Seun (8) geopereer na hoewe-aanval 

Marlu Coetzee in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die agtjarige seun wat ʼn operasie moes ondergaan nadat hy en sy pa tydens ʼn hoewe-aanval aangerand is, sal moontlik nie permanente skade weens sy beserings oorhou nie.

Dokters het tydens die operasie in die Garden City-hospitaal in Johannesburg plaatjies en skroefies in Marlu Coetzee se neus gesit.  Volgens sy ma, Dehlia, is sy “neusie baie mooi in plek vasgesit” en is dokters baie tevrede met sy vordering.

Marlu het ernstige beserings aan sy neus opgedoen nadat hy met ʼn voorwerp deur die gesig geslaan is. Sy oë is steeds erg geswel.

“Dit lyk nie of daar enige permanente skade gaan wees nie,” het Dehlia gesê en bygevoeg haar seuntjie kan in die stadium nie baie van die aanval onthou nie. “Ek het met hom gesels en gevra of hy kwaad of hartseer voel en hy het gesê sy hartjie is baie seer.” Volgens Dehlia het sy sy handjies gevat en saam met hom gebid.

Marlu het intussen ook al telefonies met sy pa, Mario (47), gepraat wat in ʼn Potchefstroomse hospitaal behandeling ontvang na die aanval Donderdag in die vroeë oggendure op Mario se hoewe in die Vyfhoek-omgewing in Potchefstroom. Mario het ernstige kopbeserings opgedoen.

Marizé (7), Marlu se sussie, was ook by tydens die aanval maar is nie beseer nie. Volgens Dehlia is sy egter nog baie getraumatiseer. “Sy hou aan sien hoe word haar pappa en boetie geslaan. Sy vra ook heeltyd waar gaan ons slaap en gaan ons veilig wees.”

Mario Coetzee

Paul en Nellie Coetzee, Mario se ouers, was ook in die huis ten tyde van die aanval. Volgens Paul het die aanvaller(s) ʼn kombuisvenster gebreek en die traliewerk gebuig om toegang tot die huis te kry waarna hy/hulle na die hoofslaapkamer is waar Mario en die kinders geslaap het.

“Ons het wakker geword toe die kinders en Mario skree,” het Paul vertel. Hy het gesê hy en sy vrou het gaan ondersoek instel en sy vrou is deur een van die aanvallers oor die kop geslaan en sy het geval terwyl hy die ligte probeer aansit het aangesien die huis pikdonker was.

Volgens Paul het sy vrou in ʼn stadium geskree dat sy die polisie gebel het en die aanvaller(s) het vermoedelik toe op die vlug geslaan. Nellie moes steke kry vir die wond aan haar kop.

“Toe ek buk om my vrou op te tel toe kyk ek in my seun se kamer in en sien net al die bloed.” Volgens Paul is sy seun vermoedelik met iets gekap en hy het snymerke aan sy bene, arms, kop en gesig opgedoen. “Sy oë was onmiddellik blou en dik opgeswel. Sy hele gesig was opgeswel.”

Paul het gesê Mario kan intussen sy oë op ʼn skrefie oopkry en dat hy met hulle kan gesels. “Dank die Liewe Heer dat hy nog hier is.”

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het bevestig niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie en gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Veritas ·

Ek hoop die letsels gaan manifesteer in ‘n haat vir die vyand.

Pasop wat jy spreek ·

Nee hy gaan nie. Hy gaan herstel en n normale lewe lei. Hou op DOOD oor ons mense spreek. Spreek positiewe goed magtag man, lewe en dood le in die mag van die tong.

sweis ·

Pasop wat jy sê, dit is hierdie tipe snert en draai die ander wang wat veroorsaak het dat die boere op plase gesien word as outo teller en slaansakke ,ek sê verdedig jouself en wis die aanvallers op onskuldige mense uit maak hom n bedreigde spesie.

Lizelle ·

Veritas…dis mense soos jy wat hoop dat die letsels gaan manifisteer in haat wat hierdie land laat lam le met wraak en geen vergifnis…. Laat ons almal lewe oor hierdie kind spreek en hou op wit en swart opbring sodra ‘n misdaad gepleeg word.

Zombie ·

@Lizelle, wie het waar na wit swart verwys? Ek sien dit nie raak in Veritas se kommentaar nie.

Strand looper ·

Sweis jy slaan die spyker op sy kop! Wens daar was meer wat jou seining het. Ek sien die aanvallers as Satan self want geen God vreesende mens doen so iets aan sy naaste doen nie. Sterkte aan die gesin. Ons Hemelse Vader sal jul heel uitbring.

Jean ·

What sort of idiot blames the victom for the actions of the attacker? Dont you know that the meek shall inherit the earth? Its this ‘snert’ which gave you the freedom to speak the snert that you chose to speak.

Diertjie ·

Huisroof? Poging tot moord!!! Daai arme mense sal Nooit weer veilig voel nie. Ons bly ook op n kleinhoewe en is konstant in vrees oor wanneer dit ons beurt is.?

Dries du Toit ·

Pasop wat jy spreek se jy. Wanneer dit jou beurt is. Pasop wat jy spreek

Melanie ·

Ag dis vreeslik hartseer! Ons bid vir julle en almal wat onder geweld deurloop.

Regtig ·

Diertjies, ek stem saam NET Huisroof!!!!! Regtig!!!!! Wat van aanranding om ergerlik seer te maak???? Almal wat ook sê hoekom spreek ons dood en negatiewe dinge oor ons volk. Kyk mooi wat on Julie as gaan mense. Is our ons in ons hoekies dit en HOOP alles sal weer oukei raak dat ons baie is waar hy is. Ons hoop maar ons word uitgelos. Nee wat. Beskerm jouself want niemand staan meer saam nie. Helfte sit en HOOP en ander helfte is te min om op te staan teen die duiwel. Die Here het jou ‘n verstand ook gegee. Gebruik dit en nask julle oë oop!

Petro ·

Ai mense dankie tog jul leef dank ons Hemelse Vader mense ek baie kwaad toe ek dit lees die onopgevoede skuim kan nie werk nie nou word onskuldige mense se besitting gevat waarvoor hul hard werk sterkte jul

Bernard Hellberg ·

Gelukkig net huisroof en nie poging tot moord of aanranding nie? Roofdiere jag in troppe

Manus ·

Ek wou nie eers iets skryf nie maar my vrou en meisiekind op daai staduim ook ses jaar oud is geroof by ons winkel n paar jaar terug en sy kan nou nog nie dit verwerk nie.Wat die mense nie besef nie is hulle het nou gemaak dat sy nooit ooit met hulle sal meng nie,soos in nooit.
Vir jou seun haal ek my hoed af jys n ou yster seuna om jou pa te probeer help sit nie in enige iemand se broek nie.
Oom het baie respek vir jou en ek hoop jy is gou weer gesond.
Vat asb vir sussie na n sielkundige toe ,glo my maar die trauma in so kind bly vir ewig daar.Baie sterkte aan julle.

Marinda ·

Only time will tell Amy.

I think it is just horrible that children are being attacked by these cowards. And that’s exactly what they are COWARDS

Helena. ·

Sulke pragtige jong mense..is daar dan geen meer genade by die gemors wat snags so rond sluip nie? Ek word self ook so kwaad as ek die dinge lees. Ek hoop hulle herstel gou en kan weer aangaan met hul lewens. Arme kindjie ons dink aan jou.

Koos de Meyer. ·

Die gemors het ontsag vir niks, hulle roof en moor en kom weg daarmee. As jy op ‘n plot bly moet jy ekstra paraat wees. Vuurwapen 24/7 by jou want hulle oorval jou en kom in elk geval met die slimste idees vorendag. Vertrou niemand.

Wonner ·

Wonner ma net wat sou als gebrand het in Potch as dit n swart kind was

Werner ·

Ek het dieselfde gewonder hulle is nie so slap gat soos ons

Lemoen ·

Niemand lees dit raak dat sy Ma sy hand gevat het, en saam hom gebid het nie. Almal sien net die ergste raak, en dis dat die seuntjie moontlik sielkundige gevolge gaan hê. Daai kleine seuntjie word reg groot gemaak…..positief.

Anoniem ·

Lemoen, hierdie aanval is deel van die stryd tussen goed en kwaad, oftewel God en die duiwel. Vandag herdenk ons Christus se opstanding wat bevestig dat God die duiwel verslaan het. In my opinie doen die mamma absoluut die regte ding om haar kind te leer om by God te skuil in tye van nood, en na Hom te gaan vir hulp.

corne ·

Maar Regering se daar nie gelweld nie.Jammer vir al die smart wens hulle vang die gemors wat dit gedoen het

willem Botha ·

Huisroof,hoe onnosel wil jy wees die seun was aangerand met die doel om ernstig te beseer,onbevoegde polisie van konstabel tot kolonel en hier is die feite.Ek wil net vir die boere sê baklei terug die polisie kan en wil julle nie beskerm nie.

Susna ·

Stem 100% met jou mening hier saam. Huisroof???? hoe belaglik is dit???

Tanya ·

Dagvaar min van veigheid hy is onderstel om die gemors te stop en die is n kind

Michelle Delport ·

Gaan dit ooit ophou??? Ons arme kinders. Ek verstaan nie hulle haat nie, maar dis hier om te bly.

Gert Potgieter ·

Jy verstaan niks. Dit gaan nie ophou nie. Dit gaan net erger word tot hier burgeroorlog uitbreek. Dan gaan ons moet veg vir ons lewens.

Weer en weer ·

Dit gaan nooit ophou nie an almal weet dit. Emigrasie is die mees redelike en nugtere opsie.

KaterinaKat ·

Mense,wat ek nou gaan se is bedoel veral vir die gesin wat aangeval is. Maar ook vir ieder en elk wat ooit hierdie kommentaar sal lees. Die boodskap is: “He hoop. Mense,ons, is sterker as wat ons dink”.
In my 54 jaar van lewe het ek al die volgende deur gegaan:
Vreeslike kinderjare, ek is aangeneem deur die toedoen van nVrymesselaar, in n sielsieke disfunksionele gesin wat my psige geknak het vir dekades.

Ek is in my lewe al verkrag en erg aangerand. Ek was in amper dodelike motorongelukke, en moes al afkom op die lyk van my beste vriendin op 20 jarige ouderdom.

Ek het 3 miskrame gehad, 2 destruktiewe aaklige huwelike met totale narcissiste.

My oudste dogter en haar 2 babas is ook al beroof deur n tsotsi met n mes in hulle eie huis.

Ek lewe nou meer gelukkig, maar met uiters hoe cholesterol(geneties) en n hartkondisie. In hierdie helhool wat ek en my geliefde kinders en kleinkinders nie kan bekostig om te ontsnap nie.

En ons lag nog elke dag, ons eet lekker, ons maak kuns, ons lewe elke dag of dit ons laaste is. Mense is sterk. Mense oorleef. JULLE SAL HIERDEUR KOM.

KietieKat ·

Jou lewe is nooit weer dieselfde nie, vra my. Geen maar geen sielkundige kan daardie beelde uitwis nie. Daardie lewelose bloeddorstige bloed belope oe is in jou geheue gegraveer.
Die pyne waar jy geskop en geslaan is en beenbreuke opgedoen het herinner jou elke dag aan daardie helse nag.
Met slegs God se genade kom jy deur elke dag maar as die donker kom dan vrees jy die nag.
Ons bid vir julle as gesin en dat julle slegs op God sal vertrou. Mag Sy genade vir ons genoeg wees.

KaterinaKat ·

Ek weet jy bedoel goed maar wat jy se is net half akkuraat. Ja jou lewe is nooit weer dieselfde nie. JOU LEWE IS STERKER NA DIE TYD.

DAAI LEWELOSE BLOEDDORSTIGE OE EN DIE LYF WAARIN DIT SIT HET JOU NIE!!!!! OORWIN NIE. JY is nog hierm WALKING WOUNDED !!!!BUT!!!! WALKING!!!!!!!

Sue ·

Agg dis tot vervelens toe om dit te herhaal maar NET HUISROOF??? Is die polisie mal in die kop?

Joey ·

Ek stem saam.Ek hoop hy maak dan ñ poging tot moord saak oop.

Schalk ·

Ek wens net die meeste blankes se oë wil oopgaan en besef wie is die vyand!

Spokie ·

Nou rand hulle Al kinders aan!!! Kan dit nie glo nie. Die dingetjie is maar net 8 jaar oud en Dan moet hy so rond geslaan word. Skande!! Hy Moes n Paar houe gekry het. Snap!!!!!! Ek Sal like om hulle so rond te sleep en te slaan. Gelukkig is die dogter ongedeerd gelaat.

Amanda ·

Huisbraak???? Vir my is dit Poging tot moord! Wat de HEL gaan aan in ons land. Ek raak woedend as ek elke dag moet lees hoe ons mense aan geval word en NIEMAND in hegtenis geneem is nie.

Ronelle Burger ·

Die Afrikaner laat hom nie onderkry. Geskiedenis is genoeg bewys hiervan. Dis waar, die letsels sal daar wees, MAAR as GOD aan ons kant is, is ons tot alles instaat. Jul SAL heel anderkant uitkom, MITS jul aan Hom vashou. Ek bid vir jul.

Hanna Hoekom ·

Fisiese wonde genees, maar emosionele wonde neem heelwat langer (indien ooit) om te genees. Hoe op dees aarde gaan ons verhoed dat ons n nuwe geslag rassiste grootmaak? My sesjarige seuntjie vrees swart mense: ons huishulp het hom fisies aangerand toe hy jonger was (het nou geen huishulp meer nie) en ons was twee keer in ons huis met vuurwapens aangehou. Laasweek is sy ouer boetie van sy selfoon beroof en in die rivier gegooi. Ons kan nie duur sielkundiges bekostig nie en die skool se waglys is lank… Ons kinders is getraumatiseerd!

Johan ·

Huisroof??? Ons is in n stille oorlog, dit is nie huisroof nie.

KaterinaKat ·

Mense ons sal maar net eenvoudig moet sterk staan. Wat anders kan ons doen? Regtig wat anders kan ons doen?? Diegene wat nie kan ontsnap hier uit die hel uit nie sal moet Staan. Ons sal moet sterkte put uit ons wonde, ons sal moet sterkte put uit ons pynende beendere, en ons sal moet Staan. Ons is met ons rugte teen die muur. And no animal is as lethal as as an animal with it’s back to the wall.

Schalk ·

Abba Vader ons belei die sondes van ons vaders en ons eie U Koning ons kom gee die situasie en die land vir U.U slegs U Vader is in behèer en ons aanvaar U plan met Suid Afrika.Alles behoort aan U Yahusha Messiach U plan is volmaak neem besit van ons gedagtes ons verstaan nie maar U weet.Dankie dat U nooit verander ons spreek dit in U Heilige Naam Yahusha.Amein.As dit teen Maroela se aardse beginsels en besigheids etiek is jammer maar dis my hart en Ons VADER is groter as alles op die aarde.

Grompie ·

Bennie kan nie voel soos jy jammer.Dis naby jou.Hoop jy kry berusting maar solank finge en mense ons irriteer is ons Skeppers verhouding nog nie in plek nie.Probeer oorgee in volheid ek dink aan julle.Vrede in Liefde.

Cornelia ·

@KaterinaKat, KietieKat en Hanna Hoekom. Julle eie verhaal van intense leed en onverdiende pyn en trauma gryp mens aan die hart. Ons verwerk die aanval van die bose op ons siel en liggaam nie ligtelik nie. My innigste en teerste medelye. In Jesus se Lewe vind ‘n mens die helder stroom van Oorwinningskrag in Sy Helende Liefde. @Pasop wat jy spreek en Lizelle, dankie dat julle die Weg van God se Gebod onbevrees onder ons aandag hou. Dit is Godgetroue vermanings wat ons voor ‘n keuse stel ongeag hoe ons teen die prikkels skop. Ons kan haat en so die geveg verloor en eendag ons HATERS as buurman in die hel ontmoet. Of ons kan in die Krag van gebed en hoop, vergewe en die HERE as enigste Regter toelaat om ons saak voor Sy Heilige Troon tot ons seën te beredder.

Domvraag ·

Ons sal net meer paraat moet word en ons self meer moet beveilig want soos wat ons ekonomie versleg, so sal die aanslag toeneem.
Wonder waars die ministers en lur’s wat so gou simpatiseer en sommer huise weggee. Is dit omdat die slagoffers wit is en nie swart nie? Waars die groep wat so betoog teen kindermishandeling?

J. van Rensburg ·

Soos ek al so dikwels gesê het – hierdie satanskinders is BAIE dapper wanneer hulle meer as hulle slagoffers is – vra my, ek weet waarvan ek praat, want ek is ook jare terug deur 2 “menere” aangeval – gelukkig nie beseer nie, maar vasgemaak, en die een “meneer”het my pistool gevat en didie loop teen my voorkop gedruk en gedreig dat hy my sal skiet. Snaaks genoeg, en was meer kwaad as bang en antwoord hom: “Nou ja, toe – wys hoe DAPPER jy is en trek die sneller en skiet hierdie ou tannie…” nodeloos om te sê ek leef nog…

Roberto Betta ·

You will struggle to find stories like these on other news sites.

Cornelia ·

@Domvraag, waarom wil jy mense dwing om teen die toestand van hulle “geesgeknelde” en selfbehepte mentaliteit met ons te empatiseer of geskenke uit te deel? Sal jy jou dan met skynvroomheid en valsheid kan versoen? En watter “waardigheid” sal jou menswees daaruit ryker word? Hierdie is om te hoop op wind en te gryp na strooihalms. Laat staan die “hoop op skande” en word stil voor God. Laat ons intree en tussenbeide tree by die Here vir ons eie verbryseldes en verwondes. Wees ‘n “worrier” ‘n stryder aan die sy van die Enigste Regte veggeneraal. En anders as die aardse wat dood met dood vergeld, veg Hy met Sy Weermag om te red die wat gered wil word. Neem dit aan. Daarin lê verhoging en nie vernedering soos die sondige wêreld graag mee omgaan nie.

Anoniem ·

Presies wat die eff gese het n tydjie terug nie kinders,diere of enige iets sal in hul pad staan as hul die wittes leed wil aandoen nie!!!!!!sterkte aan die familie wat so stukkend gemaak is deur gevoellose onmenslike dade en mense

Regtig ·

Diertjies, ek stem saam NET Huisroof!!!!! Regtig!!!!! Wat van aanranding om ergerlik seer te maak???? Almal wat ook sê hoekom spreek ons dood en negatiewe dinge oor ons volk. Kyk mooi wat on Julie as gaan mense. Is our ons in ons hoekies dit en HOOP alles sal weer oukei raak dat ons baie is waar hy is. Ons hoop maar ons word uitgelos. Nee wat. Beskerm jouself want niemand staan meer saam nie. Helfte sit en HOOP en ander helfte is te min om op te staan teen die duiwel. Die Here het jou ‘n verstand ook gegee. Gebruik dit en nask julle oë oop!

Peet J ·

Volgens mediaberigte is daar al baie kinders wat aangerand en gedood is deur die lafhartige goed Ek bid dat die Almagtige God aan ons wittes ‘n eie gebied na die verkiesing
aan ons kan voorsien sodat ons deur ons eie mense regeer kan word daar is net een oplossing nl. selfbeskikking.

hercu ·

dankie tog niemand kan sien wat in my gedagtes maal nie!

baie sterkte aan die gesin!

Susna ·

hercu ja, Ook maar goed dat ek nie my gedagtes op papier sit nie. Ons moet maar net op ons kniee bly. Mag hierdie familie die letsels wat gelaat word verwerk.

Cornelia ·

@Regtig, voor elke geveg berei die “kommando” hulle strategies voor met die oog op die veldslag wat beoog word. “Fisies en ook “Geestelik.” Sommiges se krag lê in hulle “eie krag en idilliese ontsnappings roetes.” Die vyand sluip ook rond in huishoudings, huwelike en vyandskap agter geslote deure in intieme verbintenisse. Van watter vyand wil ons vlug? Die een wat ons verskeur in ons bitterheid? Of die een met ‘n politieke aanslag. Altwee kan jou vernietig want hulle het een dieselfde bron. Bewapen dus na albei kante. Jou siel is in die weegskaal. Dit is ‘n fisiese aanslag met die oog op jou geestelike opbrengs. ( “en hoe begeer die satan vurig om julle te sif…) Herken ook dat ons in ‘n geestelike oorlog gewikkel is en nie alleen ‘n fisiese nie.”

Bert ·

Regeringondersteunde terroriste-aanval. Tyd dat hul vernietig word.

marous ·

Was daar enige polisie beampte by die hospitaal om te vra hoe dit gaan ?

Pierre ·

Dit maak my so g@tvol om altyd te hoor ” en niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie” dit klink so asof die SAP ook nie regtig worry nie want dis maar net nog een van daai… so gemaklik!!

Anita ·

Jy is n yster seuna! Om so te smile en thumbs up te wys…..jy is oulik! Mag jy gou herstel en Liewe Jesus jou styf vashou in die genesing wat voorlê. Mag pappa ,ouma en sussie ook gou gesond. Dit wat gebeur het is so lelik en onnodig….maar ons dien n groot God en hy sal julle troos daar waar die seer sit.

Adele ·

Seun mag Liewe Jesus vir jou en sussie styf vashou .. bid dit vir Julle. Bid ook vir ons land vir God se liefde die duiwel Terug spoel waar hy vandaan kom..dit is so bitter hartseer. Seun jy is pragtig.. so nie reg nie..

Glenn Booysen ·

Wat doen ons om te help? Seker maak dat daar befondsing is vir berading en ordentlike mediese hulp. Ek wonder of AfriForum help met dit of wie doen dit gewoonlik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.