Seun en dié se vriendin hoor dán oor borgtog ná moord op ma

Annetjie Stassen.

Annetjie Stassen.

Gideon Stassen (43) en sy vriendin, Chantelle Justine Minnott (31), wat verdink word van die moord op Stassen se ma, Annetjie Stassen (78) van Kempton Park aan die Oos-Rand, sal na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog.

Die twee is op 20 November in hegtenis geneem en het op 2 Desember teen hul derde verskyning in die Kempton Park-streekhof eers regsverteenwoordiging gehad. Die saak is tot 10 Desember uitgestel wanneer hulle na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

Maroela Media het vroeër berig Annetjie is op 19 November deur haar vriende as vermis aangemeld nadat hulle sedert 16 November haar nie in die hande kon kry.

Die polisie het dadelik hul ondersoek by Annetjie se huis van stapel gestuur. Stassen, ʼn voormalige ingenieur, en Minnott het by haar in die huis gewoon en was van haar pensioen afhanklik. Stassen het beweer dat hy nie weet waar sy ma is nie en dat hy haar 18 November vir die laaste keer gesien het toe ʼn motor haar kom oplaai het. Annetjie was ʼn diabeet en het nie haar medikasie by haar gehad nie. Hy het egter nooit sy ma as vermis aangemeld toe sy nie by die huis opgedaag het nie.

Maroela Media het van ʼn betroubare bron verneem dat die paar glo erg bedwelmd voorgekom het toe hulle die eerste keer ondervra is.

Ná ʼn intensiewe ondersoek en ondervraging het Stassen en Minnott op 20 November onder druk geknak. Die vermistepersone-saak het ʼn moordsaak geword nadat hulle glo aan die polisie erken het hulle het Annetjie doodgeslaan. Stassen en Minnott is dadelik in hegtenis geneem.

“Die verdagtes kon nie vir die polisie sê waar die vrou se liggaam gestort is nie en het gesê hulle ‘kan nie onthou nie’. Albei het gedurende aanhouding en ondervraging verskeie plekke genoem, waaronder ʼn dam in Mpumalanga, Marble Hall asook Bronkhorstspruit,” het kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Die deurbraak is op 22 November gemaak toe ʼn groep vroue, wat ná ʼn kerkdiens teruggestap het huis toe, op haar liggaam in ʼn veld in Bronkhorstspruit afgekom het. Haar liggaam is deur haar vriende uitgeken.

ʼn Gedenkdiens is op 1 Desember by die NG gemeente Kemptonkruin vir haar gehou. Dr. Danie Malan het die diens waargeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Martin ·

Gee vir hulle. Oscar het dan gekry, en hy is klaar skuldig bevind. Een van die dae gaan Paniyoto ook uit wees op borg.

Nico ·

Kan dit nie verstaan van ons wette nie .Hulle erken hulle het haar vermoor maar kan tog voortgaan en aansoek doen vir parool.En as hulle iemand 20jaar vonnis vir moord,15jaar vir verkragting,7jaar vir diefstal dan word dit samelopend uitgedien,so hy sit minder as 20jaar.Wat is die rede om hom dan te vonnis vir verkragting en diefstal.Hoekom se hulle nie net 20jaar vir al die oortredings

Annetjie ·

Nee hulle moet nie borg kry nie hulle het sy moeder vermoor en dit is duidelik beplan. Hou hulle in die gevangenis tot hulle verhoor en gevonnis word

Jef ·

Nico, ek verstaan ook nie die wette en regssysteem nie, byvoorbeeld n verdagte kry 20 jaar vir al die feite moord,verkragting en roof met verswarende omstandighede en dan weer n verdagte wat 25 jaar (lewenslank) kry vir moord.
Wegens goed gedrag in die gevangenis kry hulle strafvermindering en dit gaan bo my verstand.
Ek stem Annetjie, hou hulle in die gevangenis en liefs baie baie lank na die uitspraak, nooit ooit meer vry kom nie.

Philip ·

Kan Iemand die ANC Vroue liga laat weet dat hulle Donderdag by die landroshof te Kemptonpark moet kom protesteer daarteen dat Stassen en sy vriendin borgtog toegestaan word.

sarie van heerden ·

Waarom mense nog tydmors met dwelmverbruikers weet nugter want daar is geen rehabilitasie vir hulle nie. Laat hul “overdose” en laat hul dan aan hul lot oor. Rehabilitasie vir dwelmgebruikers is duur en dien geen doel nie.

Eddie ·

Kyk maar mooi hulle gaan elkeen seker maar op n R1000.00 elk borgtog kry. Dit werk mos maar so. Hulle kyk eers hoeveel jy in die bank het en dan kap hulle jou op dit. LEKKKKERRRR Suid Afrika!!!!!!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Borg weer uitgestel na 21 Desember. Fotos en berig op Kemptonexpress.co.za

EPOS, GAUTENG ·

ANNETJIE: Die twee se borg moet beslis teengestaan word.
Hulle sal maklik weer verval in dwelms. Hul is ‘n gevaar vir die samelewing.
Hulle is self vir hul optrede verantwoordelik. Hou hulle daarbinne toegesluit.
Ja, kry die SAP Vroue ook om te betoog teen hul borgaansoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.