Seun geskors ná voorval by spogskool

Foto: Twyford/Wikimedia Commons

ʼn Gr. 6-leerder aan die Grey Junior School in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is geskors ná ʼn onderonsie wat glo daartoe gelei het dat ʼn medeleerling ʼn operasie moes ondergaan.

Volgens Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys, was twee gr. 9-seuns Maandag in ʼn onderonsie betrokke.

Die voorval is by die departement se distrikskantoor aangemeld. Mtima kon egter nie meer inligting of besonderhede rondom die omstandighede van die voorval bekend maak nie.

Hy het wel bevestig dat een van die seuns tydens die voorval beseer is. AlgoaFM berig die seun moes plastiese chirurgie aan sy gesig ondergaan.

“Ek kan nie nou uitbrei oor die seun se beserings nie. ʼn Mediese verslag sal tydens die dissiplinêre verhoor voorgelê word,” het Mtima gesê. Die dissiplinêre verhoor is vir 4 November geskeduleer.

Die leerling wat geskors is sal wel toegelaat word om eksamen te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Oo-gaats….en dan dink ek na n voorige onderonsie in n ander skool verlede week en het sommige mense gese ons skop onnodig stof op oor geweld in skole, dis blykbaar net kinders wat bietjie vuiste rol om mekaar op hul plek te sit.

Wonder hoe sou die ouer gevoel het as die nou sy kind was wat n opperasie moes ondergaan aan shy gesig?

Oos kaap is rof ·

Daar het nou die dag n matriek seun n ander matriekleerder se ouer broer gemoor by n skool naby Oos-Londen

Ekke ·

Toe ek op skool was het kinders ook onder mekaar vuisgeslaan en dit uitvesorteer. Veral pouses. Maar vandag baklei hulle om letterlik die ander een uit te haal. Geweld is aan die orde van die dag in skole vandag.

Penelope ·

Gr 9… D.w.s omtrent 14jr oud. Wonder wat gaan hy volgende doen as hy nou al so wreed is.
Die anderkant is dalk dat hy geboelie word of is hy die boelie?

Nico ·

Gr 6 dan Gr 9. Deesdae is die media so dat jy nie eintlik weet of mens dit kan glo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.