Seun gebruik glo pa se bakkie vir rooftog

Die verdagte met die bakkie wat hy glo tydens 'n rooftog gebruik het. Foto: EMPD

Die verdagte met die bakkie wat hy glo tydens ‘n rooftog gebruik het. Foto: EMPD

ʼn Vermeende rower is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa se bakkie gebruik het om drie skoliere mee te beroof.

Lt.kol. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê drie skoliere is Woensdag omstreeks 11:30 in Birchleigh-Noord naby Kemptonpark van hul selfone beroof toe ʼn man in ʼn rooi bakkie by hulle stilgehou en gedreig het om hulle te skiet as hulle nie die selfone oorhandig nie.

Die skoliere kon die bakkie se registrasienommer onthou en die saak is by die polisie aangemeld. Teen 19:00 dieselfde dag is beamptes van die EMPD na die voertuigeienaar se huis in Tembisa. Hoewel die verdagte nie tuis was nie, het sy pa aan die polisie erken dat sy seun sy voertuig die dag geleen het. Die pa het sy seun gebel en hom gevra om huis toe te kom. Met sy aankoms by die huis, is die 22-jarige seun in hegtenis geneem.

“Twee van die selfone is om 22:40 daardie aand by twee individue in die Makhulong en Motsu-gebiede in Tembisa gevind, terwyl die derde selfoon glo aan ʼn Nigeriese winkeleienaar vir R600 verkoop is,” het Kgasago gesê.

Die verdagte is aangekla van roof en die besit van gesteelde goedere en sal vandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Die ouers leer nie hulle kinders reg nie leef volgens die 10 gebooie en jy behoort reg te wees

Jan maak n Plan ·

Dis nou tipies hoe die Suid Afrikaanse media wertk. As dit nou n wit krimineel was was sy gesig dadelik gewys, maar nou dat hy swart is kry sy gesig n swart streep deur. Tog te oulik. So help die media om die dinge wat verkeerd in SA is reg te stel.

Nevi ·

Nee Jan…die wet behaal GEEN verdagte se identiteit mag publiseer word alvorens hy AMPTELIK aangekla is nie…en minderjariges geensins….

Nico K ·

Ek stem heeltemal saam met Nevi. Maar in hierdie geval lyk dit nie of die kind minderjarig was nie.

Jan maak n Plan ·

Ek het nie geweet ‘n 22 – jarige word geklas as ‘n minderjarige nie.

GES ·

Ongelooflik!! Altyd gereed en vernuftig genoeg om skelm te wees. Ek hoop hy word vir ‘n goeie rukkie toegesluit, die skuimbol!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.