Seun agter bakkie gesleep

Argieffoto: ER24

ʼn Negejarige seun is ernstig beseer nadat hy glo vir meer as 2 km agter ʼn bakkie gesleep is in Roodepoort.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Donderdagaand na ʼn vulstasie by die kruising van Main Reef- en Roodeweg ontbied.

Die bakkie het by die vulstasie stilgehou waar paramedici die erg beseerde seun aangetref het.

Volgens Meiring het die seun ernstige beserings aan sy rug en boude opgedoen. Die seun is op die toneel behandel en van pynmedikasie voorsien voor hy na die Leratong-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Meiring het gesê die seun en vriende het glo by ʼn verkeerslig agter op die bakkie gespring sonder dat die bestuurder dit agtergekom het.

“Die seun het glo ʼn ent verder van die bakkie probeer afspring toe sy voet in ʼn net wat agter op die bakkie was verstrengel geraak het.”

Die seun is glo sowat 2,5 km ver agter die bakkie aangesleep voor ander motoriste die bestuurder van die bakkie attent gemaak het daarop. Die bestuurder het toe by die vulstasie stilgehou waarna paramedici ontbied is.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Snowball ·

Hoekom is ‘n 9 jarige kind saans buite op straat besig met dié tipe nonsens? Waar is sy ouers? Hulle behoort aangekla te word vir kinderverwaarlosing!

Ellisras ·

Ek hoop nie die ou in die bakkie is wit nie. En die.. Dan is die ou in die bakkie klaar skuldig.

Oom Koos ·

Cherokee ken jy die verskil tussen pessimisme en realisme?

Johan ·

‘n Pessimis is net n voormalige optimis met ondervinding, soos my vriend Sakkie sou sê…

Elize C ·

As daar ‘n paar kinders betrokke was, hoekom het die ander kinders nie op die kajuit se dak geslaan en geskree om die bestuurder se aandag te trek toe hulle sien wat gebeur nie? Of het hulle dalk en die bestuurder was te bang om te stop omdat hy nie geweet het wat is hulle intensies nie, nadat hulle reeds sommer net goedsmoeds agter op sy bakkie gespring het? Of het almal af gespring en die een het toe verstrengel geraak? Gee asb ‘n opvolg met meer feite, soos die ondersoek vorder.

Jaun ·

Ja nee want dan is dit mos nou weer RACIST Daai kaart wat al voos gespeel is….

Gesiggie ·

Ja nee hier het jy nou jou les geleer boet, nerwe af omdat jy wil stout wees… ek hoop ook maar net hierdie ouers van die kind gee hom n pakslae… sodra sy velle op boud genees het, jy kon baie ernstig seer gekry het, dit kon jou dood beteken” Hoop jy het op die harde manier geleer.

Cherokee ·

Die basis van die storie mag waar wees maar verdomp of ek die 2½ kilometer storie sal glo.

Sonya ·

Weet ons het net Nou die dag soortgelyke geval gesien, ons Bly op n plaas net agter die nedersetting, ons het van die stad ad gekom en gesien hoe n trok drywer stop en n groepie van 5 seuns tussen 5 en 10jaar oud van sy trok verjaag, sodra hy terug Klim in sy trok om verder the ry spring die kinders weer agterop… Hy het seker 4 keer so gesukkel… Die ouers Moet verandwoordelik gehou word, want hoe leer hulle Dan hulle kinders?? More is daai kind dood Gery Dan Moet die bestuurder Boet en was dit Nie eers sy skuld Nie…

skerwe ·

hoe is nie moontlik dat seuns agter op n bakkie kan spring en die bestuurder voel en sien niks? het by nie een keer in die spieel gekyk nie?

Christo ·

Heel moontlik was daar vrag op die bakkie, daarvoor die net. Die bestuurder sou niemand in die binneste truspieel sien nie. Uit ervaring ‘bomb shell’ die res wat op die bakkie wa en sal eers later kom lieg in die hof vir vergoeding.

smurfie ·

2.5km gesleep en hys nie dood nie? Die kind is wragties baiegelukkig om te leef. Hoop hyt n duur les geleer

Sê-ma-net ·

2.5km? In Main Reef Weg? Snelheidsperk 80km/h?
Hablêddieha!
200 – 250 meter is meer realisties. Daar is net eenvoudig teveel verkeerskruisings. Meer as genoeg geleentheid om los te woel sodra die voertuig stop. Na 200 meter gaan jy òf loskom, òf dood wees. Gewis sal jou velle waai.

Iemand (media) is besig om iemand anders (publiek) ‘n poep te voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.