Seun (8) dood ná bakkie rol en hom tref

Argieffoto

ʼn Jong seun is Sondag dood toe ʼn bakkie gerol en hom gevolglik getref het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Geelhoutboomweg in Blanco in George plaasgevind.

“Paramedici het omstreeks 13:20 by die toneel opgedaag en die seun sonder tekens van lewe aangetref,” het Siddall gesê.

Volgens paramedici is die seun agt jaar oud.

Die seun is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.