Seun dissiplinêr verhoor ná aanranding by skool

‘n Skermskoot uit die video

Die gr. 10-seun aan die HTS Nic Diederichs in Krugersdorp, Gauteng, wat verlede maand uit die skool geskors is omdat hy ’n meisie aangerand het, is Sondag dissiplinêr verhoor.

Dié aanranding is op video vasgevang en wyd op sosiale media versprei. Die video wys hoe die seun die meisie, ook ’n gr. 10-leerder, stamp voordat hy haar aan die hare gryp en klap.

Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement in Gauteng, sê die departementshoof het ná afloop van die verhoor gesê dat die leerder permanent uit die skool geskors moet word.

“Gevolglik sal ’n finale besluit oor hierdie aanbeveling deur die departementshoof geneem word en mettertyd bekendgemaak word,” sê Mabona.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het weereens die voorval veroordeel en gesê wangedrag tussen leerders moet nie by skole toegelaat word nie.

“Daar sal gevolge wees vir ’n leerder se swak dissipline in ons skole. Ons pleit by ouers om te help om dissipline op hul kinders af te dwing binne en buite die skoolomgewing,” het Chiloane gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Phillip ·

Mag mos nie Ons kinders tugtig op skool en tuis nie so …. Die probleem moet maar voor die staat gele word

Wonder ·

Stem 120% saam, ergste is meeste van die kinders het glad niks respek vir onderwysers nie want hull MAG DOEN WAT HULL WIL…

Snuffelgids ·

Die regering gaan my nie vertel hoe om my kind te dissiplineer by my huis nie, ek het n verantwoordelikheid as pa om my kinders die regte pad te laat stap…en as dit n pakslae inhou, so be it. Daai kom van die ouer huis af, so die ouers moet pa staan vir dit

Elize ·

Jy kan kinders ordentlik grootmaak sonder slae. Wees jy die voorbeeld van hoe om te lewe en jou te gedra.

Phillip ·

My seun het in die klas voor die kinders n gr r en graad ee en graad twee in die klas sy pak slae gekry daad is daar gepleeg en word daar uitgesorteer klaar in graad 9 het ek hom self by die skool af gelaai en is afwesig gemerk so is skool toe ek het vir die hoof gesê as hy gebank het sorteer ek hom in sy kantoor uit . Gelukkig vir hom was daar 2 Christiaan in die klas en verkeerde een afgemerk en die hoof het my laat gaan en my seun klas toe gestuur . Hy het wel vir my gesê wens daar wees meer pa’s soos ek

bolletjie blom ·

Die kapok haantjie het ‘n ernstige probleem. As hy noual sulke goed kan aanvang hoe “abusive” gaan hy nie eendag teenoor vrouens wees nie.

Eugene ·

Reg so en verbied hom om by enige openbare skool aan te sluit. As hy wil leer kan hy tuisonderrig gebruik

Casper ·

Duidelik is hy geleer om alles met sy vuiste reg te slaan.Een van die seuns moes hom ook pak gegee het na skool buite die skoolterrein.Ek hoop die slagoffers lê kriminele klagtes teen hom.Hy mag nooit ‘n vuurwapen besit nie.

SwartBees ·

Twee dinge:
1) Bring terug pak slae in die skool – kinders sê deesdae vir die ouers wat om te doen en dan verwag die ouers onderwysers moet hul kinders maniere leer.
2) Toets almal wat sport doen vir steroids ens.

Roek ·

1)Sal ongelukkig nie werk nie omrede sommige onderwysers die dam onder die eend uit ruk , glo my baie kan van dit getuig !
2) Stem ek volkome saam met u , ongelukkig is dit nou maar ‘n gebroke wereld daar buite !

Duck ·

Vroeg ryp, vroeg vrot!
Ja wat, sal ook maar eendag in die tronk beland as hy op ‘n jeugdige ouederdom nou al hom so gedra.
Buig die boompie terwyl hy nog jonk is sè die vergelyking.

Nie Verbaas ·

Ek stem saam met sy permanente skorsing. Geld dit vir die sekeres ook aangesien hulle sommer wapens skool toe vat? Hulle moet ook permanent geskors word.

Roek ·

Vir die negatief, hoe dink u gaan hul hom hanteer net die hof kan beslis waar en hoe hulle hom sal plaas , hy is nou wel geskors maar wat word nou van hom , sterk hom in sy kwaad of probeer rehabiliteer , dit is die stelsel se probleem , “pass the bucket “ddan is hy iemand anders se probleem ??

Roek ·

Almal werk nie net van Maandag tot Vrydag nie, hierdie is ‘n regs proses en moet dit gedoen word waneer die mense beskikbaar is , en was dit dringend !

Lourens ·

Dit was nie so dringend nie. En skoolkinders werk nie eers nie. Hierdie kon gedurende skoolure afgehandel word.

Nie Verbaas ·

Maak dit vir hom so ongerieflik as moontlik en dus geen probleem met Sondag nie.

Tricea ·

Ek wonder wat sien hy by die huis as hy dink dis reg om so op te tree?

Karinda ·

Vervolg hom privaat, hy is groot genoeg om sy hande te lig teenoor ‘n meisie, so laat hy die gevolge dra. Wonder waar sien hy die gedrag?

Remnandt ·

Hierdie is ook ‘n strafregtelike oortreding; geslagsgebaseerde geweld kan nie geduld word nie. Jong manne moet vrouens soos dames hanteer

Lourens ·

Dis nie noodwendig geslagsgebaseerd nie. Dit bloot dat beide geslagte daarby betrokke was. Daar is ‘n hemelsbreë verskil.

Niklaas ·

Dis een ding om jou skool se boelie te wees en gereeld baklei met ander seuns . Maar in hierdie geval is ‘n jong meisie aangerand. Skokkend. Waar was die ander seuns wat kon keer ?

Retha ·

Die seun wat so ewe die vriend se selfoon vashou en toekyk hoe sy vriend die meisie aanrand, dalk moet hy ook aangekla word. Die dat mense staan en toekyk en selfs videos vat en nie sulke dinge stop nie, is net so skuldig soos die ou wat die aanranding doen

Pim ·

Daai mannetjie het geen respek nie en dit leer jy in jou ouerhuis, nie by die skool nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.