Seun dood by oord: ‘Hy was die nar van die familie’

Aiden du Toit. Foto: Verskaf.

Adrie Smit, die tannie van Aiden du Toit (10), wat Woensdag by die gewilde Zambibush-oord in die noorde van Pretoria dood is, het aan Maroela Media gesê hy het nie verdrink nie.

Smit vertel Aiden was vir die dag daar saam met sy ma, twee maats en hulle ma’s. “Hulle het die seuns gevat, want dis mos nou vakansie, sodat hulle iets het om te doen vir die dag,” het Smit vertel.

“Hy het sy kop op een van die ritte gestamp – soos ek verstaan is dit ’n nuwe ding wat hulle gebou het. Hy het na sy ma toe gegaan en gehuil en gesê sy kop is seer. Hy het toe begin beter voel en hy en die maatjies wou toe weer gaan, want dit was vir hulle lekker,” het Smit vertel.

Smit vertel hy het toe weer sy kop gestamp en dié keer na sy ma toe gehardloop en histeries gegil: “My kop! My kop!”

“Hy het daar inmekaargesak, sy ogies het begin rol in sy kop en hy het sy bewussyn verloor.”

Maroela Media het vroeër berig ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het gesê paramedici het byna twee uur lank onverpoos probeer om die seun se lewe te red, maar dit was tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar.

Volgens Smit word daar tans vermoed hy het werwels in sy nek gebreek en moontlik ook breinskade opgedoen. “Die nadoodse ondersoek is nog nie voltooi nie.”

“Hy was ’n absolute nar, ons het ons doodgelag vir hom. Hy het altyd almal laat lag. Sy ma is gebroke, sy neem nog nie alles in nie. Dit was ’n fratsongeluk, Aiden het nie verdrink nie.”

Daar is tans nog nie begrafnisreëlings getref nie omdat die nadoodse ondersoek nog nie voltooi is nie, maar Smit het gesê die familie sal dit so gou as moontlik wil doen.

Hy het twee broers en een suster gehad en was ‘n leerder aan die Laerskool Wonderboom Suid.

Maroela Media het vroeër berig van Dyk het gesê die 10-jarige seun het vroegmiddag glo by die ZambiBush-oord in Sinoville geval óf sy kop gestamp, en vermoedelik ʼn hoofbesering opgedoen.

Die bestuur van die oord het sy innige meegevoel met die seun se naasbestaandes betuig en aan Maroela Media gesê hy sal later vandag ʼn persverklaring uitreik. Die verklaring was teen namiddag nog nie beskikbaar nie.

Dié tragedie volg kort nadat die sewejarige Bohlale Mokoena op 24 September vanjaar by dieselfde oord teen 16:00 vermis geraak het. Personeellede van die oord en lede van die publiek het ure lank na Bohlale gesoek, maar sonder enige sukses. Die oord se bestuur het destyds gesê daar was ʼn paar skole wat die betrokke naweek die oord besoek het en hulle is genader om vas te stel of Bohlale nie dalk op ʼn manier saam met een van die groepe in ’n bus beland het nie.

Sy liggaam is die volgende dag deur ʼn bestuurder in een van die swembaddens gevind. Hy het vermoedelik verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Leahim ·

Dit is vreeslik tragies, my innige simpatie aan die familie ek stel voor sluit die plek en doen n behoorlike “risk assesment” voor kinders weer daar toegelaat word.

Jos ·

So hartseer !!
Rus in vrede jongman.
Sterkte aan die familie en maatjies !

Anet ·

Woorde ontbreek, so n pragtige kind. Ek ken nie die gesin nie, en kan my nie indink hoe hul moet voel nie. My hart is stukkend! Mag God jul vertroos id moeilike hartseer tyd!

Erika ·

Wat verskriklik snaaks is dis 3de geval in 1 jaar by Zambi-bush

Dink Wéér... ·

Dis dalk die 3de dood in 1 jaar by Zambibush, maar daar is vele (ernstige) beserings ook gewees.
Wou self al my kinders gevat het, maar ek is nie bereid om met hospitaalrekeninge te sit nie. Bly dan eerder by die huis, en nooi al hulle klasmaats om hier te kom swem.

Andre ·

Hierdie plek moet onmiddelik toegemaak word! Hoewel dit nooit die kind kan terugbring of die familie se hartseer kan verminder nie, hoop ek hulle dagvaar hierdie oord tot in bankrotskap.

Se Net ·

Dit is geen publieke plek se skuld as enigiemand op speelparke seerkry nie tensy dit opgeslaan word soos bv ‘n pretpark. My kleinkinders is gedurig by Wild Waters in Boksburg. Glybane is nie altyd veilig nie. Ek self het jare terug net toe hy oopgemaak het met ‘n hewig spoed daar afgegly en myself besimpeld gestamp. Ek is baie skepties oor die tipe plekke maar dit is kinderpret en nie almal kry seer nie. Ek sal ouers aanraai om vir jou kind ‘n valhelm te koop soos oorsee waar kinders nie eers op fietse toegelaat word sonder dit nie. Dit sal jou as ouer net gemoedsrus gee dat jy iets kan voorkom maar daar is ook geen waarborge dat die kind ‘n harde stamp teen die kop gaan oorleef nie. Ongelukkge gebeur en ons verstaan nie altyd hoekom dit met hom moes gebeur nie. My innige simpatie met die ouers en familie. Sterk wees.

Lizanne Welman ·

Ons kinders was Dinsdag daar saam met die skool. My kind het sy kop ook so hard gestamp (op die een glybaan) hy het eerder nie weer gaan gly nie. Hy het gesê Mamma dit was so hard die een Tannie het kom hoor of ek nie seer gekry het nie. Dit het niks met toesig tedoen nie, daar is iets nie reg met die glybaan nie!

Dink Wéér... ·

My hart gaan uit na hierdie mamma en haar familie. Mag julle berusting kry in hierdie hartseer tyd.

Karina ·

Moet nie die plek sleg se nie!!!Mense gaan soontoe op eie risiko.Sulke goed kan by enige plekke gebeur.

Henriette ·

Ja maak toe die plek – hy is oorvol, geld blyk belangriker wees. Daar is min tot geen veiligheidsmaatreels in plek nie. 2 gevalle in 2 maande is nie toevallig nie.

Gilla ·

Tot dit jou kind is, dan praat ons weer. Dit is soos graderings vir hotelle. 5,4,3,2 en 1 ster. Zambibush is ‘n -1 as daar so iets kan wees. Duidelik is daar ‘n mark in Pretoria vir so iets. Wonderwaters is lankal iets van die verlede, en dit was ‘n ordentlike plek. Die plek in Centurion was al ‘n paar keer oop en toe, en dit was ook ‘n goeie plek. Ek het gedink Zambibush sou al lankal toe gewees het, maar dalk is dit tyd vir ‘n goeie inspeksie daar

ouer ·

die plek het duidlik waar n probleem.die water is so dof ,daar is nie genoeg veiligheids maatreels nie en ja did seker op eie risiko maar ons as betalers moet tog in n mate gemaklik en veilig voel vir ons kinders en self…enige plek wat die publiek geld vra vir toegang moet tog veiligheids maatreels in plek he……..

Petro ·

Wat ‘n ou pragtige seuntjie. My hart huil saam. Mag jul vertroosting kry in God.

Melanie Landsberg ·

Baie sterkte aan die familie. Zambibush moet kyk na hulle blou glybaan wat soos n toilet lyk. Ek en my vriendin het harde houe weg agter ons koppe op daai glybaan. Het vir dae seer gehad. Ek wonder of die selfde een is.

Ilze ·

Eie risiko verseker maar hy het 2 keer sy kop gestamp op dieselfde rit. Dalk is dit net ek maar is dit nie genoeg rede om ‘n deeglike ondersoek te doen nie?

NICOLA ·

Ja op eie risiko maar daar moet inspeksie gedoen van watter ouderdom kan op watte ritte gaan. “Life guards” is so besig om te kuier dat hulle nie ordentlik kyk dat dit veilig is om op rit te gaan na vorige persoon – ek het lelik seer gekry op die supertube. Aan die familie ons bid vir julle.

elize ·

So jammer om te hoor van julle verlies . mag JESUS julle deur dra. rip kleinman

realityd ·

Elke een van ons het n besluit waarheen ons wil gaan. Die oord net soos wonderwaters het probleme. Wonderwaters was ook oorvol, was baie besig en daar het daardie jare ook mense daar seergekry is self mense daar ook dood. Daar was ni lewensredders ni net studente wat geld wou maak. Almal het nogsteeds daarheen gegaan. Ons mense het sag en lelike geword. Ons worry ni oor wat ons doen aan ander of hoe ons n ding se ni. Solank ons ons se kry… geen wonder kinders word voor n tv groot gemaak en ni buite. Ongelukke gebeur en niemand ken die rede of tyd. Ons voorvaders kry skaam vir ons.

BB ·

Verstaan glad nie jou punt nie, weet nie waarby jy probeer uitkom nie… En “ons voorvaders kry skaam vir ons?” Uuuuhm okay. Die punt is, as so baie kinders en grootmense seerkry by sulke pret parke, moet daar tog iets fout wees.

Dieselfde ·

My man het ook sy kop gestamp op die blou een wat soos n toilet lyk en hyt n black out gehad en eers weer sy bewussyn herwin toe hy in die water val.

Annelize ·

As ek so almal se kommentaar lees wat al self by die plek was, en al die gevalle so kort op mekaar, begin ek my bedenkinge te kry oor die plek se veiligheid. ENIGE plek, al is daar ook ‘n 100 “Op eie risiko” bordjies geplant, moet aan sekere veiligheidsvereistes voldoen. Glybane, duikplanke, enigiets by so ‘n tipe plek moet aan sekere standaarde voldoen.

Ek wonder maar net oor die toestand van die plek se swembadwater, as hulle eers die VOLGENDE dag, die kind wat verdrink het, se liggaam op die bodem van die swembad gesien het, en dit, na daar “gesoek” is? Hier is hoopeloos te veel ongelukke by die plek. Na my mening behoort hierdie plek voorlopig gesluit te word, tot daar behoorlike Veiligheidsevaluasies gedoen kan word om te bepaal of die plek en die toerusting aan die standaarde voldoen, aldan nie. Tot dan, behoort geen ouer met gesonde verstand tussen sy ore, hulle kinders daar toe te laat nie, met of sonder toesig.

Lynette ·

Ek stem saam dat ongelukke op enige plek kan gebeur, maar daar is baie ander plekke waar daar nooit ongelukke gebeur nie. Hierdie plek het eenvoudig n slegte ‘track record’. Te veel ongelukke en lyke vir een plek!!!!!

Landi ·

Liewe genade maar hier is suurknolle. Julle kan mos nie die oord verantwoordelik hou vir wat gebeur het nie. Ja miskien moet hulle daarna kyk om net n sekere hoeveelheid mense toe te laat op n slag. Hou op om net te kritiseer, help eerder plekke wat nog iets ordentliks aanbied vir julle kinders om te verbeter en nie net af te kraak nie. My hart gaan uit na die ouers, ek kry hulle bitter jammer, maar selfs die ma se dit was n ongeluk. Hou op net alles wil toemaak wat nog ordentlike vermaak bied vir jong kinders

STERKTE ·

Ek se ook skerp veiligheidsmaatreels op en kyk waar kry die kinders seer en sorg vir ‘n ‘sagte landing’ sodat hulle nie hulle koppe kan stamp nie, Gaan deur die plek en verbeter oral waar julle kan maar dis belaglik om ‘n plek te sluit waar kinders nog kan heengaan om hulleself te geniet. Dit kan by enige pretpark gebeur, ‘n kind verdrink selfs by ‘n huis in ‘n swembad .. Kan nie glo mens kry sulke kortsigtige mense nie. AS jou kind op die rotse by die see val, wie hou jy verantwoordelik? Ek stem wel saam dat beter veiligheidsmaatreels in plek gesit kan word, maar hoeveel mense kry NIE seer nie en geniet die uitstappie daar? Verbeter eerder en help die oord om dit te beveilig . julle wil altyd alles TOEMAAK, ja daar is lewens op die spel maar maak jy ‘n Lugredery toe as EEN vliegtuig val?? Sterkte aan die familie.

Petro Jonker ·

Waar die dood by kinders intree moet mens suur wees, daar moes al na die 1ste doid b ondersoek gewees het, enige normale mens neem sy kind na so n plek, met die wete daar is wette in ons land en dis veilig hmmmm, mens jan maar net die comwents lees om te weet dis beslus nie veilig nie, so ouers hou jul kids weg daar, hul kan dalk volgende wees, PUNT

Petro Jonker ·

Een vliegtuig beteken immers EEN, DAAR WAS VERSKEIE ONGELUKKE, JAN JY NIE LEES NIE, as soveel vliegtuie geval het, het ek beslis nue weer van daardie lugreedery gebruik gemaak nie

Jakes ·

Daar is nie ‘n ding soos 100% op eie risiko nie op ʼn openbare plek nie in gevolge die health & safety act. Die eienaars is wetlik aanspreeklik vir nalatigheid. Net soos die vorige keer waar mense deur die glybaan ernstig gesny is. Dieselfde geld vir ʼn winkel waar jy a.g.v nalatigheid seerkry.
Hulle kan krimineel en siviel vervolg word, en hulle moet. Dis waarskynlik dat die ontwerp van die glybaan gevaarlik is en hulle daardeur nalatig is. Veral omdat dit heel waarskynlik nogsteeds in gebruik is.

Ek was al daar. In my opinie is die konstruksie van die glybane onprofessioneel wat dit gevaarlik maak. Statisties is dit duidelik dat jy verseker jou veiligheid en lewe daar waag.

Vanessa Moore ·

Ek stem saam Landi, mens kan niemand die skuld gee vir die voorval nie. Ja dit maak mens seer dat iets wat so lekker moes wees so geeindig het, maar ek dink nie dis reg om die oord die skuld te gee nie. Die arme kind kon enige plek seergekry het. My hart gaan uit na die ouers, mag God julle dra deur die moeilike tyd en julle toevou in Sy liefde.

Charmaine ·

Dit maak my baie bang van hierdie oorde wat glybane het want ek het 2 seuns 10 jaar oud is en die ander een 6 jaar mens weet nooit wat op daai glybane aangaan nie en dink die kinders het pret. My simpatie met die familie en Vriende deur hierdie moeilike tyd.Rus in vrede groot man.

Piet ·

Dis onverklaarbaar dat die plek nog steeds oop is. Kinders dood, mense se boude, elmboë en hakskene stukke vleis uitgeruk. Die plek is tot oorlopens toe vol, vuil en bitter swak bestuur. Geen lewensreeders nie, geen mediese bystand nie? Hoe is dit moontlik dat jul nog kan besigheid bedryf?

Retha ·

Ons was ongeveer ‘n maand gelede daar. My seun van 11 het op een van die glybane ‘n verskriklike harde stamp teen sy kop gekry. Een van die ander seuntjies in ons groep, wat heelwat jonger is, het ook ‘n soortgelyke stamp opgedoen op dieselfde glybaan daardie dag. Dit laat my nou regtig bekommerd voel oor die veiligheid van die plek.

Clive ·

Ek het nog nooit gehoor dat iemand dood is by Sun City se gly bane nie en dit met n baie hoër besoeker syfer. Laat my wonder of die bane volgens spesifikasies gebou is?

Gesiggie ·

Pret is deel van n kind se lewe…. ons kinders stamp ook partykeer hul kop teen wat ook al? dan sal Mamma sy kop vryf en als is weer beter, dit is so jammer dat Aiden die 2 de keer weer sy kop moes stamp… hy het die mooiste gesiggie, en ek kan net indink waste vreugde hy in ander se lewens gebring het… My innige meegevoel aan sy ouers, en Familie RIP KLEIN Aiden…

Erick ·

Vir een of ander rede ontstel die berig my baie. Daar moet ‘n saak teen dié plek gemaak word. Iets is nie volgens veiligheidspesifikasies nie.

Aggeneetoggie ·

So,
Gaan ons nou al die land se strande ook moet toemaak omdat daar talle kinders sowel as grootmense jaarliks verdink.
Dink tog voor julle die plek veroordeel.

Piet ·

Die plek kan toe maak en lewensredders kan aangestel word maar is dit nie die ouer se plig om na sy kind om te sien nie vra maar net

Ouet ·

MAAK DIE PLEK NET TOE. Kom ons begin van voor die glybaan het gebreuk HOE? Daar moet mos inspeksie gehou word of nie waar is daai inspeksie lys wat op n daaglikse basis gevolg moet word? Daar verdrink n kind blykbaar met n swembad wat nie gewerk het nie waar was dit toe gespan of n net oor gegooi of die mense in kennis gestel by betaal punt? Glybane is onderstel om borde op te he veral ouderdom groepe. Julle kan maar goed praat en se ouers moet kyk as dit die geval is hoekom gaan mense as n gesin na plekke soos die plek om die kinders te laat geniet en te lag vreugde vol te wees vir n ouer om n breek te kry daar is juis personeel wat aan gestel is om seker te maak om die reels en regulasie te volg maar duidelik die eienaar stel nie belang in die mense se veiligheid nie maar die geld wat hy sy kinders meer kan bederf en gelukkig te maak wanneer ander ouers huil oor hul kinders wat hul verloor het om n ander te veryk. Terwyl die eienaar nog saam sy kinders n koeldrank kan drink en saam kan eet en saam hul kan bid en lag en gesels het ander niks om saam te deel.

Lena ·

Veiligheid eerste oral – hetsy mall, fabriek, skool, hospitaal, pretpark, oord, waar ookal. ‘n In diepte ondersoek moet dadelik plaasvind en dringende behoorlike veiligheidsmaatsreëls moet onmiddellik by hierdie oord ingestel word voordat enige verdere noodlottige beserings plaasvind in hierdie seisoen. ‘n Fabriek word aanspreeklik gehou vir enige geval van dood op sy perseel, en sulke sake word baie deeglik ondersoek, daarom is uiters streng veiligheidsmaatreëls te alle tye van toepassing op alle werknemers. Hoeveel te meer behoort dit te geld by ‘n oord waar minderjarige kinders betrokke is? Die oord moet volle verantwoordelikheid aanvaar en veiligheid hoogste prioriteit maak, aangesien dit volgens kommentare hierbo duidelik is dat heelwat ernstige beserings al daar plaasgevind het, behalwe die gevalle van dood.

Hier-kom-n-hofsaak ·

Al wat ek sê is, ek het al baie glybaan gery en kan nie dink hoe mens jou kop so hard kan stamp dat jy dood gaan nie. Zambibush sal nie die redelike toets slaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.