Seun by skool geskok

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Skoolseun is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Maandagmiddag by ʼn skool in KwaZulu-Natal geskok is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn skool in Westville, buite Durban, plaasgevind.

“Paramedici is na die skool ontbied waar hulle die seun, vermoedelik 15 jaar oud, in die klaskamer aangetref het. Van die klasmaats het vermoedelik met soort van ʼn transformator gespeel toe die toestel die seun geskok het,” het Meiring gesê.

Die seun het ernstige brandwonde aan sy bors en hande opgedoen. Hy is op die toneel behandel en in ʼn kritieke toestand na die St. Augustine-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die provinsiale departement van onderwys ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pierre de Villiers ·

Waar was die onderwyser? Dit klink na `n step-up/step-down transformator, wat soms in wetenskap klasse behandel word.

Juanita ·

Was seker Maar net geval van “boys will be boys” wat buite hulle beheer geraak het…..

Varkie ·

Jong, ek was in n tegniese skool, en in elektronika klas moes ons stroombane bou, maar as jy n kapasitor reg koppel met die battery dan blaas hy op en ontplof na n paar sekondes, was natuurlik skreeu snaaks vir sommiges maar baie gevaarlik

Andre ·

Gekarring aan iets waaraan hulle nie moes nie (nuuskierig), sonder toesig = ongeluk .

SARIE VAN HEERDEN ·

Was dit hierdie keer nie die onskuldige nuuskierigheid van ‘n klomp jong kinders om “wetenskaplikes” te probeer speel nie?

sannie ·

Wat nie joune is nie, los jy uit, soos ek verstaan was hulle oud genoeg om te weet daar kan moeilikheid kom of is ek nou verkeerd?

Willie ·

Kinders het maar net nie ore nie… dis tragies dat dit in so n tragedie ontaard…. Ek wil nie in vandag se tyd n Onnie wees nie…

Penelope ·

Dis tragies….. Ongelukkig sal daar altyd moeilikheidmakers in die klaskamers wees, en die onderwysers se hande is afgekap met die wet van vandag op dissipline. Wat doen mens?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.