Seun beseer toe hy van bakkie val

Argieffoto: ER24

ʼn 12-jarige seun het Woensdagmiddag ernstige beserings opgedoen toe hy glo van die agterkant van ʼn bakkie afgeval het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die weste van Westonaria in Gauteng plaasgevind.

“Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is nie aan ons bekend nie. Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het hulle die seun in die pad met verskeie beserings aangetref,” het Van Huyssteen gesê.

Die seun is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sterkte ·

Hier kom weer ‘n helse hofsaak en ‘n klomp oproeriges voor die hofgebou, brandende bande en bakstene. Ek is jammer vir die seun . maar die wragtie weet as die bestuurder wit was is hy van vandag af in die moeilikheid en sy lewe sal HEL gemaak word.

Ekke ·

Ai dis nie lekker nie. As ek dink hoeveel honderde KILOMETERS ons agter op verskeie bakkies gery het as kind, en nie net op die plaas nie. Dis goeie herinneringe. Sterkte vir die seun en sy familie – hoop hy is ok.

CAROL ·

Het die bakkie nie n “canopy” wat nou wet is op gehad nie????

Ai tog! ·

Hy sou nie afgeval het as daar ‘n canopy op was nie. Die nuwe wet vereis dat daar ‘n canopy moet op wees, indien jy mense gaan vervoer MOET daar bankies en veiligheidsgordels ook in wees. GEEN myn laat meer single cab of extended cab bakkie toe nie. Dit moet double cabs wees.

Francois Le Cockon ·

Teen hierdie tyd behoort alle bestuurders van bakkies te weet dat passasiers wat agter op bakkies vervoer word, n groter risiko het om beseer te word teenoor die passasiers binne in die kajuit. Die bestuurder van hierdie betrokke bakkie kan dus nie se^ “Oo ek is so jammer, maar dit was ‘n ongeluk”.

Anni ·

Hoe op dees aarde vervoer mense nog ander mense, en dit kinders, agter op ‘n bakkie? Die risiko is NET te groot. Ek weet beslis nie wat hier gebeur het nie, maar wat soek die kind agter op ‘n oop bakkie?

Jy bestuur dalk versigtig, maar iemand anders kom ry in jou vas en daardie passasier is soos ‘n pyl uit ‘n boog van daardie bakkie af. Waar is mense se gesonde verstand deesdae?

Ek moes as 18 jarige langs die oop graf van ‘n klasmaat staan wat op die laaste dag van ons Matriek eksamen vanaf die bak van ‘n bakkie afgeval het. As Matriekmeisie het ek daardie dag vir myself gese nooit sal my kinders op ‘n bakkie ry nie, en vandag , 22 jaar later, hou ek nog voet by stuk. My oudste het net nou die dag ‘n taai klap, sommer so op die blad, en ‘n ordentlike preek by my gekry toe ek hoor maar hy het saam met vriende agter op ‘n bakkie gery. Jy kan dit net nie toelaat nie.

Oplet ·

Gaan ry maar deur die dorpe op n naweek dan sien jy hoe mense volop nog mense groot en klein agterop bakkies vervoer. Sekere ouers laat selfs hulle kindertjies agterop staan en dink hulle is okay… maar hy dink nie verder as sy neus dat as hy vinnig moet briek, die kinders oor die voertuig gaan trek en in die pad te lande kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.