Seun (8) verdrink in KZN-strandmeer

Foto: Verskaf.

ʼn Agtjarige seun het verdrink toe hy en twee ander seuns in ʼn strandmeer by Southbroom-strand in KwaZulu-Natal geswem het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 15:17 Sondag plaasgevind.

“Dit lyk of hy saam met twee ander seuns geswem het ten tyde van die voorval. Hulle het onmiddellik om hulp geroep toe hulle sien hy het in die moeilikheid beland,” het Dollman verduidelik.

Volgens Dollman het omstanders en lewensredders die seun uit die water gehaal en kardiopulmonêre resussitasie toegepas.

“Die seun is deur paramedici aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en verdere noodbehandeling is volgens protokol toegepas. Hy is ongelukkig op die toneel dood verklaar,” het Dollman laat hoor.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Valerie ·

“Omstreeks 15:17 plaasgevind.” Dit is nie omstreeks nie; dit is presies.

Karma ·

@CAROL, ai, ai – moet die “blame game” nou weer gespeel word? Het jy nog nooit een van jou kinders toegelaat om êrens heen saam met ‘n maatjie te gaan nie? Is jou kinders 24/7/365 onder jou wakened oog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.