Seun by skool doodgesteek

Argieffoto: Nico Strydom

Die Limpopo-polisie het Vrydag geweld by sommige skole in die provinsie ten sterkste veroordeel.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê dit spruit uit ʼn voorval waar ʼn 18-jarige leerder vandeesweek deur ʼn medeleerder, ook 18 jaar oud, met ʼn skerp voorwerp gesteek is in ʼn klaskamer van ʼn hoërskool in die Malabogo-polisiëringsgebied buite Seshoge naby Polokwane (Pietersburg).

“Die twee graad 9-leerders het na bewering in ʼn vurige rusie betrokke geraak, waarna die een leerder die ander een noodlottig gewond het,” het Ngoepe gesê. “Die oorledene is dadelik na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy by sy aankoms dood verklaar is.”

Die ander seun is in hegtenis geneem en het Donderdag in die Senwabarwana-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die saak is tot 2 Maart uitgestel vir nadere ondersoek en die seun se borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het lede van die gemeenskap, veral ouers en voogde, aangemoedig om seker te maak dat alle kinders sonder enige soort wapen skool toe gaan om voorvalle soos dié te verhoed.

“Skole is veronderstel om ʼn veilige leeromgewing sonder enige soort geweld of misdaad te wees,” het Scheepers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Chantel ·

As hulle sonder wapens moet skool toe moet hulle maar sonder ‘n skêr of pen wees ook, siende hier niks genoem word van ‘n wapen nie maar wel “skerp voorwerp”. Dis net hartseer wat vandag se kinders word….

WonderMaarNet ·

Wat maak twee 18 jarige mans in graad 9? Mis ek iets?

BB ·

Sluit hom toe, hy is nie meer ‘n kind nie en wil duidelik nie ‘n toekoms hê nie. Wat maak mans van daai ouderdom in Gr9???

Leeutjie ·

Dit was my gedagte ook Veritas. Dis hoekom die insypeling ten alle koste vermy moet word!

Snaaks ·

Iets wat my byval, hulle is albei 18 jaar oud maar in graad 9? S

Spiekeries ·

18 jaar oud en in Gr9? 21 jaar oud as hulle in Gr12 sal wees? Jammer oor die lewensverlies.

Johan ·

Nee spiekeries, teen die tyd dat hul deurgesit word tot gr12, is hul sekerlik by 30.

Tuan ·

Iets wat my byval, beide is 18 jaar oud maar in graad 9?
Moes hulle nie al bietjie verder gevorderd op skool wees nie?

Linda Gouws ·

Dit is tragies! En so begin n jong seun sy grootword lewe gebrandmerk as ‘n krimineel, ‘n moordenaar. Erg, baie erg! Sterkte aan albei families.

Wollie ·

Daai “seun” is al lankal groot!!! hy was al is Std5 groot!!!

Rerig ·

18 en in graad 9…..moet al grootmense wees maar dink nog soos kinders.

RM ·

Nie in die ou Suid-Afrika sou kinders van 18 jaar so iets gedurf het nie.

Johanita Kumm ·

Ek is van mening dat 18-jarige leerders te oud is vir Gr 9. Dit is grotendeels verantwoordelik vir baie gedragsprobleme in skole. 21 – 23 Jarige mans (indien hulle intussen nog teruggehou word), moet derhalwe, saam met 18 jariges in matriek wees.

Tells ·

Ek stem saam. Erger nog is die mans wat saam met jonger kinders op dieselfde skoolgrond is. Graad 8 kinders van 14? By ‘n gekombineerde hoër-en laerskool…. Glad nie van pas nie.

Ronel ·

18? Graad 9? Liewe genade! Gewoonlik word jy 15 in jou gr9 jaar!

Genade ·

Dit raak nou ‘n daaglikse gebeurtenis en dit het vererger vandat Lesufi mense aanry na skole toe en dit OORBEVOLK~

O my genade! ·

18 jaar oud en in graad 9?
Dit is mos std 7?
S o dalk 25 teen die tyd dat matriek hopelik geslaag word?
Sulke groot volwassenes hoort nie in ‘n skool nie.

Irene ·

Jo ek kan nie eens a voeltjie dood maak nie hoe nog a mens Hoe word hulle groot gemaak sit hom agter tralies maklik om moord te pleeg in SA

hoe sê ·

Julle maak julle somme verkeerd as jy 18 in graad 9 is behoort jy so 24 in graad 12 te wees as dit goed gaan

Cherokee ·

Ons was stout op skool..! My oudste broer het ‘n bottel van oupa se wyn uit die vat waarin hy dit stook vasgelê, dan gaan ons poppelierbos toe wat langs die pad na die skoolbusstop was. Wanneer die bus verby is het ons na die Indiërwinkelgeloop en op oupa se rekening ‘n blik sousboontjies en ‘n blik soetmielies gekoop. Blikoopmaker was in ouboet se skooltas. Ons sweep daai bottel wyn waarmee oupa so gebrêg het by die buurplase en dan die bone en mielies. Na skooltyd stap ons met ons boeksakke terug huistoe en môre prakseer ons ‘n briefie om die afwesigheid te verduidelik. Dìt was erg stout in ons skooldae. UItgevang sou dit buk wees vir 6 rottanghoue en dan het ek nog gebrêg met die hale op my boude daarna. En die onderwyser vervies deur nie ‘n gesig te trek nie.
Skool het verander. Daar word gestaak as nie van die onderwyser of skoolhoof gehou word nie en as nie van die buurkind gehou word nie, word ‘n mes gebruik. Dit wat òns as stòut beskou het, was voorbeeldig. Maar natuurlik is daar ‘n verskil tussen stout en krimineel. As jufrou en meneer dit tog net destyds besef het, sou hulle nie so gespog het met wie die hardste kon slaan nie.

DS ·

Ongelukkig kan die “seun” nou nie oor 10 jaar – nadat hy uiteindelik matriek geslaag het – gratis universiteit toe gaan nie want hopenlik gaan hy in die tronk wees vir moord.

Andre ·

Hierdie is SA!!………. As dit pouse is,…… bring hulle kinders vir hulle toebroodjies skooltoe.

Liz ·

Klink my hulle doen nog “knip en plak” met die skêrre in graad 9

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.