Seun beseer na Leeukop-val

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Tienjarige seun is beseer nadat hy gegly en geval het by Leeukop in Kaapstad.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die seun het sowat 10 meter ver geval. Hy sê ‘n helikopter is gebruik om paramedici by die beseerde seun te kry.

Paramedici het die seun op die toneel behandel voor hy met die helikopter na ‘n ambulans wat in die parkeerarea gestaan het, vervoer is. ‏Die seun is na die New Somerset-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die voorval, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.