Seun (8) verdrink in riooldam

Marapong, waar die seun verdrink het, is noordwes van Lephalale en noordoos van die Medupi-kragsentrale geleë. Kaart: Google Maps

Die polisie in Limpopo maan mense om hul kinders beter op te pas en so tragedies te voorkom nadat ʼn agtjarige seun in ʼn riooldam in Marapong naby Lephalale en die Medupi-kragsentrale verdrink het.

Jan Katlego Modimola het Sondag saam met twee maats by ʼn ou riooldam gespeel toe hy daarin geval het, sê kol. Moatshe Ngoepe. Hy kon by navraag nie bevestig of die dam nog gebruik word vir die doel waarvoor dit gebou is nie.

“Sy maats het huis toe gehardloop om hulp te ontbied,” vertel Ngoepe, “en die polisie is in kennis gestel. Hulle het saam met ander belanghebbendes na die dam gekom en na die seun begin soek.”

Modimola het toe reeds verdrink en sy liggaam is uit die water gehaal.

Die polisie doen weer ʼn beroep op inwoners om ʼn oog oor hul kinders te hou.

“Die polisie doen weer ʼn beroep op inwoners om ʼn oog oor hul kinders te hou,” sê Ngoepe. “Ouers en oppassers moet kennis neem dat ons nou in die reënseisoen is. Kom ons wees almal verantwoordelik en begin ons bekommer oor waar ons kinders hulle bevind.”

Hy sê met dié dat dit binnekort skoolvakansie is, moet ouers hul kroos se veiligheid ʼn prioriteit maak. “Ouers moet met hul kinders gesels en hulle bewus maak van al die gevare om hulle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alida ·

Daar moes in die eerste pkek nie n riooldam gewees het nie maar behoorlike suiweringswerke wat deur kundige mense bestuur word. Genade ons leef in 2018 nie 1818 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.