Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê hulle het die polisie en lewensredders bygestaan in die soektog na die vermiste seun.
Hy sê die seun het glo in vlak water by die strand gespeel toe hy meegesleur is.
“Die seun is glo van Parys in die Vrystaat en was saam met sy ma en ‘n oppasser op die strand gewees.” Lambinon sê ondanks ‘n uitgebreide soektog is daar steeds geen teken van die seun nie.
Die polisie ondersoek die saak.