Seun doodgeskiet tydens Mpuma-betoging

Argieffoto: SAPA

Argieffoto: SAPA

ʼn 15-jarige seun is glo deur polisiebeamptes doodgeskiet tydens ʼn diensleweringsbetoging in Acornhoek en Bosbokrand in Mpumalanga.

Lucas Lebanye is Donderdag geskiet toe betogers van die Kasteel-informele nedersetting die R40 met klippe versper het aan bande aan die brande gesteek het. Die betogers het daarop aangedring dat die plaaslike munisipaliteit hulle van water voorsien.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord is by die Acornhoek-polisiestasie aanhangig gemaak. “Die saak word deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek.”

Thabiso Mahlakoane, woordvoerder van die Kasteel-jeugforum, het die polisie blameer vir Lebanye se dood. Volgens hom is Lebanye in die bors geskiet en het sy liggaam vir nagenoeg ʼn uur op die grond gelê voor paramedici op die toneel opgedaag het.

Kedibone Lebanye, Lucas se tannie, het gesê die polisie moet vir sy begrafnis betaal aangesien hulle hom vermoor het.

Maria Masuku, woordvoerder van die Boksbokrand-munisipaliteit, het gesê tegnici ondersoek boorgate in die omgewing en dat hulle gewoonlik watertenke aan die inwoners verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

boer ·

So hulle mag klippe gooi en mense beseer, en as hulle geskiet word verwag hulle dat ons gou iemand moet stuur om te help?????

Hierdie land is reeds in anargie, em n volskaalse burgeroorlog, wink vir ons oor die horison

Pierre Celliers ·

Miskien moet hy kom en gaan, dat ons kan voortgaan met ons lewens

Janine N ·

Foeitog. Het hy nie by die SKOOL gehoort soos dit ‘n 15jarige betaam nie? Wat het die klein barbaar by ‘n betoging gedoen?

J.Z ·

Polisie gaan die skuld kry,maar wat het hy daar gesoek, het hy saam klip gegooi.?????.

Vic ·

Ja, die polisie gasn die skuld kry. As dit n wit kind was sou die polisie ook die skuld gekry het. Mens skiet nie net op n skare mense wat klippe gooi nie, daar is ander maniere om dit te beheer. En as die regering dienste en water verskaf het asn die gemmenskap soos wat hulke plig is, sou die gemeenskap nie betoog het nie.

Janine N ·

Ag, Vic! Asse-effing-blief! Dit wat aan hulle geggee word, uit ONS sakke, word verwoes, afgebrand ens! En verder, dink jy regtig dit gaan oor sogenaamde diensverskaffing? Hulle sal klipgooi en brand vir alles! Terloops, hoeveel MEER kan GEGEE word voor ons gatvol en leeggetap is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.