Seun (8) verdrink in Oos-Londen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige seun het verdrink terwyl nog ʼn seun gered is uit die see by Oos-Londen in die Oos-Kaap.

Kapt. Stephen Marais, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee seuns het in die moeilikheid beland terwyl hulle by die Oostelike Strand in die see geswem het.

Lede van die publiek kon daarin slaag om ʼn 13-jarige seun uit die water te red.

Volgens Marais het die agtjarige seun egter onder die water verdwyn. Sy liggaam is later in die vlak water gevind.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.