Seun (9) verdrink in Meyerton-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige seun is dood nadat hy Vrydagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Meyerton in Gauteng verdrink het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en beamptes van die Midvaal-brandweer is na die huis in Dinsdalestraat ontbied, waar die seun langs die swembad gelê het.

“Na verneem word het die seun se familielede na hom begin soek, aangesien hy vir ʼn ruk lank weg was. Hy is later op die bodem van die swembad aangetref en dadelik uitgehaal,” het Meiring gesê.

Paramedici het die seun, wat geen tekens van lewe getoon het nie, ondersoek. Hulle het dadelik begin noodhulp toepas en nagenoeg ʼn uur lank gepoog om hom by te kry, maar dit was tevergeefs.

Hy is op die toneel dood verklaar en die polisie is ontbied vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Maud ·

Hoeveel kinders gaan daar nog verdrink?Pas mense nie hul kinders op nie?Die dood vier hoogty die laaste tyd verdrinkings trompop botsings want almal praat op hul selfone en text en moorde by die honderde.’n Bloedbad hoor!

Anti Maud ·

Ek dink jy moet eerder jou kommentaar vir jouself hou!!! Die arme mense het ‘n kind verloor..SIES vir jou, jy behoort jou te skaam!!! Sterkte aan die familie wat hierdie nuwe jaar met groot hartseer begin

Sarie ·

Ek stem saam – ‘n ongeluk gebeur baie vinnig. Mense moenie altyd ‘n ouer wil beskuldig van nalatigheid nie.

Hartseer ·

@Maud…

My seuntjie (19maande) HET IN 2015 VERDRINK.. Se jy nou dat ek nie na my kind gekyk het nie?
Weet jy hoe vinnig gebeur n blerrie Ongeluk..????
Ja BAIE kinders verdrink maar plaas jy eerder jou komentaar los of BID vir die ouers, dit is glad nie lekker om n kind te verloor nie.. Ek hoop jy kom dit nooit in jou lewe oor nie…

Sterkte aan die familie.

Bokkie ·

Ja dit is baie waar.Niemand kan se dit sal my nie oorkom nie.Die arme ouers voel reeds aaklig hoekom nou vir hulle preek?

Eva ·

Dis regtig onvanpas om nou op n blaming game te gaan . Die ouers het baie ondersteuning nodig want dit is erg om n kind te verloor. Hoop die familie kry traumaberading om hul deur hierdie emosionele krisis te help.

Cheetah ·

Waaaaaaar is die toesig van die ouers????????
Ja n ongeluk gebeur vinnig maar magtig mense was die ouers nie nalatig nie!!!!!!!

Ek bid vir ouers………

Astra ·

Spaar jou gebid. Jy kan nie aan die een kant aggressief wil oordeel en aan die ander kant bid nie.

charlene ·

Presies enigs mens weet n ongeluk gebeur so vinnig nou Waar is die mense op hulle dop te hou sodat dai”ongeluk”nie moet gebeur nie…

Inelkgeval.
N ongeluk is iets wat buite jou beheer is iets wat jy geen beheer oor het nie.
As jy weet dars water en jou kind is daar hou jy hom/haar teen aletye dop jy dink jy kyk weg vir n sekond dans hy/sy kla in die water

Kurkprop ·

Ai, ouers, ALLE OUERS, leer julle kinders om te kan swem. Onlangs het nog ‘n negejarige kind in Bloemfontein verdrink. Nege jaar is nie meer so klein maar as jy nie kan swem is enige ouderdom blootgestel aan verdrinking.
In hierdie geval kan dit ook wees dat die kind gegly het, kop gestamp het en half bewusteloos ingeval het. Wees dus versigtig oor wat jy sê in jou kommentaar want jy was nie daar.

rose ·

wanneer moet sulke ouers volgens julle geblameer word? wanneer die kindjie in matriek sou wees?

Willem ·

Ek dink hou liewer jou komentaar voor jy n oordeel fel oor ander mense! Dis skokkend om beskuldegende kommentare te lees. Gooi klippe as jy sonder foute is en die perfekte ouer was. Geen ouer sal sy kind aspris laat verdrink nie. Ek kry die ouers en die mense by wie dit gebeur het innig jammer.

Madeleim ·

As ek so na al die mense se kommentaar lees dink ek so mense wie is jul om te oordeel. Ja n ongeluk gebeur.En mens moet versigtig wees. Ek self n ouer wat se seun van 3 jaar oud vedrink het en glo my mens as ouer verwyt jou self en sielkunige probleeme en depresie word ontwikel. Jul as mense wat so vinig oordeel dink 2 keer en moenie sê so iets sal ooit met mens gebeur nie. Jul behoort jul te skaam. Staan eerder die ouers by as om klippe te gooi. Is mense soos jul wat veroorsaak dat ouers soos ons in depresie gaan. En glo my dis nie net kinders wat vedrink nie daar is ouer mense ook wat vedrink. Hou op klippe gooi en oordeel saan ‘n ouer by wat ‘n kind aan die dood afstaan. Mag dir Here saam die ouers stap wat deur die pyn en rou gaan. Mag die Here jul toe vou en jul alle krag gee om op te staan. Rus sag liewe engel. Sterkte aan die gesin my gebede is met juk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.