Kapt. Stephen Marais, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee seuns het in die moeilikheid beland terwyl hulle by die Oostelike Strand in die see geswem het.
Lede van die publiek kon daarin slaag om ʼn 13-jarige seun uit die water te red.
Volgens Marais het die agtjarige seun egter onder die water verdwyn. Sy liggaam is later in die vlak water gevind.
ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.