Seun buite skool vermoor

Argieffoto

ʼn Sestienjarige seun is Woensdagoggend buite ʼn skool in Mondeor, Johannesburg, doodgesteek.

Volgens ER24 het hul paramedici omstreeks 08:14 op die toneel aangekom en was paramedici van ʼn ander nooddiens reeds besig om die seun te behandel.

Die seun het ʼn steekwond in sy bors gehad. Hy is op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jean van der Riet ·

Is dit die nuwe tyd verdryf in Suid Afrikaanse skole , moord en aanvalle ? Ja wat broer .

Helena. ·

Wat op aarde gebeur nou in skole. Dis moord, dood en aanrandings ens. Kinders se “veilige” hawe is nou tot niet…hul geleerdheid gaan ten gronde. Dis al so erg soos plaas moorde..wie doen iets daad werklik omtrent dit..praat alleen gaan nie help nie..

klip in die bos ·

STELLING: Die dae toe ons geweet het wie vriend of vyand was is vergoed verby, totdat…

Juffrou ·

Waar’s Lesufi nou? Kom hy nie agter dat sulke wanorde en anargie nie by wit skole voor kom nie? Politiseer mos alles.

Lizelda ·

@Juffrou, ek is bly jy dink dit gebeur nie in “ons” skole nie. My seun is op laerkool met n sker gesteek en dit in n gegoede skool in Pretoria, die kind is wel geskors maar die feit is dit gebeur in ALLE skole.

bolla ·

My broer was jare terug (voor 1994) ‘n onderwyser by ‘n uitsluitlike wit skool. ‘n wit, Afrikaans-sprekende laerskoolkind het hom met die vuis van agter in die rug geslaan. Ek self was in ‘n klas waar ‘n kind eendag die onderwyser in die klas gevloek het (hy’s daarna geskors).

Jean van der Riet ·

PS : My vrou het na 15 jaar ophou skool gee omdat daar geen meer respek , dissipline en verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige daad by leerders getoon word nie .

Lizelda ·

Ek weet eerliikwaar nie hoe die onderwysers dit nog uithou nie ek neem nie jou vrou kwalik dat sy bedank het nie. Die uittarting, raak my nie agtig houding ens ens sal enige goeie onderwyser maak om weg te hardloop.

alida ·

Dit is omdat hulle op 18 of 19 steeds in graad 8 of 10 sit. Dit is flippen nag deesdae.

George ·

Se weer…..bring LYFSTRAF terug in skole. Dan alleen sal dissipline weer daar wees en daar sal 2x gedink word voor sulke dade gebeur.

Schalla ·

Tekens van die tye. Morele verval is orals te bespeur. Wat verwag mens as jy dit in ‘n land onwettig maak vir ouers om selfs hul kinders in hul ouerhuis te tugtig? Dis die gevolg van kinders wat van kleintyd af gepamperlang word en nog nooit gestraf is as hulle iets verkeerd doen nie (selfs iets kleins), en dus groot word met die idee dat niks sleg met jou sal gebeur as jy iets slegs doen nie, dus hou hulle aan en word die klein dingetjies groot dinge en voor jy jou kom kry steek die kind wat so 50 pakslae agter is iemand dood. Die leiers van politieke partye en studenterade wat geweld en anargie aanhits is ook verantwoordelik vir die jeug se totale minagting van gesag en ordentlike, morele waardes en respek vir ander se besittings en lewens!

KaterinaKat ·

Dit sal seker eersdaags in wit skole ook begin gebeur. Dis hoekom skole nou leerders uit n 30km radius sal moet aanvaar, of hulle nou kan betaal of nie. Lesufi wil he dat wit kinders nie meer hierdie tipe moord en geweld vryspring nie. En as wit kinders begin vermoor word op skool, sal enige klagtes daaroor as rassisme afgemaak word. ” Misdaad gebeur mos orals” jy weet.

Zorro ·

Dit is n “wit” skool. Die kind was oppad skool toe en is blykbaar geroof van sy sel foon.

GM ·

Die regering betaal nie my kinders se uitgawes nie, hulle sal ook nie vir my sê hoe ek my kinders moet opvoed nie.
Dis omdat hulle so oral inmeng, dat die land so verval. Hulle is ook so behep met almal wat moet integreer, dat hulle nie die eintlike probleme aanspreek nie.
Hoekom steek ‘n kind ‘n ander dood met ‘n skêr/mes? Mense soos Malema moedig moord aan. Netso ook al die unies. As jy nie die verhoging kry wat jy soek nie, intimideer en rand dié aan wat wil werk. Brand af en gooi klip as jou universiteitsfooie nie afgeskryf word nie, of as jy ‘substandaard’ akkommodasie verniet kry, of nie ‘n gratis rekenaar kry nie, en kos, en vervoergeld, en boeke nie.
Die kinders sien al die dinge raak en hul leer dat geweld alle probleme oplos.

Michael ·

Genade mense julle almal vra vir die lyfstraf as die kinders nou al so aan gaan stel jou voor n onnie wil 3 van die bestes gee, liewe hemel hy word net daar en dan met n panga dood gekap.Ons land het baie wreed geword.

Jerry ·

Kyk die wiele in SA is af. Niks maar niks hier werk reg of is reg.

Bester ·

Die wonderlike resultaat na 24 jaar se demoonkrasie. Gaan stem maar weer…. en weer…. en weer…. en sien of die hool verbeter. Ons emigreer.

Tarien ·

Lesufi werk oortyd, gevaartekens het lankal geflits, lyk as of die regering oogklappe dra. Pateties!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.