Seun bly agter tralies ná ma se moord

Argieffoto (Foto: Niek Verlaan/Pixabay)

Thabang Moswane (24) het sy aansoek om borgtog in die Koster-landdroshof in Noordwes laat vaar. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is tot 7 Julie 2022 uitgestel vir verdere ondersoek. Thabang bly in aanhouding.

Die Boons-polisie is die middag van 9 Mei 2022 na die toneel in Mathopestad ontbied. “Aanvanklike inligting dui daarop dat Kedisaletse Elizabeth Moswane (53) en haar seun, Thabang, baklei het. Met beamptes se aankoms op die toneel is Kedisaletse in haar plakkershuis aangetref met verskeie meswonde.”

Die polisie is in kennis gestel dat Thabang glo opgemerk is dat hy sy ma se bloed gedrink het ná hy haar aangeval het. “Hy is dadelik in hegtenis geneem en het in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maggies ·

Dit is uiters siek. Maak my naar. Wat gaan aan met dié mense?

Realis Thailand ·

Dit is ongelukkig hoe die lewe is. Dit is party dae een groot tragedie vir baie mense
Daar is mense wie erg siek is wat tussen ons rondloop. Dink maar aan Jeffrey Dahmer en daar is sulke mense in SA ook

Niklaas ·

Dis nou erg onstabiel. Om jou moeder se bloed te drink. Ek het nog nooit van sulke ongebalanseerde optrede en gedrag gehoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.