Seun (9) vermis in see by Margate

Margate se hoofstrand. Foto: Wikipedia

Margate se hoofstrand. Foto: Wikipedia

‘n Negejarige seun van Parys in die Vrystaat word vermis nadat hy Woensdag deur die see by Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus meegesleur is.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê hulle het die polisie en lewensredders bygestaan in die soektog na die vermiste seun.

Hy sê die seun het glo in vlak water by die strand gespeel toe hy meegesleur is.

“Die seun is glo van Parys in die Vrystaat en was saam met sy ma en ‘n oppasser op die strand gewees.” Lambinon sê ondanks ‘n uitgebreide soektog is daar steeds geen teken van die seun nie.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.