Seun geskors ná hy juffrou met water gooi

‘n Skermskoot van die video wat op sosiale media versprei word.

Die leerder wat ʼn onderwyseres by die Kimberley Boys’ High School met water gegooi het, is geskors.

ʼn Video van die voorval het op sosiale media die lig gesien. Die video wys hoe ʼn leerder die onderwyseres nader en tot die skok van sy klasmaats ʼn bottel water op haar uitgooi. Sy staan op en ruk die bottel uit die seun se hand voor sy die klaskamer verlaat.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, het gesê die voorval het op 2 November by die skool plaasgevind. Beamptes van die departement het die skool besoek ná die voorval en gesê die situasie word gemonitor.

Die departement het intussen besluit om die gr. 9-leerder te skors hangende die uitkoms van ʼn amptelike dissiplinêre verhoor. Die leerder sal sy eksamen by die distrikskantoor aflê sodat die ondersoek ongehinderd kan voortgaan.

Die departement het die voorval ten sterkste veroordeel. “Dié soort gedrag in ons skole is onaanvaarbaar en ons doen ʼn beroep op ouers om te voldoen aan hul primêre verantwoordelikheid om goeie waardes en norme aan hul kinders te leer.”

Andrew Louw, DA-leier in die Noord-Kaap, het die provinsiale LUR vir onderwys intussen versoek om dringend in te gryp rakende veiligheidskwessies by die skool.

“Daar is geen dissipline in skole nie en dié soort blatant minagtende gedrag kan nie geduld word nie.” Volgens Louw moet daar dringend ingegryp word om dissipline binne die klaskamer te verskerp en om die veiligheid van onderwysers en leerders te verseker.

“Die kwessie van veiligheid by skole in die Noord-Kaap is kommerwekkend en daar moet spoedig gereageer word op vroeë waarskuwingstekens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Anoniem ·

Weet nie hoe wil hul he dissipline in skole en klaskamers moet verskerp, as die dissipline juis deur hulle weggeneem is nie??

Rita ·

Sulke dinge gebeur en sal al meer gebeur omdat kinders nie meer gedissiplineer mag word nie. Buig die boompie terwyl hy jonk is, maar nee, dan tas jy sy menseregte aan net sodat hy vrye reg het om ander mense se menseregte aan te tas!

WIllem ·

Rita, dis die beste opsomming daarvan wat ek nog ooit gehoor het.

Ellmari ·

Rita ek stem 100%! Ek het nou die oggend op die radio gehoor blykbaar word ondersoek dat onderwysers ook nie meer met rooi pen aantekeninge maak by leerders se werk/huiswerk nie, want dit kan as diskriminerend/verkleinnerend gesien word. Maar hierdie SELFDE kinders speel geweldadige video/rekenaar speletjies, boelie ander kinders en baklei maar mag nie gedissiplineer word nie?! Regtig??

IK ·

Natuurlik niks te doene met rassisme!! Die onderwyser het hom natuurlik op een of ander manier getart. Maar maak die bloedjies groot vir nóg erger dinge in die toekoms. Goddank ek het nie in pa en ma se voetspore gevolg . . .

Ivana Viljoen ·

Ja kyk, bring die rottang terug. Boere sielkunde is al wat werk vir ongedissiplineerde, ongeskikte kinders. n Goeie pakslae het nog nooit skade gedoen nie.

SoosDitIs ·

Waarvan praat jy? As jy kinders pak gee, leer jy hulle om geweldadig op te tree….. Oh wag, dis reeds hoe hulle optree.

Danie Grobler ·

Neuk die wit waks uit hom uit in hierdie geval! Geen gepraat en net doen. Hy moet vir ñ maand op sy maag lê sodat die veloorplanting op sy agterstewe kan gesond word. Dit maak nie saak wie en wat die skuldige is nie. Die onderwysdepartement vd verlede het ñ rottang vir sy eie blaker en die huidige ene gepluk en met die huidige situasie in hierdie land, gaan dinge net verger. Word wakker!

VanAfrika ·

Ek is jammer, ek het al goeie loesings op my dag as kind gekry en ek is glad nie geweldadig nie, in teen deel, ek is goed gemanierd, respekteer ander, tree hoflik op, gun ander hul spasie, weet hoe om ander ordentelik te hanteer en gebruik goeie manier ten alle tye. Julle sielkundige beskuldigings dat n goeie loesing kinders leer om geweldadig te wees is absurd. Gaan terug na die ou manier en tugtig kinders wanneer dit nodig is. Ons het al klaar soveel ongemanierde volwassenes wat net plunder en moor omdat hulle kastig regte het, begin by ons kinders en doen die regte ding.

honourable member ·

Kinders het nie meer respek vir hulle ouers of onderwyers nie. Dis omdat hulle regte so in hulle koppe ingeprent word dat hulle nou wil maak soos hulle wil en hulle weet hulle kom niks oor nie. Dis hoekom hierdie land besig is om te vergaan.

Lola ·

Die situasies kan so maklik uitgekanselleer word. Wat maak sy daar? Hoekom het sy en haar mede onderwysers nie al reeds ‘n privaatskool of homeschool gestig nie. Baie meer geld in haar sak in elk geval om nie eers te praat van veiligheid, wedersydse respek, werks bevrediging ens nie.

Piet ·

Want dis nie so maklik om net ‘n privaatskool te stig nie. En dit kos baie geld

Lola ·

Piet, ek hoop nou nie jy is een van daai ouers wat nie jou kinders se skoolfonds betaal nie….

Estelle ·

Jy kan nie ñ ‘homeschool’ stig nie. Jy kan wel jou EIE kinders in jou EIE huis tuisonderrig gee. Die ‘homeschool’ waarna jy verwys staan in engels bekend as ñ Cottage School. Hierdie Cottage Schools, alhoewel daar duisende bestaan, is eintlik onwettige skole en word nie in die wet as Tuisonderrig omskryf nie. Die oomblik wat jy ñ privaat skool stig bly die kirrikulum steeds maar CAPS. Jy het wel die voordeel om kleiner klasse te bied, maar alles word deur die Dept van Onderwys beheer. En die kirrikulum is deel van die probleem in skole.

Dankbaar ·

Lola… wees dankbaar jy het die finansies … dit kan in ‘n oogwink verander.

Lola ·

Ek hoor wat jy se Estelle, en alles waar. Maar….as Afriforum ‘n wettige universiteit kan stig kan ons seker maar kyk hoe ons die ‘onwettig’ na wettig kan verander? Hoekom moet daar net een kirrikulum wees? Ons veg al te lank teen dieselfde probleme.

Nossob ·

Maak sy en sy ouers se name bekend dat die skande op hul le. As die kind so optree praat dit boek dele van dy ouers.

Petro ·

Nee Estelle.. Nie waar nie. My kind is in ‘n priv skool en die departement het niks te sê daar nie. En die dissipline is in plek. Daar sal nooit sulke gedrag geduld word nie. En my kind se agterstewe sal brand as hy so iets aanvang.. Hy weet dit goed.

CVO skool ·

CVO skole volg n CAPS sillabus, maar met verrykte christelike inhoud en v gr 11 af word IEB gevolg om onafhanklike eksamen te skryf. CVO skole is privaat skole en bekostigbaar.

thelsa ·

Ag moenie die arme bloedjie pak gee of straf nie. Dit sal permanente letsels op hom laat wat in sy latere volwasse lewe sal manifesteer wanneer hy eendag kinders het. Praat mooi met hom. Moenie sy ouers betrek nie want hulle het niks met die aangeleentheid te doen nie. Hy is net ‘n normale seun wat dalk frustrasie beleef met die eksamen op hande en dit is sy demokratiewe manier om uiting daaraan te gee binne die vryheid van spraak en menseregte wat aan hom toegestaan is. – aldus die Onderwysdepartment se siening hieroor. Wat jy saai MOET jy maai.

Stop Nou! ·

“Die leerder sal sy eksamen by die distrikskantoor aflê sodat die ondersoek ongehinderd kan voortgaan.”
Hierdie leerder het sy kans om eksamen to skryf verbeur. Hoekom hom nog toelaat om dit te doen aangesien hy geen respek vir onderwys of onderwysers het nie??
Skors hom van alles … maak ‘n voorbeeld.

Santjie ·

Ek stem saam… as hy geskors is, hoekom nog eksamen skryf?

Ettienne ·

Rassime is wat ek dink hier aan die gang is. Hulle moet ook die kind wat die beeld materiaal vasgelê het ook skors…. hoe sou hy anders geweet het om die video op daai spesifieke tyd geneem het?

Pieter ·

Presies waaroor ek ook gewonder het – sommige van die kinders het geweet wat gaan gebeur.

Anon ·

Kinders is uiters verwaant ek twyfel of daar iets vooraf gebeur het ek self n leerder het al menige male gesien hoe kinders daaroo uit is om onderwysers te tart en tot die uiterste te toets hy het heelmoontlik vooraf vir sy vriende vertel soos kinders doen “check dit uit” sy vriende het geweet hy is kaaitjie van die baan en dat hy iets gaan doen wat verkeerd is en daarom het hulle laat waai met die videos…. moet nie kinders onderskat nie hulle is uiters slim as dit kom by hulle regte wat hulle kan doen hoe om dit te doen ens n storie het twee kante en julle gee hom aminiesie om oorlog te maak een saaidjie word geplant en n storie kry n hele ander koers en daai onderwysee lui daar onder ekt al gesien in my eie skool hoe onderwysers in inrugtings op geneem word asgevolg van emosionele uitputting van uitartende kinders ek kry onderwysers baie jammer

Elma ·

SA skolewet sê n kind mag geskors word maar mag nie sy reg om geassesseer te word ontneem word nie. Ek is in onderwys for 37 jaar. Het puik dissipline in klas sonder skree of slaan. Probleem is baie kinders het GEEN reëls, respek of dissipline tuis. Engels sê so mooi……… kinders het n “sense of entitlement”. Ouers sê so maklik daar is geen probleme tuis. Respek en dissipline moet tuis geleer word.

Trol ·

Die leerking wat die video gemaak het, het vooraf geweet dit gaan gebeur. Dalk het die watergooier net sy /haar oodrag gegee om dit te doen.

Lollie ·

Hy moes nie eers toegelaat word om eksamen te skryf nie! Sou ń goeie straf gewees het.
Nuwe SA! Die hele klas is skuldig want dit was afgespreek gewees daarom is daar ń video ook gemaak. Almal het vir hom n applous gegee toe hy dit doen. Maw, nie een van hulle is onskuldig nie hulle staan mos pragtig saam as dit in anargie kan verander!

Henk ·

ons lewe in n tyd waar geen reels en regulasies gehoorsaam word nie want almal het mos regte met kriminele wat in geheel onaantasbaar is. Ouers dissiplineer nie hulle kinders nie en die Goddelose staat beskerm net die misdadiger in sy handves van menseregte. Wat anders kan jy verwag in n stelsel waar n kind nie getug mag word nie? Wat anders het jy verwag waar kinders wat sedert hulle voorouers se bestaan geleer is om chaos te saai en wanorde te skep?

wielie ·

Nou hoe dissiplineer jy n kind as hy of sy nie n goeie pakslae mag kry nie?? Dit het ons ore oop gemaak en maniere geleer en respek toe ons in die 70-80’s groot geword het ……….. nee wat moenie nou huil oor die disipliene ini skole nie — die arme bloedjies

Verandering ·

Juffrou mag hom nie pakslae gee nie maar die kind wat ‘n tantrum gooi mag die juffrou pakslae gee. Interesant hoe die wereld verander het onder die kommuniste.

Blommie ·

Ek sou nie eers DURF trug praat, wat nog van so iets doen.
My ma sou my GAT stukkend slaan sou ek net DINK aan so iets.
Geen RESPEK en waardes oor in ons land nie.
Hoe gaan hy eendag teenoor sy eie gesin wees!
En dan lag die RES van die kinders, vreeeeslik snaaks. Julle behoort julle KOPPE in skaamte te sak.

chantelle ·

Skande….hy behoort skaam te kry! Hoop sy ouers tree reg op teenoor sy gedrag lyk my die kinders wil net publisiteit he want daar is altyd n foon reg om afteneem

So praat ek ·

Net soos onderwysers nie meer respek het vir kinders nie! Maar kom ons hou ons maar blind daarop!

B R ·

Mnr, so praat ek, gee asb voorbeelde van onderwyser se swak gedrag. Anders lieg jy.

Regtig ·

As kind was ek so baie pakslae gegee en toe ek nog op skool was , het onderwyders kinders gedryf tot selfmoord maar ja , kom ons almal dink onderwysers is altyd 100% reg!

LD ·

Toe ek op skool was, was daar geen fondse vir enige iets nie, ons was afhanklik van kospakkies en welsyn en het 25km buite die dorp gewoon in n huis sonder krag of vensters en moes elke oggend 3uur begin stap skool toe sou ons nie n saamry geleentheid kry nie. Ekt nooit maats gehad nie en geen onderwyser het my deel gemaak van enige iets nie! In teendeel was ek gereeld uit die klas gejaag vir geen rede nie en moes die hele priode buite onder die boom sit! Onderwysers het my baie afgekraak voor die hele klas en almal het altyd gedink dis vreeslik snaaks! My skool loopbaan was vir my die aakligste deel van my hele lewe en dit pla my tot vandag toe. My kind is nou in gr.2 en syt presies so juffrou wat heeldag en aldag loop en skree op die kinders en het nooit iets goeds te se nie. Ekt al gevra dat my kind geskuif word maar daar is nie plek in enige klas nie omdat dit oorvol is. My kind huil om nie skool toe te gaan nie en sys n senuweewrak agv die juffrou! So ja mense, daar is onserwysers wat GEEN RESPEK het vir die kinders of omgee oor hulle omstandighede nie. Ek se nie dis die geval met die storie nie maar daar is wel sulke gevalle!

Mike Olwagen ·

Bwahahahahaha…arme bloedjie….ek het net soveel pakslae gekry en geen “sielkundige hangups” oorgehou nie, net lekker stories wat ek met smaak kan oorvertel.

As jy ‘n swakkeling is wat onderliggend anders redes vir jou “gepik in die bol” soek gaan jy gou-gou die vorige bedeling skoolstelsel as ‘n goeie swartskaap identifiseer.

Anoniem ·

Mike Olwagen, ek wonder of jou duidelike gebrek aan begrip en empatie vir dit wat LS beskryf, nie te dankie is aan jou ondervindings op skool nie. Tawwe, brawe Mike wat sy “lekker” stories met smaak oorvertel… Jy hét skade broer, jy besef dit net nie. Die ergste is dat jy self verder skade veroorsaak soos wat jy nou net gedoen het deur LS ‘n swakkeling te noem.

Hulp ·

Ai Anoniem! Mike Olwagen het geantwoord op Regtig se kommentaar – nie LD s’n nie.

Binx ·

Hoe kan die kinders se ouers vir hulle waardes leer as die ouers self nie dit toepas nie. Hulle sien die grootmense toi-toi, brand en verwoes. Hulle gaan net in hulle voetspore volg. Gaan nooit einde kry nie, bose kringloop. Daar moet eerder ernstige ingrype wees by geweldadige protesaksies, dan eers sal die jeug MISKIEN sien daar is gevolge vir swak en wangedrag. Op die oomblik word hulle oornag sosiale media sensasies. Hulle lag net oor alles. Por ander aan om ook sosiale media sterre te wees.

Jack ·

Is dit “uitkoms” of “uitslag” van ‘n verhoor?

Help asb.

Boxer ·

Ek stem honderd persent saam met lyfstraf. Aan die ander kant die voorbeeld word vir hulle in die parlement gestel hoe hulle moet optree. Kyk maar weer na die vuis geveg gister daar.

Judge Dredd ·

Maar die is mos ‘n rassistiese voorval.
Waar is die betoe, Lesufi, Malema, ANCYL, ANCWL, ANC, EFF, Sadtu, Cosatu, menseregte kommisie, Nelson Mandela Foundation ??

Marius ·

As ek dit sou doen sou my pa my velle afgetrek het hulle nie bang vir die ouers dit is hoekom die goed gebeur geen dissipliene by huis.

Anne-Marie ·

Hoekom word hy nog toegelaat om eksamen te skryf ? Hy verdien dit nie !!!

Dries ·

Di gebrek aan skooldissipline, is di gevolg van di totale gebrek aan gesag en verantwoordbaarheid in ons land en samelewing. Volwasenes is veronderstel om rolmodelle vir kinders te wees. Maar selfs in di parlement, word gepoog om argumente met geweld te besleg.
Moenie dink hierdie en ander swak gedrag van volwassenes, vryf ni op kinders af ni…
Neem gerus (elke dag) bestek van jou eie optrede en meet dit as synde n voorbeeld vir alle mense wie jou pad kruis…

Mari ·

Se maar net. Seker omrede die onderwysers nie ‘n keuse het nie. Hulle kry dalk nie ander poste nie.

BJ Vorster ·

Hierdie voorval verbaas my gladnie – want daar bestaan nie eers meer dissipline in die parlement of stadsrade nie waar mense ook fisies aangerand word – dit is maar waar die seun sy regverdiging vir sy optrede kry en ek glo hy was aangehits om dit te doen met ‘n selfoon kamera gereed om die aksie te verfilm!
Ons land het in totale anargie verval en elkeen doen wat hy wil – dis blykbaar nou elkeen se demokratiese reg om gesag strukture te ontken – te betoog en brandstigting te pleeg en onskuldige mense se lewens en eiendom te verwoes!

Penelope ·

Ek is so bly die onderwyseres het probeer kalm bly, want dit is hul misie om uit te lok en dan wolf te skree. Miskien moet hulle met dissipline in die parliament begin, want dit is nou nie juis ‘n voorbeeld vir die jeug van vandag nie. Waar is die dae wat jy nie eers jou mond mag oopmaak nie, nou kan jy die Staatspresident in sy gesig vloek. dit het toe beter gegaan… My kind swot onderwys omdat sy ‘n liefde het vir kinders, maar dit laat mens wonder of sy nie haar tyd mors nie?

Ilse ·

As jou kind ‘n liefde vir kinders het gaan die onderwys sisteem nie daarvoor help nie. Inteendeel, daardie liefde verander dalk eerder in ‘n walging vir kinders en ‘n verandering in beroep.

humor ·

Die verbanning van dissipline gesag respek eerbied is n strategie van satan om n samelewing van wanorde en verval te skep dit gaan gepaard met liberalisme, die verabsolutering van vryheid.

Se maar net ·

Pakslae sal nie meer help in sa nie die probleem is te groot. Gemeenskap waardes en dan familie waardes en ondersteuning stelsels moet alles eers herstel word voordat ons weer n gedissiplineerde jeug en geslag gaan he. Ongelukkig is dit nie deel van die nuwe orde se plan nie maar wetteloosheid, geen respek, minagting van gesag ens. Daarom sal daar nooit weer n ander regering wees nie en ook nooit weer n veilige, fuksionerende struktuur of dan gemeenskap nie. Om presies hierdie rede sal die blanke nooit n onafhanklike staat kry nie.

christa ·

dissepline begin by die huis. Dis ouers se plig om dissepline toe te pas maar vandat jy nie meer jou Goddelike plig, soos die Bybel jou bevel gee mag uitvoer nie nie het alles verlore gegaan. Die regering wil in alles ‘n se he. Hulle weet self nie wat dissepline is nie, het dit nog nooit toegepas nie, daarom lyk die skole en self ons eens mooi land soos hy lyk. Ek kry elke onderwyser jammer wat vir sulke goed moet klasgee. As die goed nie slaag nie is dit ook die onderwysers se skuld.

Lodie ·

Van dat kinders nie meer 6 vanni bestes mag kry nie, is dit die voorbeeld wat ons regering stel aan die kinders: jou regte is meer en belangriker as respek to jou ouers en onderwysers/resse. Ek onthou die dae to ek ses vannie bestes gekry het inni koshuis van laerskool deur to my hlaaste dag op skoolen my ma my boude geslaan het met die leerbelt dat ek vir weke lank glad nie kon sit nie. Vandag se ek DANKIE MA VIR DAARDIE PAKSLAE, deur dit het ek die grootste respek vir my ma, dis wat my gemaak het dat ek die mens is wat ek vandag is. My ma se wyse woorde: jys nooit te oud vir n pakslae nie.

Ken ·

Pak slae werk nie op alle kinders nie. Dit maak sommige kinders net meer opstandig en dit wys dat geweld gekies word om probleme op te los. Ken jou kind, dan sal jy weet watter straf vir hom werk. Net omdat jy lyfstraf as kind gekry het, beteken nie jy moet dit vir jou kind gee nie. Jy het miskien goed uitgedraai, maar wie weet watter effek dit dalk op jou kind mag hê.

BJ Vorster ·

Penelope laat jou kind maar onderwys swot – SA onderwysers wat Engels as vak kan aanbied is uiters gesog oorsee – jou kind het geen toekoms in hierdie land nie!

Zack ·

Hy is nog minderjarig—Laat sy ouers verduidelik en pa staan vir sy dade

Jerry ·

Niemand sal besef dat hierdie, oenskynlike onskuldige sagte tipe insident die begin kan wees van veel erger dinge wat kan kom as die owerhede nie streng optree en n voorbeeld maak van die student. Die skade is egter reeds gedoen met die verspreiding van die video. Daar kan ander kinders wees wat polities geinspireerde wraakgedagtes koester teenoor wit onderwysers wat dit ook sal wil doen en nie net om hulle te verneder nie, maar om hulle te intimideer en te vervang met swart onderwysers, deur middels te gebruik wat n erger effek sal he soos bv petrol, suur ens! Ons lewe in n tyd waar n lewe bitter min werd is en waar die vernedering en pyn van n persoon, die oorwinning van n ander persoon geword het! In die psige van sekere mense, veral die “born free” jong generasie, is dit hulle idee van regstellende aksie. Hulle reken dat hulle net soos politici, verhewe is bo die wet. Jongmense sien hierdie optredes as die optredes van die leiers van die toekoms!

Mike Olwagen ·

Hy kort die moeder van alle pakslae. En as sy pa en prokureur daar by die skool opdaag om hulle kuite styf te kom maak , slaan hulle nog harder…….lol.

Wel wat verwag mens met die talle voorbeelde wat elke dan en wan in die parlement gestel word deur die ANC, EFF, DA,

Penellope Jones ·

Is voorbarigheid, arrogansie en eiereg nou die nuutste “opvoedigsmetodes” waarmee kinders by die skool aankom……

honourable member ·

Al wat ek kan se is sterkte aan alle onderwysers in hierdie wettelose land. En nou dat dagga gewettig is gaan julle probleme nog groter word. Ons kan maar net bid en hoop iewers gaan iets verander in hierdie land.

Skokkend ·

Die berig dui aan die medeleerders was in skok oor die voorval. Dis in teenstelling, aangesien hul lag in die video opname.
IK lewer feite- nie bespiegelinge nie.
Lola wat maak die juffrou daar??? Jou vraag dui totaal en al op onkunde….

Bekommerde ·

Kameras is al oplossing – videos met klank!

Ek wonder as vrywillige skole berader wat is die omstandighede van die leerder …………

Ek haal my hoed af vir onderwysers wat elke net aanhou met die ongedissiplineerde leerders – geen onderwyser verdien sulke gedrag nie.

Wedersydse respek is van kardinale belang.

My bekommernis is dat eendag sulke gedrag nie in die werksplek geduld sal word nie. Skool is tog daar om leerders vir die grootmens wereld toe te rus.

jakes ·

Die knaap se gedrag dui op n swak opvoeding. Het die hoof gekyk of hy nie dalk ook n mes of n vuurwapen in sy tas het nie? Nogal ironies dat dit altyd vroue onnies is wat deurloop want as n leerling dit met my sou waag sal hy steeds in intensief wees nadat ek tronkstraf uitgedien het weens aanranding op n leerling.

jaco ·

as die rottang nou weer gewettig word, gaan kinders wat geslaan word messe uitpluk as vergelding. Hulle doen dit reeds sonder dat hulle geslaan word

Elize ·

Die juffrou se stoel is mos nie aan die vloer vasgemaak nie of hoe?

Sekere ·

Waarom gebeur hierdie insidente die meeste van die tyd net in sekere skole?

Ekke ·

Dit gaan so omdat daar in die eerste plek nie dissipline by hulle huise is nie..

Madeliena van der Dingering ·

Ek wonder in watter ander lande gebeur sulke voorvalle ook? Weet iemand dalk van so iets (internasionaal)?

Groete
Madeliena van der Dingering

Erick ·

Verenigde Koninkryk. Dit gaan nog baie erger daar en ons is oppad soontoe.

aitog ·

birng lyfstraf terug dan sal julle discipline sien!!!maar nee julle se en juffie moet luister…

Martin van Tonder ·

Geen wonder die dissipline in skole is van die standaard nie. Ons sou nooit so iets gedoen het toe ek op skool was nie. Bring lyfstraf terug dis al wat werk.

Lotta ·

Children’s behaviour at school deteriorating, say teachers
dis blykbaar wel in internationale tendens, gaan kyk na die navorsing.

christa ·

as daar enigsins dissepline in die ouerhuise toe gepas word sal daar nie nog toi-toiers wees nie. Ouers wys die kinders hoe om te remoer en verwoes. As jy nie jou sin kry moet jy afbreek wat reeds daar is. Logiese denke is nie by hierdie mense moontlik nie. Die kinders word mos by die oumas groot wat net wil bederf en nie weet wat dissepline is nie.

Mariette ·

Dis presies agv sulke gedra van leerders wat veroorsaak het dat my dogter reeds drie jaar gelede in die buiteland gaan werk het. Hierdie land verloor stelselmatig hulle beste onderwysers

Adri ·

Die gedrag is juis wat mens kry omdat daar geen meer regte disspliene toegaps word soos lyfstraf nie. Bring lyfstaf terug en disspliene in skole en dinge sal wel verbeter. Maar tot en met dan gaan dit die reaksie en gedrag wees van ons kinders in skole en in publiek.

Zytjie ·

Ek is self ‘n onderwyser. Kinders van vandag het hopeloos te veel regte. Ouers kies eerder die kind se kant as om na jou as onderwyser te luister. Ek is daar om jou kind skoolwerk te leer NIE maniere en respek vir hul medemens nie. Ouers leer asb jou kind maniere by die huis. Ek het al klaar genoeg werk om te doen om die kinders deur n graad te kry.
Ouers word weer ouers. Hou op dat jou kind vir jou voorskryf.
Ons land sal beter af wees as ons ouers opstaan en weer die volwassene in die huis is.

anton ·

Nou wonder ek hoe moet die ouers hulle kinders opvoed as die regering jou verbied om hulle n pak slae te gee wanneer nodig???
Nie dat ek my enigsins aan die regering sou steur nie maar vir baie mense is dit n groot probleem.

Elsa Gouws ·

Ja nee kyk… in die eerste plek weet ek nie wie het gedink om kinderregte vir die kinders te leer nie en dan leer hul dit nog verkeerd vir die kinders. 2de plek weet ek nie hoe wil hul dissepliene by die skole en by die huise toepas as die onderwysers en ouers nie eers meer pakslae kan uit deel nie.

Chanty ·

Dissipline BEGIN BY DIE HUIS… Knak dai boompie terwyl hy klein is.. want dis presies wat gebeur as mens dit nie van kleins af op jou kinders afdwing nie..

Ek het al gehoor van baaaie kinders wat hul ouers te lyf gaan… Jou kinders moet weet op respek vir groter en ouer mense te hê, maak nis saak wat..

Respek moet af geswing word op kou bloeiseltjies terwyl daardie boompie groei… nie wanneer sulke dinge reeds gebeur het nie, want dit is t laat.

Marlize ·

Voorbeeld moet hier gemaak word deur die kind nie eksamen te laat skryf. Hy is geskors maar dan het hy nog die reg om eksamen te skryf ook. Dis nie regtig ‘n straf.

Della ·

1. Die regering wil voorsê hoe jy jou kind moet grootmaak, ongelukkig nie volgens Bybelse beginsels nie.
2. Respek en dissipline bly die ouers se verantwoordelikheid.
3. Die kind volg die ouers se voorbeeld. Hoeveel ouers ry oor stopstrate, rooi robotte, gooi tekens vir ander padverbruikers…en ek kan aangaan en aangaan.

Dis tyd dat die ouers begin selfondersoek doen, wie is ons Hoër gesag? Deur wie gaan ons ons laat voorsê?

Maar net my beskeie mening….

Fryingfrog ·

Wat my altyd verstom is hoe leerders die voorval onmiddellik op hul selfoon afgeneem kry. Sit hulle in die gereedsheidsposisie? As daar ‘n gefluister en geskarrel in die klas is, dan weet die onnie mos daar kom ‘n ding. Hoekom sit die juffrou? Ek was 46 jaar in die onderwys – op my voete! En ek het ook 3 insidente gehad! Die selfone was reeds onder die banke gereed en ek het bloot my “pose” gehou. Niks om af te neem nie.

Ronnie ·

Spreuke 13:24 – Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.