Seun (8) dood nadat taxi vlam vat

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Agtjarige seun is Woensdag dood nadat die minibus-taxi waarin hy was, vlam gevat en hy “onherkenbaar verbrand” het.

Die Gautengse polisie het gesê die voorval het omstreeks 13:50 aan die Wes-Rand op die ou Randfonteinpad in die rigting van Azaadville gebeur. Die bestuurder van die taxi het aan die polisie gesê die bestuurder in die motor agter hom het sy kopligte vir hom geflits onderwyl hulle aan die ry was.

Die taxibestuurder het van die pad afgetrek en die venster afgedraai, waarna die bestuurder van die motor hom gewaarsku het dat daar vlamme uit die agterkant van die taxi kom. Die taxibestuurder het uitgeklim en gesien dat daar vlamme by die enjin uitkom.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Volgens die bestuurder het hy gehardloop om sand te kry om die brand te blus, maar op pad terug het hy ʼn ontploffing gehoor en gesien hoe die hele taxi in vlamme gehul was. Die seun, die enigste insittende in die taxi, is in die voertuig vasgekeer en het doodgebrand.

Die polisie het bevestig ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eend ·

Vir solank as wat taxis so wetteloos jaag, so wetteloos almal uit die pad druk, nie hulle voertuie onderhou nie en oorlaai, SAL dit aan hou gebeur.

Wat-ek-lees ·

So onnodig. Duidelik was die taxi belangriker as die kind.

Asjas ·

Ek kan nie glo dat hy nie EERS die kind uit die Taxi laat klim het voordat hy sand gaan soek het nie, wat my by my tweede punt bring. Waar is die Brandblusser?? Elke publieke voertuig MOET een he volgens wet. Ek hoop die man gaan tronk toe want hy IS verantwoordelik vir die kind se dood. Hoekom kon die kind nie self uitklim nie? Was die deur gesluit? Wanneer laas is die Taxi behoorlik gediens en padwaardig verklaar?

Theresa ·

100% korrek. Die drywer is verantwoordelik vir sy passasiers. Dis presies wat hul glad nie begryp nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.