Seun gevonnis ná hy gesinslede met byl dood kap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienerseun wat sy ma, ouma, broer en babasussie met ʼn byl doodgekap het, is Vrydag gevonnis.

Die seun was 14 jaar oud toe hy sy ma (42), ouma (58), broer (5) en vier maande oue babasussie met ʼn byl doodgekap het. Hy het skuldig gepleit op vier aanklagte van moord.

Regter Hennie de Vos het die seun tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die vier moordaanklagte. Hy het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien en terugwerkend toegepas word tot sy inhegtenisneming in Mei 2013.

Die seun het in ’n verklaring gesê hy en ’n vriend het ’n paar dae voor die moorde ’n sataniese ritueel uitgevoer en dagga gerook op die dag van die moorde. Die seun voer aan hy het ’n stem gehoor wat uitgeroep het “vermoor hulle, vermoor hulle” en dat hy baie kwaad was en gevoel het dat hy onder die invloed van ’n demoon was.

Dr. Kobus Jonker, ’n kenner van die okkulte, het getuig dat daar geen bewyse was dat satanisme ’n rol in die uitvoering van die misdade gespeel het nie. Kenners het getuig dat die seun se gesin arm was en op ’n ongeskiktheidstoelaag moes oorleef. Sy ouma en ma het hom glo gereeld geslaan omdat hulle glo nie sy vriende goedgekeur het nie.

De Vos het in sy uitspraak gesê die seun se ma en ouma het om hul lewe gesmeek. Volgens die nadoodse ondersoek was die aanval op die broer en babasussie erger as op die ma en ouma.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hester ·

Is dit n kind of n barbaarkind? Klink na n baarbaar se kind.

Manie ·

Sulke mense moet permanent uit die samelewing verwyder word.

Stefan ·

14+20=34,
Gaan hierdie mens op ‘n jeugdige ouderdom van 34 weer in die samelewing losgelaat word? Regtig?

Chriscill Fouche ·

Lees weer, hy het 20 jaar vir elk van die moorde ontvang m.a.w. 80 jaar alte saam.

Dave ·

Dit is jy Chriscill Fouche, wat weer moet lees. Verstaan jy dan nie wat gelyklopend beteken nie?

Ian ·

Chriscill, daar word ook gese dat hy die vonnisse gelyklopend uitdien so ja, hy sal op 34 of selfs nog BAIE vroeer vrygelaat word.

jakes ·

Ian, korrek, en wanneer hy uitkom het hy nog ‘n paar dinge in tronk ook bygeleer! Dan sal hy 1 gevaarlike skepsel/ maaksel wees, iets wat nie behoort vry rond te loop!

Schalk ·

Ek wil so graag kommentaar lewer op die berig. . Maar gaan net eers kyk of enige iets wat ek se geplaas word.

Martin ·

Die grootste kriminele sit in die Parliament, en loop die strate vol, so moenie bekommerd wees oor nog enetjie nie.

Gideon ·

Ek dink julle is almal verkeerd om te dink die monster gaan op 34 jaar vrygelaat word!! Hoe klink op 24 jaar vir julle! Goeie gedrag, jeugdigheid en berou beteken baie vir parool!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.