Seun ernstig beseer tydens rugbywedstryd

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong seun moes Saterdag met ʼn helikopter van ʼn skool in Brandfort in die Vrystaat na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem word nadat hy tydens ʼn rugbywedstryd ernstig beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was by die skool om mediese bystand te verleen toe hulle opmerk dat die speler hard geduik word.

“Die seun het ʼn ernstige kopbesering opgedoen en was bewusteloos,” het Meiring gesê.

Die seun is van die veld af gedra en behandel totdat die helikopter opgedaag het. Hy is van daar na die Rosepark-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Ons kan net bid dat hy volkome sal herstel en dat HERE sy familie en vriende deur hierdie moeilike tyd help.

Daan ·

Sal net graag meer besonderhede wou hê. Watter skole het gespeel en moontlik die naam van die kind. Vrystaat is klein en kan mens die ouers ondersteun

Jerrie Roux ·

Ek het op RSG gehoor die beseerde rugby speler is ontslaan uit die Hospitaal en hy het hrsingskudding opgedoen. in n rugby wedstryd tussen Stephanis roos en Elarduspark het daar ook een van Stephanis roos se spelers seergekry en hy is met n draagbaar afgedra.
Weet iemand wat gebeur het en hoe gaan dit nou met die seun.

Stoffies Odendaal ·

Ek wil net vir almal wat Saterdag gehelp het met my seun se besering baie dankie se. Hy is baie beter en het net hoofpyn en lyfseer. Ek wil netER 24 bedank vir hulle behandeling by die veld asook die vinnige optrede met reel van die helikopter. Rosepark hospitaal julle was puik , dit was van beste behandeling wat ek nog in ongevalle gesien het. Michael en Jennifer baie dankie vir alles Saterdag ons waardeer dit .

Clarine ·

Baie dankbaar dat jou seun nie ernstig beseer is nie! Mag hy volkome herstel

Charlene ·

Aaai hoe kry ek nou `n knop in my keel! Baie dankie Stoffies want ek wou ook nou “ge-comment” het vir meer inligting. Ek is baie bly julle seun het nie erg seer gekry nie. Sterkte aan julle en hopenlik is hou weer baie gou op die veld

johan ·

hy is laat geduik , en nie arms gebruik. hoop kinders leer hier uit , want so kan n lewe geneem word ,hy moet n maand rus maar ok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.