Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, besoek Dinsdagoggend wéér ʼn skool nadat nog ʼn video van leerders betrokke by geweld op sosiale media verskyn het.
In die jongste voorval was leerders van Hoërskool Elspark in Germiston betrokke in die bakleiery wat volgens sommige bewerings oor ʼn vermiste selfoon ontstaan het.
Een van die leerders is in die voorval gesteek en is ernstig beseer.
Die departement van onderwys in Gauteng het gesê Lesufi is erg omgekrap oor die voorval en besoek die skool later vanoggend.
“Ons is nie seker wat die bakleiery veroorsaak het nie, maar dit word ten sterkste veroordeel. Die nodige ondersoek en spoedige optrede teen die oortreders word vereis,” het die departement gesê.
Lesufi was verlede week ook by die Edenglen High School in Johannesburg waar ʼn straatgeveg tussen talle leerders van die skool ook opslae gemaak het. In dié geval het die onderonsie oënskynlik ontstaan weens R25 wat ʼn leerder glo aan ʼn ander een geskuld het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Sulke dinge gebeur omdat leerders nie meer ordentlike gestraf word en respek vir onderwysers het nie. Hulle so houding van “en wat kan en gaan jy maak”. En dan natuurlik is meeste leerlinge in sommige gevalle ouer as die onderwyser, want dis mos aanvaarbaar vir `n 20 jarige om nog op skool te wees
Ek wonder hoe Lesufi hierdie keer Afrikaans en ‘rassisme’ die skuld gaan gee vir hierdie voorval.
Covid maak dood maar mense maak mense baie meer dood.
Waar is die EFF tog nou? O ja daar’s nie blanke kinders nie…
Lesoooefie jy moet nou MOOI DINK wat jy gaan se.
Messteek? Kan jy al klaar raai wie! Hoekom word messe in skole toegelaat? Seker nie om biltong te eet nie!