Seun (9) sterf toe rivier hom meesleur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige seuntjie is dood nadat hy deur die Masekanerivier naby Letsitele in Limpopo meegesleur is.

Lt.kol. Moatshe Ngoape, woordvoerder van die polisie, het gesê Remember Mkhari het in die rivier by die Xihoko-nedersetting geswem toe hy in die moeilikheid geraak en deur die rivier meegesleur is. “Inwoners van die omgewing het gesien wat gebeur en het ingespring om hom te help,” het Ngoape gesê.

Die seun is uit die rivier gehaal en na ʼn plaaslike kliniek gehaas. Hy is met sy aankoms by die kliniek dood verklaar.

“Daar word ʼn beroep op inwoners gedoen om die damme en riviere in hul omliggende omgewing te monitor wanneer kinders daar swem. Kinders moenie gedurende tye van swaar reën in ’n rivier wees nie om te verhoed dat so ’n tragedie weer gebeur,” het Ngoape gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.