Seun erg beseer toe hy glo dief probeer keer

Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Jong seun het ernstige beserings opgedoen nadat hy op ʼn bewegende motor gespring het om ʼn motoris wat hom glo beroof het, te probeer keer.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê paramedici van IPSS en Lenmed Paramedics is vanoggend na ʼn toneel op die N2 naby die Groutville-afrit aan die KwaZulu-Natalse kus ontbied. Paramedici is aanvanklik in kennis gestel ʼn voetganger is glo raakgery.

By hul aankoms het hulle gevind die seun, ongeveer 12 jaar oud, het ernstige beserings opgedoen.

“Daar word verneem die seun het sampioene langs die N2 verkoop toe ʼn voertuig stilgehou het om by hom te koop. Die bestuurder het gevra of hy die sampioene kan sien en die jong seun het dit aan hom oorhandig. Die motoris het met die sampioene weggejaag. Die jong seun het op die voertuig gespring en afgeval in ʼn poging om hom te keer,” het Herbst gesê.

Die seun is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wiehan ·

Hoop daai persoon is allergies vir sampioene. Suffer baby suffer. Dit wat jy aan ‘n kind doen kom x 1000 maak terug

IK ·

Handel dryf langs ‘n snelweg? Selfs onnodig stilhou is verbode? Dinge het darem verander . . .

Estelle ·

My einste vraag gewees.
Tweedens, die Onderwyssisteem is in sy peetjie in, maar die Dept wil die water warm maak vir Tuisskolers omdat hulle nie verder geindoktrineer kan word nie, nou is my vraag… hoekom is hierdie kind nie in die skool nie, maar besorgde ouers wat Tuisskool word oor die kole gehaal?

Annie ·

Arme kind! Ja die dept van Ondeewys faal die kinders, ja dis kinderarbeid, ons ken nie die seun se onstandighede nie. Dalk verkoop hy die sampioene vir iemand, die verskriklike vrees as hy besef hy gaan geld kort.Dalk is hy in ‘n huishouding wat net uit kinders bestaan. Wat ook al, hy was duidelik desperaat en in uiterste paniek!Hoop die seun herstel en mag die dief kry wat hom toe kom!

Spark Plug ·

Liewe ouers…daar is so baie dinge fout met die prentjie. Die seun hoort op skool, nie langs die N2 nie. Hy moet leer, nie karre aftrek nie. Waar kry hy die sampioene of pluk hy dit langs die N2. Waar is sy ouers of wie kyk na die kins of waar bly hy. Hoe despiraat moet jy wees om op n bewegende motor te spring

Leser ·

Dalk is die kind aan sy eie genade oorgelaat, of dalk is sy een ouer dood en die ander een siek. Hy het waarskynlik dalk nog boeties of sussies. Wie sal weet. Sy optrede is net ‘n bewys van hoe belangrik elke sent is wat hy kan maak vir die dag. Dit is so hartseer en onnodig…hy verdien ook ‘n goeie opvoeding en lewensomstandighede.

Wie weet ·

Lees ek reg 12 jaar oud Moet hy nie in die skool wees nie

c ·

Ek kry die kind vreeslik jammer, dalk het hy nie ‘n keuse as om daar te staan en verkoop nie, tenminste probeer hy iets doen om ‘n inkomste te kan kry en nie uitgaan en gaan moor en roof vir geld nie. Hoop die kind herstel vinnig.

Blommie ·

My hart breuk in n duisend stukke as ek sulke goed lees, die arme kind! Weet jy dan se mense die lewe is regverdig, die lewe is hard en onregverdig!
Die arme kind is so desperaat om sy paar sente te maak, om daar langs die pad te moet sit.
JIS dit maak my kwaad, dit maak my kwaad dat NIEMAND kon iets voor die tyd doen aan die kind se omstandighede nie. WELSYN werker, WAARRR s julle as julle, julle werk moet doen?
Want hy het baie beslis ni net eendag daar gaan sit nie. Kan n firma of iemand wat nie skelm is nie. Iemand wat weet wat hulle doen, vir die kind n trust fonds oopmaak waar ons geld kan skenk om seker te maak die kind sit nie weer langs die snelweg nie.
Ek weet daar is baie kinders wat swaer kry, maar begin iewers help en hoekom nie by die kind wat dit nou brood nodig het nie?

regtig ·

O Blommie jy kan maar regtig self die geld betaal Mense staan op die strate en vrae by elke robot vir geld en kyk gou vinig wat is in jou kar en jy nie geld gee nie dan vrae hul vir sigarette maak some n trust vir hulle ook oop dan kan ons weer gemaklik by n robot stop

phillip van dyk ·

Ek seker gevoelloos maar dit is Mandela se legacy… Swak anc regering. Kinders hoort in skool anc mors geld biljoene op sal wat baie skole kon bou. Maar alles is mos maar ons skuld….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.