Seun beseer toe hy in mangat val

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn 13-jarige seun het beserings opgedoen toe hy Woensdag in ʼn mangat in Bloemfontein geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare911, het gesê paramedici is omstreeks 15:20 na die toneel in Rocklands ontbied.

“Met paramedici se aankoms is die seun reeds deur omstanders uit die mangat gehaal. Hy het matige beserings opgedoen.”

Volgens Mathe is die seun op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ek hoop die mannetjie is sommer weer vinnig op die been en ek hoop sy ouers dagvaar die minisipaliteit van Mangaung (Bloemfontein) vir ‘n fortein. Proudly weer South African.

Elske Lane ·

Hulle moet liewer die persone wat die deksels en die aankopers van die gesteelde deksels dagvaar. Ek glo meeste van die munisipaliteite kan nie meer voorbly nie. ‘n Deksel word vandag vervang en more is hy weer weg. Soms moet dieselfde deksels oor en oor ten duurste vervang word.

Carel ·

Die deksel was seker jare gelede reeds gesteel en oop gelos deur die ANC munisipaliteit.

Joann ·

Laat die wat verantwoordelik is betaal. Hier waar ek bly is die strate en sypaadjies so vol gate dat hoeveel mense al beseer is. En dit is n pragtige dorp in die hartjie van Sondagsrivier vallei.

Lance ·

Deksel was seker gesteel …eff se mos jy kan invrasyukteer vat en verkoop as jy honger is ….konnie glo toe hy dit se nie ….enige iets vir n stem nou …tot verniet elektrisiteit sien ek nou op plakkate …met watse geld …o ja jou belasting geld

m ·

Hier is baie oop mangate in Bloemfontein is dit uiters gevaarlik. Die deksels word heeltyd afgesteel maar die munisipaliteit moet n plan maak met die goed want jy kan lelik seerkry as jy daarin val.

Theresa ·

Deksel af gewees? Dalk gesteel. Dalk afgeskuif om toegang te verkry tot die blyplekke in die pype (lekker so onder ons neuse en wonings waarvoor ons ten duurste opdok).
Daar bly duisende mense so, sonder om ‘n sent uit te haal vir daardie “verblyf”en adres.
Sal verwelkomend wees as Metro in elke dorp en stad daagliks die strate fynkam en mangate ook deel maak van ondersoeke.

Scalla ·

Dit word gesteel en as skrootyster verkoop, solank daar n mark/afstetgebied is sal dit nie stop nie. Die handelaars/kopers is net so skuldig, Dit is geld wat verniet gekry word sonder veel moeite en hul kry maar n klein geringe deel van die werklike koste. Hul moet gebruik maak van sement deksels.

Eben Kitching ·

Dit het met broer gebeur op Makro se terrain. Gelukkig het hulle omgesien na my broer se medfiese uitgawes en daar was mense wat wou gehad dat hy verdure regstappe neem. Ons is ongelukkig nie daardie tiepe mense wat prokureurs verryk nie en het ook nie kans gesien om nog hof toe te gaan en al daardie onsmaaklikehede deur te maak nie. Ons is net baie dankbaar vir Makro se bestuurder wat self saam na die dokter toe gegaan het en gereeld navraag gedoen het oor my broer se toestand. Dit het meer beteken as wat enige geld kan koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.