Seun gestraf ná hy sy ma verkrag

Argieffoto

ʼn 30-jarige man is vandeesweek in die Verulam-landdroshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 52-jarige biologiese ma.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man is in Maart 2016 in hegtenis geneem nadat hy sy ma op twee afsonderlike voorvalle op hul plaaswerf in die Phoenix-omgewing verkrag het.

“In 2015 was die slagoffer alleen by die huis toe die beskuldigde haar genader het terwyl sy gebad het. Hy het gesê hy wil seksuele omgang met haar hê.

“Die slagoffer het geweier en vir hom gesê dit kan nie gebeur nie, want sy is sy ma. Hy het daarna die badkamerdeur oopgeskop, haar aangerand en homself op haar afgedwing,” het Zwane gesê.

Die vrou het die voorval by haar familielede aangemeld, maar toe hulle hom daaroor uitvra, het hy dit ontken.

“In Maart 2016 was die slagoffer weer alleen toe haar seun haar met geweld na ʼn plek toe gesleep en verkrag het. Die vrou het daarna die voorval by die polisie aangemeld en die seun is in hegtenis geneem.”

Die seun het ná sy inhegtenisneming verskeie kere in die hof verskyn en is onlangs skuldig bevind aan verkragting. Tydens die hofverrigtinge het die ma getuig dat sy vir haar lewe gevrees het, aangesien die beskuldigde gewelddadig is.

Die man is Maandag tot 22 jaar tronkstraf gevonnis. Sy naam mag nie genoem word nie om sy ma se identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

yolla ·

Mag die arme moeder die vieslike gebeure uit haar kop kry,,,,

T ·

Dis vreeslik. Mag hy van die demone ontslae raak en mag sy genesing deur ons Here Jesus Christus kry. Dis hartseer…

Sê-ma-net ·

22 jaar is te min.
Lewenslank is te min.

Dis tyd dat die doodstraf terug gebring word vir hals misdrywe. Dis is die enigste effektiewe afskrik middel. Lande wat nog die doodstraf toepas se misdaad syfer per capita is enkel syfers en die bevolking oor die algemeen word minder slagoffers van selfs ‘petty crime’.

leon ·

Passop vir hoop om die doodstraf terug te bring… skere groepe sal die doodstraf kry vir belaglike oortredings soos name noem, iemand in n doodskis druk, ander groepe sal op borg vrygelaat word vir gruwelike misdade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.