Seun (8) sterf ná honde hom aanval

James Sinkins. Foto: Facebook

James Sinkins. Foto: Facebook

ʼn Agtjarige seuntjie van Howick in KwaZulu-Natal is Vrydag dood nadat hy deur twee honde verskeur is.

James Sinkins is glo deur die twee honde, Duitse herdershond-kruisings, aangeval terwyl hy Donderdagmiddag in sy ouerhuis se tuin gespeel het. Die honde het glo uit die bure se erf ontsnap en James aangeval.

Volgens The Mercury het die honde James gegryp en van sy fiets afgeruk. Hy is aan sy nek en been gebyt. James se ma, Estelle, het hom na ʼn hospitaal gehaas waar hy bloedoortappings moes ontvang nadat sy slagaar stukkend gebyt is. Dokters het ook opereer om die aar te heg.

James se toestand was deurentyd ernstig en Vrydag om 16:22 het Estelle die nuus van haar seun se dood op haar Facebook-profiel gedeel. “Dit is alles oor. James is ʼn paar minute terug dood weens hartprobleme. Ek kan dit net nie glo nie.”

Sondag het Estelle geskryf hoe James haar en almal rondom hom se lewens aangeraak het. “Ek probeer dit en die herinnering van jou dierbare drukkies en skattige giggel na aan my hart hou. Ek is lief vir jou, nou en vir ewig.”

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek die voorval. Niemand is egter in hegtenis geneem nie en geen aanklagte is teen die eienaars van die honde aanhangig gemaak nie. Die honde is van kant gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Debbie ·

Kan die mense nie hulle diere in hulle erwe hou , en as jy weet jou dier gevaarlik, maatreels tref dat sulke goed nie sal gebeur nie hoeveel kinders moet nog ly onder diere.

Ww ·

My kind is ook jare terug deur kwaai honde van die bure verskeur ek kan verstaan dat mense wat sulke honde aanhou nie sorg vir ‘n hoë sterk heuning nie die woord verantwoordelikheid beteken tog iets so is ons geleer

Mel ·

Voordat ons begin om die honde te blameer, moet ons seker maak ons het al die feite. GEEN hond val sommer net aan nie. Ek is werklik jammer oor die kindjie wat sy lewe verloor het, daar is egter baie lesse hieruit te leer. En vir wat word die diere van kant gemaak maar pedofiele word verskoon? Belaglike samelewing.

SNEL ·

Mel, ek stem nie saam nie, honde val net aan. Toe ek as jongeling met my fiets skool toe gery het, moes n telke male skreeu en bene in die lug tel dat hond se kind wat uit n erf hardloop my nie hap nie. Ek het hulle nie geterg nie, net verby gery oppad skool toe, “minding my own business”, maar as hulle jou sien bestorm hulle jou. Hierdie kind het niks verkeerds gedoen nie. Wat vir my die ergste is, hy was in sy eie erf, daar waar hy moet veilig wees. Hierdie buurman moes veral omdat hy weet daar bly kinders langs hom duisend maal seker gemaak het sy honde is toe en kan nie uitkom nie. My hart gaan uit na hierdie ouers toe wat hul kind nou op so manier moes verloor het. So onnodig!

Thelma ·

Kom ons hoop en bid dat dit nie eendag met jou kinders of kleinkinders gebeur nie. N mens se lewe is baie meer werd as n hond sin. Honde wat nie 100% opreg is nie, val gewoondlik mense aan. Sies vir jou!!!

Magda ·

Hi Mel

Geen simpatie van jou kant af nie
Baie sterkte aan die familie

Angie ·

People must remember to treat all dogs like loaded guns! The only problem is that these guns have minds of their own! How many more children must be killed by overly aggresive dogs? My heart goes out to his family.

tamboti ·

Almal se simpatie en hartseer saam met die ouers. Jul liefste seuntjie sal in ons gedagtes bly. Ons sal weereens meer versigtig wees oor ons eie kinders:
Yskaste, swembaddens en suur, elektrisiteit, stowe, diere (veral honde) parafien en gif, vuurhoudjies en ligthers, petrol en ander vlambare stowwe, motors – en kyk as jy reverse, strate, ooms en nefies – ja jou familie ook. Mense dink en bid.

SkarrelKind ·

En ek voels regtig jammer vir die ouers.
En Thelma het jy bewyse vir jou belaglike stelling – ek sou graag meer daaroor wou lees – so net baster honde byt??

Magda – lees weer – Mel is regtig jammer oor die kindjie=simpatie. Sy mag oor die feite wonder as sy wil, nie waar nie?

Sarah ·

Ons bejaarde kat is ook ‘n paar jaar gelede deur twee Duitse Herdershonde verskeur in ons erf – die eienaar stap altyd met hulle sonder leibande, en binne ‘n oogwink is hulle by ons hek in toe my pa die kar intrek. Hy stap steeds met die honde sonder leibande – ek is bevrees dat dit volgende keer ‘n kind mag wees. Ongelukkig is dit simpel eienaars, nie die diere se skuld nie.

tamboti ·

Sarah jy kan ‘n lewe spaar deur hierdie eienaar aan te gee by DBV, hulle behoort op te tree anders moet die saak by munisipaliteit aangegee word – wat dalk met groot moeite en swak resultaat gepaard gaan.
Ek hoop meer mense dink soos jy, pos vir die eienaar ‘n afskrif van die berig – dalk help dit.

Teresa ·

Tamboti
N maamd terug het iemand se 3honde uit hul erf gekom(gebeur gereeld) en in my ma hul se huis gekom en hul hondjie verskeur. My bejaarde ouers is deur soveel trauma. Moes hul hondjie los en uitgaan om hul eie lewens te beskrrm. Ek het by DBV aangemeld wat my net na iemand anders verwys het en daar het niks van gekom nie. 2 dae later was honde weer uit!

Christina ·

Ek stem saam. Geen hond is “gevaarlik” nie. Hoe die eienaar die hond groot maak, speel ‘n baie groot rol in die temperament van die hond.
Jy kry onopgevoede/onkundige/ eienaars en ook die wat nooit mag kwalifiseer om ooit enige diere aan te hou nie.

Blommetjie ·

My hart gaan uit na die gesin en dit so kort voor Kersfees!! Geskenkies is sekerlik ook al gekoop! Sterkte!! Niemand verdien sulke hartseer nie.

Annika ·

Dis so hartseer!!! En ja, honde wat viscious grootgemaak word,sal sommer net aanval. Vra my, ek weet. ñ Rottweiler het my as kind gestorm (die mense se hek was oop en ek het daar verbygeloop, niks snaaks gedoen nie). ñ Hond is soos wat sy mense hom grootmaak. My honde sal nie ñ poot by die hek uit sit nie, al staan die hek oop. Hulle het nog nooit mense sommer net gestorm nie, want ek hits hulle nie aan nie. Aan die ander kant is dit egter partykeer mense aan die ander kant van die heining wat hulle terg, en ongelukkig onthou honde dit. My honde wil iets oorkom as kinders verbyloop en hulle terg. Ek het eendag hulle gevra wat hulle sal doen as die hond uitkom en hulle byt, en al wat hulle kon sê was “sorry miesies, sorry”.

Christina ·

Ek stem saam. Kinders stap met n stok en tart die hond teen die heining. Sekere geluide affekteer hulle saam met pyn (bv hul word met kettings/ysters geslaan en enige iets wat daarmee verband hou bv sqeek van fiets wek vrees en sit hul op
verdediging? Wie weet?

n en sou kinders daarmee aanhou gaan dit die hond later laat aanval uit vrees vir onsekerheid.

raak.
Hul gooi die hond met goed wat hom seermaak en later aggresief maak.

Gideon ·

Ek het al verskeie soorte honderasse gehad, maar kon dit nog nooit regkry om ‘n kwaai hond te hê nie!! Ek wonder of dit nie sekere eienaars is wat altyd kwaai honde het nie!!

Winston ·

Goed gese Gideon. Dis tragies om so n berig te lees. Sterkte aan die familie.

Nels ·

Dit maak nie saak of ‘n hond ‘n kruis of ‘n suiwer geregistreerde hond is nie, party rasse en die manier waarop hul grootgemaak is gaan byt! Ek was as kind deur ‘n suiwer, geregistreerde boerboel aangeval na ek nie eens naby die hond, gestap het. Weet van nog ‘n paar gevalle waar kinders en volwassenes deur suiwer honde aangval is – so die wat se dis omdat die honde gekruis is, is ook nie reg nie. Baie sterkte aan die familie met die seun se afsterwe en mag ons Hemelse Vader hul vertroosting bied!

Millie ·

Ek moet saam met Mel stem! Baie keer word honde deur ‘n heining verpes deur ander persone en as hulle dan uitkom gryp hulle ongelukkig die eerste beste een wat naby is. Innige simpatie vir die familie. Mag Jesus met julle wees in hierdie swaar tyd.

Honde liefhebbeer ·

Mens kry honde wat sommer vir niks baklei en byt. Het gister met my hond gaan stap in Tokai forest, klein maltese. Volgende oomblik bestorm groot hond my hond, sonder waarskuwing. Moes my hond gryp en vir oomblik was ek seker hond gaan my gryp. Die hond is nie aan leiband nie met eienaar wat net agterna drentel. Eienaar van diere moet meer verantwoordelik wees. Honde moet van kleins af geleer word om te sosialiseer met mense, kinder en ander diere. As jy aggressiewe dier het hou hom in jou jaard en as jy gaan stap met hom, gebruik leiband. Die eienaar moet tot verantwoording gebring word,hulle is die oorsaak van die seuntjie se dood.

RITA ·

Mel ek sal my kop in skaamte laat sak as ek jy is. Sies vir jou. Weet jy nog nie dat pedofiele nie van kant gemaak kan word nie……..OMDAT………..die doodstraf nie bestaan nie!!!!!Bid eerder vir die ouers van die klein seuntjie wat nie meer daar is nie

Mel ·

RITA en Magda,

Geen rede dat jul so op jul perdjie moet spring nie. Magda, lees asb weer en spoel dan jou mond uit oor my stelling.

RITA, ek sal beslis nie my kop in skaamte laat sak nie. Nes jy is ek geregtig om iets te opper waaroor ek wonder.

Dit bly ‘n hartseer storie en niemand kan dit ongedaan maak nie. Dit bly BAIE belangrik om altyd jou kind mooi te leer hoe om honde en eintlik enige ander dier te behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.