Seun (8) ontbied hulp ná plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige seun het met behulp van ʼn handradio hulp ontbied nadat hy en sy ouers Sondag op hul plaas buite Clocolan in die Vrystaat deur minstens vier gewapende aanvallers oorval is.

Carl du Randt, sy vrou en hul seun, Carl jr., is omstreeks 18:00 die aand deur die aanvallers ingewag nadat hulle teruggekeer het uit Bloemfontein waar hulle die ander kinders teruggeneem het skool toe. “Ons het by die huis stilgehou en toe ek uit die motorhuis stap, het vier van die aanvallers met vuurwapens op my afgekom,” het Du Randt Dinsdag aan Maroela Media vertel.

“Hulle het my met polisieboeie geboei en my vrou en seun gedwing om uit die motor te klim. Hulle het ons gedwing om die huis oop te sluit en die kluis se sleutels aan hulle te oorhandig. Hulle het heeltyd gesê hulle soek geld.”

Volgens Du Randt het die aanvallers die gesin daarna in ʼn vertrek in die huis vasgebind voordat hulle kontant en ʼn vuurwapen uit die kluis geneem en met nog ʼn paar huishoudelike items in sy bakkie op die vlug geslaan het.

“My seun was gelukkig nie baie styf vasgebind nie. Hy kon homself loswikkel en het oor die radio om hulp geroep. Die bure het dadelik gereageer en op pad na die plaas het hulle die aanvallers voorgekeer,” het Du Randt gesê. “Die aanvallers het egter uit die bakkie gespring en te voet gevlug.” Die gesteelde vuurwapen is later in die bakkie teruggevind.

Binne enkele oomblikke was baie ander boere uit die gemeenskap en lede van die polisie ook op die toneel en het gehelp om na die aanvallers te soek. Die verdagtes het egter deur die Caledonrivier na Lesotho ontsnap.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê volgens die polisie se inligting was daar sewe aanvallers by die voorval betrokke. “Die gesin het gelukkig geen beserings opgedoen nie en ʼn saak van huisbraak word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hannie ·

JA! ….. en so moet ons kinders elke dag in vrees lewe! Is dit nie ‘n kind se reg om ‘n normale vreeslose lewe te lei nie?????

Adeline ·

Stem saam Hannie, so word kinders se kindwees gesteel! En dis alles hierdie slap, onbevoegde en rassistiese regering se skuld.

Asjas ·

Ek hoop daar was krokkedille in daai rivier en ek hoop hulle was honger!!

Johannes ·

Dit is tyd dat ons ophou petisies teken en eerder ons geld en tyd spandeer om ons eie gewapende mag/vleuel op die been te bring. Iets soortgelyks aan die Kommando sisteem.

Johan ·

Wat van ‘n klag van terreur. Plaasaanvalle is mos nou prioriteitslys misdaad en kan seker geklassifiseer word as terreuraanvalle. Georgistreerde (7 aanvallers) gewapende terreuraanval

Karma ·

Ek haal my hoed af vir hierdie jong seun! Bravo! Ons het jong bloed soos hierdie nodig om ons land, na die ANC geval het, weer op die been te bring. Nou wonder ek ook – die pa van die gesin is met polisie-boeie vasgebind? Is dit daardie sort plastiek “straps” of regte ‘polisie-boeie’. Vra maar net – dalk was die wapen(s) wat die rowers gehad het ook gesteelde/verlore polisie-vuurwapen(s)?

JC ·

Ek haal beslis ook my hoed vir hom af Karma. Mooi jong!! Net jammer dat hy sy brawe daad moes verrig in sulke omstandighede! Dit is mos nou ‘n boerseun, nie ‘n bang haar op sy kop, en met hope selfdissipline en selfvernuf!!
Bykomend tot AFRIFORUM, dra ek ook by tot AFRISAKE en kan ek maar net hoop dat die ouens meer hulp van beide finansiele en fisiese aard kan ontvang sodat die tipe goed gestop word en meer patrollies daagliks gedoen kan word in samewerking met die polisie. Die optrede van die bure en lede van die polisie is ook prysenswaardig!! Ek sien die begin van iets…hopelik ‘n oplewing van selftrots, selfhelp en nasionalisme onder Afrikaners…Afrikaner identiteit eerste, SA identiteit tweede!

Swartluiperd ·

JC en Johannes ek stem ek is 72 baie fiks en gesond en ek sal as ek moet graag by so n mag aansluit om wet en order reg te ruk. Mooi so jonggrootman jou ouers stoot hul bors ver uit sou ek dink.

Cherokee ·

JC, definieer asseblief hoe jy Afrikaner identiteit sien en hoe Suid Afrikaanse identiteit lyk. Vir my is laasgenoemde belangriker want Afrikaner identiteit is aller kleurig in Engels genoem ‘African identity). Suid Afrikaanse identiteit is (vir my let wel) nader aan die huis want dit beteken blanke Suid Afrikaner.

Chris Ws ·

Eerstens knap gedaan Carl du Randt junior!!!Jy het puik opgetree!Dit maak mens sommer trots op ons jonges!En dankie vir die die du Randts wat besef het ‘n radio is noodsaaklik op ‘n plaas.Ek wens meer mense op plase wil net wakker skrik en radios aanskaf!Dankie vir die talle boere in hul omgewing wat so flink reageer het op Carl jnr se noodroep.Julle almal is sterre!!
Volgens ene Kapt .so en so woordvoerder van die polisie is die polisie steeds op die verdagtes se spoor – binne in Lesotho??Dis ‘n storie as daar ooit een was!Ons polisie het GEEN jurisdiksie in ‘n ander land nie!Daai 7 terroriste is weg.

Theresa ·

Glad nie huisbraak nie. 7 onwelkome mense. Kluis besteel (dis nou kamstig wat ‘n wetsgehoorsame wapendraer MOET aanskaf om gedwing te word om die wapens dan te steel), daar was seker nie sagkens met die slagoffers gewerk met die vasbindery nie – dis aanranding. En dan nog voertuig stelery ook. Dis waar wat hierbo gesê word, dis terrorisme. Stuur dit die wêreld in om die aandag daarop te vestig. Mooi so vir jou dapper optrede Carl! Jy’t mooi kop gehou en die regte ding gedoen. Baie trots op jou!

Koekie ·

Ek wonder of dit nie sal help om twee kluise te besit, sodat jy minder waardevolle items in die kluis bêre wat jy aan die rowers uitwys.

Eend ·

Dit het uitstekend vir my gewerk. Dit kan wel maak dat die rowers kwaad word en dan telyf gaan, maar dit is n goeie plan. Wat ook al gewerk het is om n kamer te he wat versteek is, so as hulle inkom en wil moor kruip almal in die meer verdedigbare kamer weg, en as hulle wel daar inkom een vir een om te moor dan kan jy jouself baie beter verdedig.

anton ·

Ja koekie dit is n goeie idee. Ek doen dit reeds lankal. Die wapen kluis is ook versteek om nie maklik gevind te kan word nie. Maar n 9mm is altyd by my want n wapen in die kluis help nie veel as jy dit skierlik nodig het nie.

Lee ·

Johannes 10/10 vir jou. Jy het die regte idee beet. Dit sal defnitief werk.

Henk ·

Chris, ek is bly om te sien daar is mense wat voorberei vir aanvallers, en baie meer mense moet dit doen. My vraag is net of dit as wettig gesien word in hierdie land wat rede soek om witmense op te sluit. As ons aansluit by so n tipe organisasie, gaan dit nie as onwettig gesien word nie? Weet iemand van gevalle waar die mense vervolg is al?

Ernest ·

Johannes dankie dat daar nog ‘n Afrikaner met baie verstand soos jy ‘n pleitdooi lewer vir ons eie Mag. Hierdie dinge is al lankal nie meer speletjies nie……!!!! As ons hulpeloos om hulp soek, is die stryd klaar verloor. Simpatie bring nie lewens terug nie.!!

JC ·

Cherokee, ‘n Afrikaner is iemand wat onverskrokke trots is op sy TAAL (AFRIKAANS-ONS LIEFLING!) en geskiedenis, en wat WEIER om sy standpunte en kultuur te onderdruk ter wille van polities korrekte ideologiee en politieke gedienstigheid. Tweedens, Jy KAN NIE ‘n Suid-Afrikaner wees, sonder om eerstens ‘n Afrikaanse te wees, en tweedens ‘n Afrikaner nie. So erken jy jou erfenis en geskiedenis en jou band met Afrika en sy mense. (ironiese genoeg besit die blanke 3% Khoi-San bloed so eintlik behoort al die grond aan ons hehe! ) Afrikaner impliseer Suid-Afrikaans wees(hoe dan anders?) “ik ben een Afrikaander” -ek is van Afrika. Derdens is ‘n Afrikaner iemand wat nie wraaklustig en onverdraagsaam is nie, maar iemand wat sy gedeelde geskiedenis erken met almal in SA en deur daardie gedeelde geskiedenis vreugde en aanknopingspunte vind en VREDE HET MET ALMAL OM HOM MAAR IEMAND WAT TOG daardie hardkoppige individualiteit en eiesinnigheid besit wat ons nog altyd so goed bedien het. Laastens is ‘n Afrikaner iemand wat met inagneming van sy trotse geskiedenis, deursettingsvermoe en unieke posisie in die ganse wereld, homself toegewy het tot die ideale van ‘n nie-rassige, verdraagsame en diverse SA, verenig met ander kultuurgroepe in ONS DIVERSITEIT (ergo: taal) tot ‘n diverse SA en SA identiteit. Ons kan nie ons geskiedenis verander nie maar kan slegs ONS TOEKOMS BEPAAL- ONS BOU!!!!-AFRIFORUM!!) HY HET EGTER TOT SY TELEURSTELLING BESEF DIE REENBOOG WIL NIE AL DIE KLEURE HE NIE! (vir meer info lees asb HERMAN GILIOMEE se “Die Afrikaner”)

Chris Ws ·

Henk in antwoord of jou vraag: Die Kommandokorps is nie onwettig nie en doen niks onwettigs nie.Die polisie hou hulle lankal fyn dop want hulle kan nie wag om ‘n witman toe te sluit wat die wet oortree nie.As hulle onwettig was was almal lankal agter stralies glo my!Enige persoon kan sonder om aan ‘n organiesasie te behoort,die wet oortree op baie terreine. Maar kontak hulle self en vra hulle vrae.

Henk ·

Dankie vir jou antwoord. Ek dink ons moet almal begin om op n manier by groepe wat ons beskerm betrokke raak want die polisie kan of wil nie soos bewys, en om as individue dit te probeer is nie moontlik nie. Sulke wettige organisasies moet “mainstream” onder ons begin word, ons moet bewus gemaak word hiervan sodat die stigmas dat dit ver regs of onwettig is kan verdwyn.

Johannes Meintjes ·

Solank ons Buurtwagte, Plaaswagte en GPF inisiatiewe op blote reaksie staatmaak en ontwerp bly, tot dramatiese en middele-verbruikende optrede nadat die misdaad reeds onherroeplik plaasgevind het, gaan ons en ons mense aanhou bloei, verliese lei en trauma beleef. Waarom was die vuurwapen in die kluis en nie aan die man se sy nie?

Tiger ·

Vra ek ook Johannes Meintjes.My man gaan nie eers toilet toe sonder dat sy vuurwapen by is nie.Mense lag en dink hy is ‘n “cowboy” of windlawaai of wat maar hy gee nie om nie en dra sy wapen heeltyd aan hom.Meer mans ,veral op plase, behoort dit te doen.In ‘n kluis beteken hy vir mens niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.