Eddie Hills (26) is breindood verklaar nadat hy en sy pa einde verlede week op hul plaas naby Hennenman in die Vrystaat aangeval is.
Pieter Hills (56) is tydens die aanval op teregstellingswyse doodgeskiet. Eddie is in die nek geskiet nadat hy glo op die aanval afgekom het.
“Eddie is breindood en sou ʼn kwadrupleeg gewees het. Ons wag dat sy groot boerseunhart ophou klop,” het sy ma, Antionette, Maandag kort voor 21:00 laat weet.
ʼn Werker van die gesin het Vrydag omstreeks 05:00 op die pa en seun in die plaashuis afgekom nadat Antionette haar gebel en gevra het om ondersoek in te stel. Sy was nie tuis ten tyde van die aanval nie en kon hulle nie in die hande kry nie waarna sy die werker genader het.
Die werker het met familie van die slagoffers kontak gemaak waarna die polisie na die plaas ontbied is.
Eddie is aanvanklik in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal op Welkom opgeneem voordat hy later die dag per lugambulans na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is.
Vier verdagtes is Vrydagaand in Phomolong in hegtenis geneem nadat speurders van die Hennenman-polisie en lede van die misdaadvoorkomingseenheid onverpoosd gewerk het om ’n deurbraak in die saak te maak.
Een van die verdagtes, ’n 47-jarige man, is Saterdag in die vroeë oggendure dood in ʼn polisiesel aangetref nadat hy homself gehang het.
Tshidiso Patrick Bochedi (36), het Maandag in die Hennenman-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om moord te pleeg, poging tot moord en huisroof. Hy bly in aanhouding tot hy weer eerskomende Maandag in die hof sal verskyn om sy aansoek om borgtog te begin.
Die tweede verdagte sal na verwagting Woensdag in dieselfde hof verskyn, terwyl die derde een vrygelaat is nadat sy nie positief met die misdaad verbind kon word nie.
Het Bekkie al gaan besoek afle by die hospitaal? My innige simpatie met hierdie verpletterde familie, ek hoop julle sal op ‘n manier kan troos vind eendag.
Dit breek my hart!
Sterkte Antionette, ek dink aan julle
Mens wil nie meer nuus lees nie ons mense word uitgemoor, en mense wil net praat, hier moet oorlog kom en klaar!!!!
Lyk vir my, bid en mumureer is die beste wat ons kan doen.
Ek stem saam.
Vreedsame optogte
Petisies
Memorandums
Morele hoëgrond handhaaf
Gesprekke met die regering
Alles net verskonings om nie regrig iets te wil doen nie.
Ek wil met jou saam stel. Oorlog is nie lekker om aan te dink nie,maar hoe begin mens oor ? jy druk die “reset” knoppie. SA het n “reset” nodig
Riaana, iets moet gebeur, wat weet ek nie, maar oorlog, meeste onopgeleide, en paar oud soldate
4 000 000 teen 40 000 000, dit is wat hul soek, dan is ons almal uitgewis….. Ons het nie ń Weermag soos vroeër jare nie…..tragies,maar as dit so moet wees, laat dit wees….
Dit is so ongelooflik hartseer…
So bitter hartseer…..
Dit is baie slegte nuus vanmore die.
Dit breek mens se hart en maak mens so kwaad – sterkte aan sy Ma met die verlies van haar man en kind.
Ons harte en gedagtes is met jou.
Jis dis hartseer, vanoggend is my hart stukkend vir hierdie mense…
Dis soooo hartseer! My hart is stukkend vir ons boere! Ai so gebid dat jy dit sou oorleef. Rus sag Eddie en sterkte aan die familie in die moeilike tyd mag God julle dra!
Klagstaat is verkeerd dis moord nie poging tot moord en huisroof nie. Ons bedank die ANC en EFF wat haatspraak aan hits pffft
Woorde is op. Net hartseer bly oor. So jammer nog ‘n jong man is wreed vermoor. Sterkte vir sy geliefdes wat agterbly.
Bitter hartseer, dit raak nou oorweldigend! Hoe bly mens kalm in die land?
Dis met n swaar gemoed wat ek die slegte nuus nou hier lees. Antoinette baie sterkte met hierdie GROOT verlies, ek weet dat Pieter en Eddie op n beter plek is.
Sterkte vir die naasbestaandes en familie.
Borgaansoek – hoe kan die tipe mense borgtog gegee word hoe hoe? Hulle het twee mense se lewens net gevat net helemal gevat. Geen regverdigheid nie.
My hart is so seer. Antionette ek huil saam met julle helemal.
Pieter net so gevat en Eddie wat nou breindood verklaar is, waar is die regverdigheid?
Wat my die kwaadste maak is dat Malema nog steeds aangaan soos hy doen al sterf onskuldige mense daagliks. Hy het net geen gevoel nie en hy weet niks gaan met hom gebeur nie. Dit maak my woedend. Alles word gedraai dat die boere skuldig lyk en Malema was sy hande in onskuld en loop weg om net weer iewers anders moles te maak. Mense, die regering gee glad nie meer vir ons om nie. Hulle weet net nie hoe om vinniger van ons ontslae te raak nie, want die wêreld kyk en hulle wil dit nie te ooglopend laat lyk nie. Dit frustreer die regering dat ons so baie weerstand bied. Ek as mens is stukkend al vir ‘n lang tyd, want al hierdie plaasmoorde bly by my. Ek kan hulle nie vergeet nie en nêrens hoor ons dat die regering dit ernstig opneem nie. Ek praat nie van hulle leë beloftes nie. Ek praat van aksies. Mag die Hemelse Vader vir ons uitkoms gee.
Sterkte aan die familie en vriende, om iemand aan die dood af te staan is seer, so ‘n wyse bitter seer. Ek kan net vir julle bid en glo dat God julle deur hierdie moeilike tyd sal dra en krag sal gee. Weet net die hele Suid Afrika is met julle en bid vir julle.
Baie sterkte aan sy familie en vriende – dit is so baie hartseer en onnodig en onaanvaarbaar dat goeie mense so uit gemoor word.
Rus in vrede Pieter en Eddie. Ons rou saam met jou Antoinette. Mag jy berusting vind in die wete dat jou manne veilig aan Jesus se voete sit.
Ag nee, die Here weet (ek gebruik nie Sy naam ydellik nie, ek is ernstig) ons kan nie nou meer net bid en net die Onse Vader sing nie, as ons nie in opstand kom nie gaan ons sink. Ons moet liewers bid vir ons Skepper om ons by te staan in ons stryd.
My hart is seer vir die moeder! Sterkte!
Ek kan net huil!
Waar is CR se groot bek nou ???????
cr, hoede, ndz, is nes ‘n blikkie vervaardigings aanleg, maak net geraas
My hsrt gaan uit na die ma en vrou van hierdie gesin. Mag God jou krag gee
My hart is on ‘n miljoen stukkies gebreek vir julle. Mag Jesus julle vashou, in Sy groot genade, in julle bitter seer. Ek bid vir julle familie, gesin en sy meisie. Weet net God slaap nie
My hart gaan uit na julle.
Ekt nie woorde nie
Is dit nou 2 klagtes van moord.
Hierdie is ” too close to home” sterkte aan die gesin, familie, sy verloofde en aan jou sussa. Ek en Pierre dink aan jou, jy met jou hart van goud. Ons woorde is min.
Soooo moeg vir die land, sy regering en sy kaders!!
Jammer om te verneem, my simpatie aan sy moeder, Antoinette,, sy aanstaande en res van die familie en naasbestaandes…..
So jammer jul is in my gebed. mag die Here jul vertroos en styf vashou in sy Hande. Mag Vader nou intree met geweld teen hierdie satangs wat alles verwoes.
Ons regstelsel moet bykom. Daar behoort GEEN borgtog te wees vir moordenaars nie, nie eers al is hul verhoorafwagtend nie! Sterkte aan die familie!
My woorde is op…
Baie jammer. Ek dink hier kom weer moeilikheid.
Het die miopiese Siril al kennis geneem van dié tragedie of is hy en sy bende nog besig met kwota stelsel vir privaat partytjies. Die moroniteite hou net nie op nie.
My innige simpatie aan die familie en vriende!
Kom ons bewapen en vededig ons SELF!
My hart bloei vir hierdie gesin!!
Mag Jesus Christus julle dra en omvou met Sy liefde! Verder kan of wil ek eerder niks sê nie … ek mag dalk in die tronk beland LANK VOOR die lafhartige moordenaars!!
En hier breek my hart vir die hoeveelste slagoffer van net nog ‘n grusame plaasmoord wat die regering weier om te erken‼️