Seun (8) finaal gegroet ná ongeluk by skool

Roger Trosello. (Foto: Facebook)

Roger Trosello, ʼn agtjarige leerder van Laerskool Warmbad wat gesterf het toe hy verlede week by die skool deur ʼn motor raakgery is, sal môre finaal gegroet word.

ʼn Gedenkdiens vir Roger word om 12:00 uit die Nuwe Lewe-kerk in Bela-Bela gehou.

Die ongeluk het op 4 April gebeur toe Roger, glo net ná ʼn Bulletjierugby-oefening, buite die skool se sportterrein onder ʼn bewegende voertuig beland het. Volgens die plaaslike koerant Die Pos, het Roger se stiefpa, Filip Vosloo, dadelik met Roger na ʼn plaaslike kliniek gehaas, maar hy is daar dood verklaar.

Filip het die dag ná die ongeluk ʼn foto van hom en Roger op sy Facebook-profiel gedeel met die woorde: “My Boesman, jy moet sag rus, my kind. Lief jou ongelooflik baie [sic].”

Christa Steyn, Roger se ouma, het ook op Facebook gesê sy afsterwe is ʼn harde slag vir die familie. “Ons hart is so seer, ons klein Roger is ook weg na Jesus. Geen woorde, niks, kan daardie leemte vul nie. Ons was daar toe jy gebore is, pragtige seuntjie met die lang wimpers. Ek is so jammer dat jy so vroeg moes gaan. Jou plekkie is leeg,” het sy geskryf.

Oral op sosiale media het boodskappe van medelye vir die familie ingestroom. Ook die Hoërskool Warmbad het ʼn inskrywing ter ere van Roger geplaas.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, kon by navraag nie die voorval aan Maroela Media bevestig nie. Die Pos berig egter sers. Frans Maponya, ʼn plaaslike polisiewoordvoerder, het bevestig ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek. Niemand is egter in verband met die voorval aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

HJ ·

Dit is omdat altyd een of twee idiote is wat nie geduldig kan wees nie en jaag soos n maniak waar daar kinders in die omtrek kan wees

Natasja ·

HJ, jy het geen idee waarvan jy praat nie! Die persoo het nie gejaag nie! Hierdie was n ongeluk waar niemand kan skuld dra nie, ek woon in Bela Bela en weet darem wat die hele storie is, dink mooi goor jy sulke lelike kommentaar lewer.

JP ·

Natasja, miskien nie in hierdie geval nie, maar dit is waar wat HJ sê. Daar is altyd ‘n paar idiote wat op skooltereine en rondom skole jaag.

Abe ·

Snoopie,
Dit bly vir my n raaisel hoekom Christenmense die naam van n heidense antieke Egiptiese god (Amen, Amon, Amun) aanhaal wanneer hule n gebed afsluit of n waarheid wil bevestig.

Dot ·

Die week in twee verskulende gevalle is twee kindertjie dood gery op pad skool toe. Motoriste moet paraat wees veral in die oggend naby skole. Kinders is laat of sien n maatjie en dink nie so as bestuurders moet dit vir hulle doen. Dink aan al die ouers wat n kind verloor het. God bless

Ls ·

Uhm, Amen beteken “Dit is waar en dit is seker” dit is ‘n woord wat telke male in die Bybel voorkom. Skielik is als egiptiese afgode. Regtig nou?

Abe ·

Snoopie,
G’n mens weet waarvan jy praat nie. Net n enkele midde oosterse woord, die betekenis waarvan niemand eers sekerheid het nie. Met wie praat jy? Wat bedoel jy?

Helena. ·

Pragtige ou seuntjie en so jonk. My innige meegevoel met sy ouers en skoolmaatjies. As mens so om jou kyk is daardie kindjie op n baie veiliger plek as in die chaotiese werêld.

Natasja ·

Riette, want dit was n ONGELUK! Die kind het voor die voertuig ingehardloop, hoe will jy die drywer van die voertuig aankla as hy nie skuldig is aan n oortreding nie? Mense moet liefs sulke kommentaar vir hulself hou as jul nie die hele storie ken nie.

Zettie ·

Dit is steeds ‘n oortreding of dit ‘n ongeluk was of nie. Die bestuurder MOET aangekla word. As mens in ‘n skoolomgewing bestuur, moet jy reeds ekstra versigtig wees en heeltyd op jou hoede wees, so ook in enige residensiele omgewing, want enige iets kan gebeur – rather drive defensively than offensively – R I V klein bulletjie.

Trudie Steyn ·

Al wat ek wens is dat daar rondom skole en sportsgronde n veilig loop plek vir kinders kan wees. Dis angswekkend vir my wat reg oorkant laerskool bly om te sien hoeveel kinders so klein as voorskool partymaal net blindelings oor pad hardloop. Hy motors jaag in pad reg rondom skole. Mense sit met soveel padwoede. Altyd haastig om by volgende plek uit te kom. Hoekom nie maar verby skool stadig ry nie. Ai hierdie tannie gaan daai pragtige kind vreeslik mis. Jy was n ster my ou seuntjie.

Lina Smit ·

n Kind word nooit finaal gegroet nie, dalk kan maroela media die woord uit die opskrif haal….

Dina ·

Dis altyd tragies as n kind sterf. Innige simpatie aan die familie wat die res van hul lewe met hierdie stukkend moet saamleef. Mag jul vertroosting vind.

Skerpioen ·

Mag hierdie seun se dood n paar mense se oë laat oopgaan. Ja on sy geval was dit net n ongeluk. Maar by soveel ander skole en sportsbyeenkomste is daar net so veel kinders wat rond hardloop tussen motors en van die bestuurders is ongeduldig. Maar ek hoop dat uit die kind se dood kan ander kinders gespaar word deur weereens jou kinders te leer MOET ASB NIE hardloop waar motors ry nie al is jy opgewonde omdat jou span gewen het EN AAN AL die motoriste wees maar asb net eskra versigtig asb.

Madri ·

Ek moet se mens moenie oordeel nie maar mense kyk nie altyd mooi nie my seuntjie in wierdapark laerskool mag gladnie buite wees nie… Net binnekant wag… Dink die skool moet eintlik kyk waar kinders dtaan en wag.

Retha Lubbe ·

Tersia: padptrollies bestaan nogsteeds.
Ek het as onderwyseres by hoeveel padptrollies diens gedoen. Baie ouers ken ook nie die padpatrollie reëls nie en hoeveel keer wat ek ouers aangespreek het waar hulle kinders se lewens (voetgangers wat by die padpatrollie die pad gekruis het) in gevaar gestel het, my afgejak/geskel het. Kinders word geleer om die pad slegs by die padpatrollie te oorkruis, maar baie van die ouers het hierdie reëls oorskry deur nie die korrekte voorbeeld aan hul eie kind(ers/jie) te stel nie. Selfs die leerders wat padpatrollie diens gedoen het is geïgnoreer/geskel deur ouers. Wié is dan die skuldige?

My innige simpatie aan die ouers wat hierdie seuntjie aan die dood moes afstaan.

Wonder ·

Ek is saam met julle hartseer vir jul verlies. Volgens die kommentaar is die motoris nie te blameer nie maar ek wil graag as ouer n beroep doen op mense wat verby kinders ry. Ek bly oorkant n kleuterskool waar die spoed sone 40km/h is en mense steur hulle net glad nie daaraan nie, hulle jaag teen n onbehoorlike spoed en afstand verby jou kinders. Wat het geword van spoed verminder en n draai om kinders ry? Ek het al soos n besetene op motoriste geskree om versigtiger te wees maar hulle gee nie om nie. Ek wil nie onsensitief wees teenoor bogenoemde nie en wil glad nie oordeel nie maar voel wel dat nense bewus gemaak moet word.

Engela de Klerk ·

Ek woon in Kanada en spoed voor skole is maksimum 40km. Dis by elke skool so aangedui en dit red werklik lewens. ‘N kind, veral ‘n lewenslustige kind, soos hierdie pragtige seuntjie, sál mos hardloop en hulle dink eers agterna! Sulke tragedies kan voorkom word, deur sekere maatreëls in plek te hê.

Sons ·

Rus sag engeltjie, my innige meegevoel aan die ouers en familie. Sterkte.

George ·

Mense waarom is sommige so krities? Wees net dankbaar dit het jou nie oorgekom nie! Dit was al laat middag en die sig van die veld nie so opmerkbaar nie. Ek het baie simpatie, maar my hart gaan ook uit na die bestuurder wat volgens sy toestand defnitief dit nie bedoel het om te gebeur nie.

Sandra ·

My hart gaan uit na die familie, self ‘n kind verloor. Baie sterkte, mag jul troos vind by die Here.

IK ·

Ek gaan en wil nie my kommentaar beperk tot wat hier gebeur het, daar moet egter altyd KIND in jou kop wees by skole. Dit is baie algemeen vir laerskoolkinders om nie te loop maar om te hardloop van A na B.
Ek wil egter sê oor parkeergebiede by winkelsentrums waar daar diegene is wat blindelings ry asof dit ‘n oop ruimte is. Het julle al vir ‘n oomblik gedink aan die gevolge as ‘n kleuter skielik voor jou inhardloop? Daardie ry van jou dwars oor gemerkte parkeerplekke as ‘n kortpad? Maak maar eerder gebruik van die rybane.
Daar is ‘n sêding in engels: ‘A child is as wide as the road’.

MB ·

Hierdie liefste seuntjie RIV Roger se mamma is stukkend sy het ook 6 jaar gelede haar dogtertjie aan die dood afgegee, miskien moet ons meer simpatie en medelye wys vir die verskriklike seer wat hierdie dierbare mamma en familie moet face. Niks gaan die tragedie vir hulle makliker maak nie. Of die bestuurder skuldig is of nie Roger se plekkie is leeg en so ook sy mamma se hartjie.

Arizona ·

Ek kan verstaan as dit n ongeluk was maar hoe vinnig het die bestuurder gery. Volgens my kennis mag jy net 20 km/h ry in n straat waar n skool is. Dit laat die vraag, kon die seuntjie se dood verhoed gewees het?

Ditto ·

Dit is ongelooflik hartseer van die seuntjie. Ek het egter empatie met die bestuurder van die motor want ek was al self in ‘n situasie waar ‘n kind blindelings oor die pad gehardloop het teen die kant van my voertuig. Daardie dogtertjie het geweldige kopbeserings opgedoen en ook nie oorleef nie. Dis ‘n geweldige emosionele trauma wat mens moet verwerk en ek hoop hy het ‘n sterk ondersteuningstelsel. Aan almal wat direk hierdeur geraak word my innige simpatie. Mense wat nie die presiese omstandighede ken nie moet asb nie kommentaar lewer nie.

Ook n ouer van warmbad ·

Los asb die negatiewe ‘ comments’ ons as gemeenskap en ouers van die skool is stukkend..Dit was n tragiese ongeluk wat gebeur het. Hou eerder die mamma pappa en familie in julle gebede…Wie is jy om die eerste klip te gooi en te oordeel…

Ronell ·

RIV klein Roger. Ons bid die bloed van Jesus oor jul familie, en ons kan nie een presies weet hoe hulle binne voel nie. Miskien is slegs ‘n paar bemoedigende woorde al wat ons kan doen… Jammer vir jul verlies. Mens moet maar die geliefdes spasie gee dat hul deur al die fases van rou gaan

Wielspore ·

Sterkte aan die ouers, familie, vriende en skoolmaats.

Mags ·

Liewe aarde.. HJ sê mense jaag very skole (Baie waar, gebeur daagliks), Natasha is goor en sê Hy moet nie praat van goed waarvan Hy nie Weet nie, maar verduidelik ook nie. Snoopie sê “Amen” – sy stem saam, nie seker waarmee nie, Dan is Abe sommer net goor, en probeer n punt bewys.. whatever.. Lina wys daaroo day n kind nooit final gegroet word nie, waarheid, maar dit is slegs n aanduiding op die begrafnis. Mense.. dit is so onnodig. Hier is n pragtige kind wat oorlede is.. gesinne treur. Skynbaar bloot n ongeluk, kinders bly kinders, “my kind sal nooit” is net waar tot op n punt. Een of Ander tyd sál jou kind.. Die kindjie het sekerlik geweet om nie blindelings oor die pad te hardloop nie, maar net in n oomblik van kindwees, dit vergeet, en gehardloop. En toe was daar per ongeluk n voertuig op die spesifieke tyd en plek. Die bestuurder gaan vir die Res van sy/hàar lewe daarmee saamleef, net soos die arme families, met sy verlies. Sterkte aan almal betrokke.

Mags ·

(jammer, ek sien “spellchecker” het hier en daar oorgeneem.. )

Elsie ·

Veiligheidsmaatreëls rondom skoolterreine moet so streng raak soos in Amerika. Geen voertuig mag vinniger as 15km p uur ry nie. Alle voertuie moet stop wanneer d skoolbus met skoolkinders in straat stop, totdat alle kinders veilig oor straat of op skoolterrein is.

Andre ·

Innige meegevoel ek het my kind op 5 jarige ouderdom verloor in n karongeluk.ken die gevoel dis n seer wat nooit kan genees

Johannes ·

Abe. Wat betref AMEN. Dit kom direk uit die Griekse Nuwe Testament, uit God se woord. Jou manier van redeneer betreffende die etimologiese oorsprong is totaal belaglik en onlogies. Klink of jy uit die bisarre Israelvisie afkomstig is!

Heksie ·

Ongeduldige mense … spoed …. en nou is die ou klein mense dood …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.