie,” het Martie Hurn, skoonsuster van Caroline Strydom (38), ma van klein Kosie Wessels, Maandag aan Maroela Media verduidelik. Hurn tree as familiewoordvoerder vir Strydom op, aangesien sy soveel tyd as moontlik langs Kosie se hospitaalbed kan spandeer.

“Caroline is ʼn enkelma van vyf kinders en was Saterdagmiddag besig om huis skoon te maak. Sy het gedink Kosie speel buite soos hy altyd doen. Kosie het egter in een van sy tienersusters se kamer ingegaan waar hy op ʼn klapper en vuurhoutjies afgekom het.” Hurn het gesê dit is nie duidelik aan wie die klapper behoort of hoe dit in die kamer opgeëindig het nie.

“Haar dogter se kamer is gewoonlik gesluit, maar omdat Caroline huis skoongemaak het, was dit oopgelos sodat sy daar ook kan skoonmaak.”

Strydom het skielik ʼn plofslag gehoor gevolg deur Kosie se angsgille. Die klapper het in sy hand ontplof en byna al die weefsel weggeruk. Hy het die klapper in die voorhuis aan die brand gesteek.

Sy het dadelik haar seun se wond met lappe toegedruk en na buite gehardloop waar ʼn vreemdeling hulle gesien en met hulle na die plaaslike provinsiale hospitaal gejaag het. Kosie se hand moes noodgedwonge geamputeer word. Hy het ook brandwonde aan sy maag, gesig en arms opgedoen.

Kosie se ervaring is deur die liefdadigheidsorganisasie Child Medi Organisation gedeel in ʼn poging om dié enkelouer met mediese onkostes by te staan en Kosie na ʼn private hospitaal te neem.

“Die reaksie van die gemeenskap was oorweldigend en daar is Maandag genoeg geld ingesamel om hom na Mediclinic Polokwane oor te plaas,” het Hurn gesê. “Daar is tans genoeg geld vir drie dae se behandeling, maar daar lê nog ʼn lang pad van herstel voor en rehabilitasie voor wat baie geld gaan kos.”

Hurn het gesê Kosie en sy ma ontvang tans berading om die verlies te verwerk. “Caroline is werklik in ʼn toestand van skok en huil baie. Sy het sedert Saterdag omtrent niks geslaap nie. Kosie vat dit ook vreeslik swaar en het werklik baie pyn. Hy is baie stil en vasgevang in sy eie gedagtes.”

Child Medi Organisasion het ʼn fonds gestig om te help om Kosie se mediese onkostes te dek. Klik hier vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Johan 2 ·

Ai…baie sterkte…net een ding, hoe weet sy hoe groot die klapper was, ek wonder maar net waar dit vandaan kom.

Karen van Zyl ·

Ag jammer tog, ek bedoel Dankie vir Louis, nie Johan nie.

louis ·

Asb! Geen negatiewe kommentaar nie.
Moet nie oordeel nie maar bid asb vir die ma en haar seun. Ondersteun hul met jou finansies eerder as wonder en negatiewe reaksie

HENNIE NEUHOFF ·

Weet nie wie Louis aangestel het om te besluit watse kommentaar gelewer mag word nie. Maak nie saak watse kommentaar mens lewer iemand kan dit as negatief beskou. As ek voorstel klappers behoort verbied word kan die handelaar wat die goed vekoop dis as negatief bekou, dit sal mos sy besigheid raak. Ek dink nie iemand se kommentaar moet onderworpe wees aan ‘n ander leser se voorwaardes/voorkeure.

Piet Snot ·

Nee Hennie, ek dink ons kan almal maar ‘n wag voor ons monde sit.
Kommentaar is baiekeer so negatief, ek raak skaam vir my eie mense.

HENNIE NEUHOFF ·

Piet Snot. My punt is wat is die verskil tussen 1. Moenie negatiewe kommentaar lewer en 2. Moenie kommentaar lewer nie? Gaan Louis besluit wat is negatiewe kommentaar? Dit hang af aan watter kant van die draad jy staan of dit negatief is of nie. Ek stem saam met jou dat baie mense agter die gemaksone van ‘n skerm die onsmaaklikste kommentaar kan lewer. Vat daardie mense aan – moenie sommer byvoorbaat besluit mense gaan negatiewe kommentaar lewer.

Chris ·

Daar word jaar na jaar gevra dat skiet van klappers verbied word maar hulle bly dit invoer. Maak die chinese ryk en verpes ons mense en diere. Daardie klapper het nie vanself in daardie huis gekom nie. Hoop die kind is gou beter.

Hendrik ·

Stem saam Chris, mens moet kommetaar lewer oor so geval, onverantwoordelik om sulke klappers in die eerste instansie te koop, jaar na jaar hoor ons van sulke gevalle maar mense hoor en luister nie is dit oordeel louise??

Marietjie ·

Ek kan net bid vir die mamma en Kosie. Mag soveel mense se harte en hande oop gaan na die gesin. Sterkte vir hierdie lang prosses. Hierdie was n frats ongeluk wat altyd by hul sal bly. My hart gaan uit vir jul xxx

E.K. - ek sê net! ·

Jip, klappers is onwettig. Vind uit waar dit vandaan kom en “sue” hulle sommer, kan help met mediese koste as jy slim prokureur het. Pes die goed. Baie sterkte vir die gesin.

SNEL ·

Nie dat ek hou van klappers of hulle goed praat nie, maar enige ding het reëls hoe jy dit moet en nie moet gebruik nie, om jou veiligheid te verseker. Ek is seker as n klapper nie ver weggebêre is van n jong kind nie, en om dit in die hand te hou terwyl dit afgaan, is nie die maatskappy wat dit maak se skuld nie. Hoe kan jy iemand dagvaar vir jou eie nalatigheid. By dit gesê dink ek nie sleg van die mamma nie. Ongelukke gebeur en seker word daai sus sê kamer juis gesluit omdat die kleintjie oral krap. Sekerlik was dit ook al baie vir hom gesê om uit die groter kinders se kamers te bly. Jammer dat hy nou met n hand moes betaal om n duur les te leer. Net bly hy het nie sy lewe verloor nie. Hy sal gou leer om sonder daai handjie klaar te kom. n Lewe is belangriker as n ledemaat. Baie sterkte vir die mamma, staan sterk deur die situasie, hy gaan julle nog verbaas met daai een handjie.

E.K. - ek sê net! ·

Snel: as iets onwettig is en dit word steeds verkoop is die handelaar aanspreeklik, alis dit dan net omdat hy onwettige goed verkoop. Net soos met gesteelde koper/kabels (sien elders berig op Maroela waar skrootwerf eienaar in hegtenis geneem is) of renosterhoring of watookal!

Absoluut ·

Absoluut Snel, ek stem saam met jou. Ek sien ook net ‘n nuuskierige kind en ‘n ousus wat nie die gevaar besef het of kon dink haar boetie sal dit nou wil toets nie. Dit is hoekom daar ongelukke is, sulke goed gebeur en almal sal nou weer bewus wees vir die vlg 5-10 jaar. So bid liewer dat hy so goed moontlik genees en aanpas met nuwe omstandighede.

Koos ·

Tragies, verban die verpestelike goed sodat ons kinders en diere nie vermink word nie sterkte aan die seun en gesin.

Buitestander ·

Hoekom verbied die staat afskiet van klappers maar laat dit toe om ingevoer te word? Maak mos nie sin nie?
Drank word op TV geadverteer maar dronk bestuur verbied, maak nie sin!
Suiker is menigde se energie vir die dag maar word swaar belas. Maaj nie sin!
So kan ons aangaan. Realiteit

Ruby ·

Buitestander, alles gaan oor KEUSE.

Die haarkapper het ‘n skêr, beteken dit ek MOET my hare kort sny?

Luister ·

Ek verlang na die dae, lank gelede, toe GEEN klappers in die land toegelaat is nie.
Alle diere word getraumatiseer deur klappers. Praat nie eers van beserings aan mense nie.

Theo ·

ek weet nie of hulle medies het of nie. My kollega het ook n groot klapper in sy hand vas gehou, toe hy op skool was, die shirrug het sy hand op gebou en vandag kan hy sy hand met die drie vingers gebruik. Toe ek in die hospitaal was, Unitas in Pretoria, was daar n man wat in gekom het met n besering aan sy been, daar was n gat in sy been net bokant die enkel en die been was leterlik weg geskiet, sy voet het net aan vel gehang. Die shirurg het vir die man gesê as hy in n staats hospitaal was het hulle sy voet geamputeer en dat hy homself gelukkig moet ag, hier gaan hulle sy been red. daar was seker 8 spesialiste om hom.

Karen van Zyl ·

Theo, lees die berig jong, hy is na ‘n staats hospitaal geneem en geld was ingesamel om hom na ‘n ordentlike hospitaal te neem. As enkel ma’s het ons nie luxuries soos ‘n medies nie dit is ongelooflik duur.

Jakes ·

Ek oordeel nie! MAAR ‘n tiener wat haar kamerdeur gesluit hou..? Oopsluit vir haar ma om skoon te maak..? En. .’n klapper so groot ‘ n man se hand nie inpas moet 100mm diameter wees..? Dis n bom.

Hmm ·

Die deur moes gesluit gehou word want boetie wil nie daar uit bly nie.

Rozanne ·

Dis verskriklik mag God julle toe vou in sy arms deur die moeilike tyd ?

Helen ·

Baie sterkte vir die Mamma en Kosie . My hart gaan uit vir julle. God is groot.

CommentQueen ·

Ek is vinnig een om te sê arme ouera kan nie altyd orals wees nie. Moenie ouers blameer vir n teagedie nie… MAAR
1. WAT soek klappers in jou huis?
2. WAT soek vuurhoutjies in jou tiener dogter se kamer?
3. WAAROM word jou tiener dogter se kamer gesluit?
Baie baiw baie onverantwoorselik!!

Karma ·

@CommentQueen, ek stem 300% saam met alles wat jy sê. Tienerdogter en ‘n geslote kamerdeur? Aikôna! ‘n Klein seuntjie wat mamma dink ‘maar êrens rondspeel’ en ‘n enkelma van VYF kinders met geen medies nie? Sjoe!!!!! Maar immer tog, is dit ‘n hartseer saak – die ou seuntjie was seker maar net sy nuuskierige 7-jarige seuntjie self en sit nou vir ‘n leeftyd met net een hand. Sterkte aan die hele gesin – ek dink die hele land bid seker vir julle.

Alex ·

CommentQueen en Karma
Julle klink soos engele wat julle kinders perfek grootgemaak het. Terloops Karma, as jy nie geld het nie, KAN jy NIE ‘n mediese fonds bekostig nie. Jy kan NIE na al 5 kinders kyk terwyl jy huis skoon maak nie.

Karen van Zyl ·

CommentQueen – Waarom word die tiener se kamer gesluit, a.g.v. jou vrae 1 en 2 dit is hoekom! Enige ouer het geen beheer oor wat ‘n tiener in die huis bring nie tensy hulle ge body search word elke middag as hulle by die huis kom. Die klapper was net dalk ‘n souvenir. Kry dit in jou kop, die was ‘n ongeluk!!!!! en niemand se skuld nie, NIEMAND!!

Ben Prinsloo ·

Voertuie moet nou ook seker verbied word, vermink meer mense en kinders as klappers.

Skitterend ·

Skitterend Ben, nogal my 1ste gedagte ook, ongelukke gebeur!

Schalk ·

Sal graag wil hoor wat julle definisie van n ongeluk is. Hierdie was nalatig. n Persoon wat n voertuig bestuur, hetsy teen n hoë spoed of onder die invloed, kan mos voorsien dat hy dalk iemand se lewe kan neem. En dan pleit ons onskuldig, was mos n ongeluk.

Skitterend ·

Dit gaan oor die klapper, so jy voel die dogter, sy is nog n kind kon voorsien dat haar boetie ondersoekend sou wees en die klapper in sy hand hou & aansteek. Belaglik kinders bly kinders en het nie die vermoe van volwassenes nie. Verban klappers en daar sal ongelukke met iets anders wees, hul gaan dalk hul eie maak, as ons als verban sal dit nie ongelukke keer nie.

Chrissie ·

Deesdae se klappers grens meer aan die oorlog se tyd toe die tipe bomme gemaak was om mense te vermink.
Maar ja dit is seker maar die idee, en mense put genot daaruit om dit aan te skaf en daardeur die verkoper aan te moedig om meer aan te koop.
Sterkte aan ma en seun. Spoedige herstel.

O heng nee ·

O heng nee wat sal jul so tekere gaan, dit is n doodgewone seuntjie met iets tussen die ore ( min mense het deesdae) wat ondersoek ingestel het, hierdie reel is so oud, kom uit die oer tye. Die klapper wat niemand vooraf gesien het klink na oordryf, dit is te koop en 1000de koop dit, ek het ook dat my kind kon leer om daarmee te werk onder toesig, hy is tot vandag verantwoordelik& ni meer gepla oor dit. Hierdie dogter /dalk vriend wou dit nog afsit, maar dt moet op regte tyd& plek gebeur, n ondersoekende kind se droom. As sy geweet het hy sou dit self wou toets sou dit nie daar gewees het. Kosie, jy lyk regtig so ondeunde knapie wat sommer diep in die hart kruip, baie sterkte , mens se toetse het soms n duur les en my gebed vir jou is herstel&om te leer om sonder skuld gevoel met jou armpie oor die weg te kom. Kontak Oom Johan Snyders van Jumping kids, hy is en doen wonderwerke, hy sal jou enige tyd help!

Whatever ·

Ek ken n klomp groot mense wat wetende van die gevaar, stupid glipse gemaak het en so duur prys betaal, n goeie vriend het gemaak of hy uit sy boude lanseer& byna sy fondamente verwyder. Die pyn& hartseer is ongekend, maar vir baie baie jare daarna het geen lid van die gemeenskap grappies in klappertyd gemaak nie!

Seunsdinge ·

Klapper dinge is seuns dinge – hul wese smag na ontdekking & adrenalien. Mens moet hul maar net leer hoe dit werk, watter gevaarlik is, hierdie outjie wou maar net kyk hoe hy werk en hy ken beslis net goed wat jy in die hand vashou. Sterkte vir jou& Mamma wens ek kon stukkie van die eina dra, die magie lyk vir my so eina, sagte soene op elke eina!

GP ·

Ek stem saam jou. Ons as kinders het ook met die goed gespeel. Dank die Vader niemand van ons het seer gekry nie.

Sarie ·

My broer het sy gehoor verloor agv ‘n klapper wat in ‘n glasfles ontplof het. Hy het sy skoolopleiding by die St. Vincent skool vir dowes voltooi.
Ek is tans in Suid India en bly in die omgewing waar klappers vervaardig word. Sivakasi het meer as 300 vuurwerk fabrieke. ‘n maand gelede het ‘n ontploffing 39 werkers gedood. Dit is die hoofbron van inkomste hier. Die Chinese betaal maar ‘n honger loon..werkers verdien sowat R100 per week. Elke huishouding het ‘n lisensie om die begin stadium van klappers te doen..dan word dit vervoer na die fabrieke vir afronding.
Dit is baie tragies van die kind wat sy hand verloor het. Ek bid vir spoedige herstel.
Hier is talle honde wat op straat bly en aanteel. Hulle is so gewoond aan die klappers wat ontplof. .hulle staan by die kinders wat daarmee speel. Dit is net die poue wat lawaai maak as klappers geskiet word.
Die werkers kry monsters om huis toe te bring..dit wil my voorkom of hulle dit met ekstra plofstof laai..sommiges ontplof so erg dat ek dit in my kamer voel op die boonste verdieping. Ek verkies dit as hulle vuurpyle skiet..dit is minder lawaai. .en mooi om te sien.
As julle klappers koop..kyk uit of dit hiervandaan kom. Dit word wereldwyd uitgevoer.

Karen van Zyl ·

Kosie my ou liefie seun, die Here hou jou hand vas al is hy nie meer sigbaar nie, sterkte ou seun want jy is sterk en gaan nog baie verrig, vir mamma Caroline, my gebede is met julle.

Deb's ·

Dit was n fratsongeluk, en niks wat ons sê of doen gaan dit verander. Klappers moet verban word in ons land. Sterkte Kosie. Xxx

foxi ·

Verskriklik jammer as ek nou negatief klink…..maar as ek so na die foto kyk van sy handtjie, is ek seker daarvan dat n private hospitaal sy handtjie kon red het.
Sterkte julle.

foxi ·

Skies almal…..ek het NIE die ander handtjie gesien met die verbande nie.
Was te ontsteld om mooi oo te let.
Jammer

m ·

Baie sterkte aan die ma en kind. Klappers is gemors en ek wens regtig die Chinese en hulle gemors kan verban word………………….

Louise ·

Ek sluit vir oomblik my oë en dink aan hoe harde slag dit moes wees. Watter verskriklike pyn dit moes wees? Wat ‘n skok om jou kind so moes sien? Watter verwyt ‘n moederhart voel. Kan myself geen oomblik dit indink nie want ek staan nie in haar skoene nie!

Dan kan ek net bid vir die pragtige seuntjie en gesin…

Nico K ·

Stem saam met GP. Ons het as kinders ook onverantwoordelike dinge gedoen en die feit dat ons nie iets ernstig oorgekom het nie is nie omdat ons so goed was nie.

Jeanne ·

Ag siestog tannie. Baie sterkte vir die ma en die knapie, hy het ontsettend seergekry en nog ander brandwonde ook opgedoen. Ek bid dat jy gou sal herstel en Jesus julle troos in hierdie tyd.

Yolandi ·

Ai tog… die arme klein lyfie. Hoekom moet soveel kinders seerkry? As hulle nie in swembaddens val en verdrink nie, gebeur sulke dinge of selfs erger goed, so onder die ouers se neuse. Ons volwassenes is al wie ons kinders kan beskerm. Ek weet ongelukke gebeur, maar liewe genade! ‘n 7 jarige weet nie van beter nie, maar ‘n ma van 5 kinders en ‘n tiener behoort darem van beter te weet! Nogal vuurhoutjies by die klapper…. ??

Riaan ·

Ai tog julle dis hartseer, dit moet baie erg wees vir die kleinman……. ek het ook n’ klein woelwater van 6 en ek is elke dag dankbaar as ek hom snags na n’ besige dag weer veilig en sonder voorvalle in sy bed kan sit….. sterkte ann die kleinman en sy gesin.

E ·

Caroline, ma van vyf. Ek dink aan jou en my hart gaan uit na jou vrou. Mag God in die naam van Jesus jou die nodige krag gee sodat jy ook hierdeur kan kom.
Ek self het net 2 kinders en werk deeltyds. My man is die broodwinner. My hoed haal ek vandag vir jou af.

Sputnik ·

Ek sidder dikwels as ek terugdink aan die goed wat ek as jongeling aangevang het en is baie dankbaar dat daar slegs twee beserings was. Interessant dat ek meeste van die tyd instinktief veiligheidsmaatreëls toegepas het. Dit kon veel erger gewees het. ‘n Groot Bewarende Hand het oor my en my maats gewaak.

Raymond ·

Ai ek kan net myself indink watse pyn die seuntjie moet deur gaan … selfs sy ma ook.
Baie sterkte julle mag God by julle wees !

Onthou om nooit moed op te gee nie maak nie saak hoe hard of hoe moeilik dit raak nie bly glo en vertrou.

Diana ·

Ek is self n ma van 2 kinders 10 en 16 . Nie een van hulle mag eers na een kyk as ons nie by is nie . En Dan koop ons dit nie eers nie . Dis mooi almal sal saam stem . Maar laat mense wat weet wat hulle doen met dit werk . Hoop haar kind word gou gesond

Geskok ·

Dit is tragies ….. arme kind ….. wettig of onwettig …. verantwoordelik of onverantwoordelik ….. die nagevolge I werklikheid en mense moet daarmee saamleef …….. ek het die berug vroer gesien en sommer gister al van al my vuurwerke ontslae gaan raak ……. ek self het n woelwater van 6 jaar oud en wil nie die kanse dat hyself so iets kan oorkom he nie …. ons as ouers en volwassenes moet meer verantwoordelik wees waar klein kinders is ….. ek gaan van nou af meer verantwoordelik wees …… voel baie jammer vir die seuntjie en sy familie ….

Maak nie sakie ·

Ek wou ook amper oordeel. .. toe dink ek… My eie man was self n seuntjie van 7, toe hy ‘n mes gaan uithaal het om iets mee te sny (sonder sy ma se wete). Hy het na buite gehardloop en geval. Die mes het in sy oog op ge eindig. … Vandag is die 1ste keer wat ek daaraan dink… Wat moes sy eie ma deur gemaak het? Die Hele wereld se komentaar en negatiewe opmerkings….en hoe dit kon verhoed word. Watse on verantwoordelike ouers hulle was. Sy is definitief nie n nalatige vrou of ma nie (dit kan ek met alle eerlikheid sê, ek ken nie n strenger ma nie…)
Wat ek probeer sê is dat ongelukke gebeur ook met gewone mense, nie net met nalatiges nie. Pas julle kinders op en leer hulle wat reg en verkeerd is. Wees maar ekstra streng! Ek bid dat so ongeluk nooit met een van my kinders sal gebeur nie.
Sterkte aan Kosie en sy mamma, ek bid vir krag en vinnige herstel.
(Mamma van ñ 8 en 5 jarige)

Lynn ·

Jislaaik, hoekom val julle mense mekaar altyd aan. As ek ‘n mening lug en iemand anders hou nie daarvan nie, wie gee vir jou die reg om my aan te val. Dis mos normaal van mense om te wonder oor dinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.