Seun (9) ernstig beseer ná motor hom omry

Hospitaal_wagkamer_vuurvreters_pixabay-2.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn Negejarige seun van Benoni in die ooste van Johannesburg is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas nadat ʼn motor hom omgery het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die seun het met die aankoms van die nooddienste langs die pad gelê. Die motor, vermoedelik ʼn ligte voertuig, wat die seun gestamp het, was ʼn ent verder van die toneel geparkeer.

“Paramedici het die seun ondersoek en bevind dat hy in ʼn kritieke toestand was weens ernstige beserings aan sy kop,” sê Meiring.

Paramedici het die seun met lewensondersteunende middels behandel om hom te stabiliseer. Hy is daarna na ʼn Gautengse hospitaal vervoer vir dringende mediese sorg.

Die bestuurder van die motor is nie in die voorval beseer nie. Plaaslike polisieowerhede was op die toneel om ʼn ondersoek te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.