Seun gevonnis vir gru-moord op ma

Francina van der Merwe. Foto: Facebook

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die 22-jarige Pieter le Roux van Vermaaklikheid in die Wes-Kaap is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy ma.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig Le Roux is tot ses jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van poging tot moord en tot lewenslange tronkstraf op aanklag van moord. “Die hof het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word.”

Volgens Ntabazalila het Le Roux se regsverteenwoordiger aansoek gedoen om verlof om teen die vonnis te appelleer.

Le Roux het in Mei erken dat hy sy ma, Francina van der Merwe (55), op 27 Julie wreed in haar huis op Skoolkop vermoor het.

Le Roux het in sy pleitverduideliking sy motief agter dié moord bekend gemaak en ook in ʼn gedetailleerde opsomming vertel hoe sy ma gesterf het.

Volgens die pleitverduideliking het Le Roux en sy ma hul lewe lank ʼn wankelrige verhouding gehad. Sy het hom glo sedert sy kinderjare geskel, gevloek en aangerand. Le Roux is verstandelik effens gestremd en het nie matriek nie.

Van der Merwe het glo baie gedrink en dan vir hom goed soos “jy is mal in jou kop, jy is nie reg nie” en “jou mal d*nner” geskree. Sy sou hom daarna altyd aanrand, beweer Le Roux.

Hy het verder aangevoer sy het hom talle kere “sonder rede” deur die gesig geslaan en gesê sy gaan hom doodmaak as hy dit waag om weg te loop van die huis af. Van der Merwe het hom glo ook verbied om ʼn “regte werk” te kry, en gesê sy werk is om die huis en tuin skoon te hou. Hy moes glo verskeie aande in die buitekamer slaap ná “een van haar woedebuie” wat byna altyd die gevolg van drank was.

Spanning tussen ma en seun het vererger toe Le Roux by ʼn bruin vrou van die omgewing begin kuier het.

Le Roux, wat alleen saam met sy ma in die huis gewoon het, het ʼn halfbroer en halfsuster. ʼn Ander halfsuster is vroeg in 2016 in ʼn motorongeluk dood.

Hy sê sy suster se dood was baie traumaties, omdat sy altyd ʼn toevlug was wanneer dinge tuis handuit geruk het. “My ma het baie kere gesê sy wens ek het doodgegaan en nie my sussie nie.”

Le Roux voer aan dit is as gevolg van dié mishandeling dat hy in Junie 2016 sy ma met miergif probeer doodmaak het. Hy het die miergif in haar tee gegooi. Aangesien sy net ʼn halwe koppie van dié tee gedrink en toe gaan slaap het, het sy oorleef. Sy het glo die volgende oggend die res van die koue tee klaar gedrink, maar steeds oorleef.

Hy het sy vriendin van dié poging tot moord vertel. Op die dag van die moord, drie weke ná die eerste poging tot moord, het hy 20:30 by die huis gekom nadat hy eers by sy vriende en toe by sy vriendin gekuier het.

“Toe ek by die huis kom, het ek koffie gemaak en ʼn sigaret gerook. Sy het my gevra hoekom ek so laat is en gesê daar is huisreëls. Ek het gesê ek was by my meisie, waarna sy begin skree en baklei het. Ek wou nie baklei nie en het televisie gekyk. Sy het gesê ons sal die volgende dag daaroor praat, en het gaan slaap.

“Toe ek sien sy slaap, het ek ʼn graaf buite gaan haal. Ek was nie onder die invloed van dwelms of alkohol nie, en ek kon nugter dink. Ek het langs haar bed gaan staan [met die graaf] en wou myself keer, maar het besluit om voort te gaan en het haar oor die kop geslaan terwyl sy slaap. Sy het wakker geword en gevra: ‘Wat maak jy?’ Ek het haar aanhou slaan oor die kop en teen haar arm. Sy het gesê ek moet stop, en toe besef ek die graaf werk nie.”

Le Roux sê hy het buitentoe gegaan om ʼn koevoet te gaan haal. Hy het Van der Merwe op haar kamervloer aangetref waar sy op haar maag gelê het.

“Ek het haar toe talle kere met die koevoet in haar nek gesteek. Toe sy ophou asemhaal, het ek gestop. Ek het haar daarna by die huis uitgesleep en wou haar in die motor sit, maar sy was te swaar. Talle ander pogings om haar in die motor te kry, was ook tevergeefs. Ek het toe ʼn ankertou geneem en haar [aan haar enkels] vasgemaak aan die motor. Ek het haar agter die motor aangesleep tot by Blombos-heuwel.”

Hy het huis toe gery en sy vriendin gebel en gesê sy ma is dood, maar nie dat hy haar doodgemaak het nie. Hy het die bebloede deel van die mat uitgesny, die bebloede klere, graaf en die koevoet in ʼn vuur gegooi om die bloed weg te brand.

Die polisie het daarna opgedaag en wou weet waar Van der Merwe is. Hy het hulle na Blombos-heuwel vergesel, en is toe weer terug na die huis. Hulle het die bedekte deel van die vloer gesien waar die bloed was, dit opgelig en toe die bebloede vloer gesien.

“Ek het erken dis haar bloed, waarna hulle my in hegtenis geneem het.”

Le Roux sê sy van verskil van dié van sy oorlede ma, omdat sy haar nooiensvan teruggevat het nadat sy van haar man, sy pa, geskei is. Hy sê hy het nooit die huis verlaat of weggehardloop nie, maar eerder altyd by sy ander halfsuster gebly omdat Van der Merwe gedreig het om hom dood te maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Stelling ·

ń Seun lewenslank tronk toe vir moord van sy eie ma.
Moor eerder ń onbekende dan kry jy net ń paar jaar trinkstraf.

Lee ·

Klink na ‘n hartseerstorie aan beide kante.
As hy waar praat, klink sy kewe maar rof onder die ma.
Drank … …

Genieve ·

Tenminste was hy eerlik.Ja hyt nogals n hel se lewe onder sy Ma gehad.

AN ·

Wat? Eerlik was hy beslis nie! Om die bebloede klere en mat weg te steek en te vernietig is beslis nie eerlik nie.
Dis afgryslik wat hy gedoen het en daar is niemand om te praat namens haar nie.
Ek hoop hy word nooit vrygelaat nie.

Jean ·

Korrupte regsstelsel in SA het weereens bewys waarmee ons sit. Uitspraak is lagwekkend. Dink die sielkundiges se kennis en insae, ten tye van die verhoor, is weer summier deur ‘n klomp alwetende, manteldraers van die tafel geveë.

E.K. - ek sê net! ·

Voel BITTER jammer vir hierdie seun. Sy lewe lank mishandel en ja, dit verskoon nie moord, maar ek dink hy het op ‘n punt gekom waar hy nie meer kon en gesien sy geestelike vermoë… hy is die soort wat nie eintlik in ‘n tronk hoort maar ‘n kans moet kry om te voel hoe die lewe werklik is. Hy het hulp nodig en behoort in ‘n ander tipe plek as ‘n tronk waar sy arme lewe net meer hel gaan wees. Dis bitter bitter hartseer. Nog iemand wat deur die krake gaan val en wie gaan uiteindelik omgee…

Rita ·

Ja ek wonder of versagtende omstandighede ooit werklik hier behoorlik ondersoek is. Hy het alles erken, en sy ma was kennelik ‘n derduiwel van ‘n vrou. Hy is van kleins af afgetakel en mishandel…… Sy het hom duidelik gemanipuleer omdat hy nie mag gaan werk het nie , maar haar persoonlike slaaf in die huis moes wees….Ek sê nie hy moes skotvry hiervan afgekom het nie, want moord bly moord. Maar lewenslank?

AN ·

Ek glo nie dat dit regtig so erg was soos wat hy gese het nie. Hy het ‘n moord gepleeg so sal seker ook maklik lieg asook vreeslik oordryf. Hoe weet sal julle nou weet – hy was dalk absoluut onmoontlik.

Hy het ‘n afgryslike moord gepleeg en ek hoop hy sit lewenslank. Hy het duidelik geweet wat hy doen is baie verkeerd. Daar is baie kinders wat mishandel word, maar nie almal vermoor hulle ouers nie.

Veritas ·

Hoekom word dié moord as ‘grusaam’ beskryf en sekeres nie? Moord is moord en alle moorde is grusaam. Dit gaan daaroor dat ‘n lewe geneem word en dít is grusaam.

Pieter B ·

Hartseer verhaal aan beide kante jammer dit moes so geeindig :-(

Jury ·

Gegewe die omstandighede in aanloop tot die moord, dink ek 6 jaar is billik.

eurika ·

Nie 6 jaar nie. Lewenslank. Hoeveel het steenkamp kind gekry

Genieve ·

Geen moederlike liefde gekry nie. Hy was soos n slaaf ook mishandel.

Ilse ·

Hier is fout. Die man wat die 86 jare dame gewurmoor het kry 20 jaar tronk straf. Hy het geen rede gahad om dit te doen nie en nog gesteel ook. Die arme kind kry lewens lank omdat hy sy ma dood gemaak het oor omstandighede. Hoe werk die stelsel dit uit? Ek verstaan nie.

Verwonderd ·

Wat ‘n kille beplande koudbloedige moord… Die doodstraf kan enigste straf wees.

Willie ·

Dit regverdig nie wat hy gedoen het nie. Al wat ek weet hy het baie swaar onder sy ma gekry. Sy het haar eie seun gehaat. Hy het ook geen heenkome gehad nie. Dit was opgeboude frustrasie. Hoop hy word iewers gehelp.

Elizabeth ·

Eureka, jou kop werk nie lekker nie…….wat sou JY onder sulke verskriklike omstandighede doen? Moord is nooit die oplossing nie, maar as iemand MY so aanhou treiter ek skel en afbreek tot niks, mag ek ook DALK NET geweldadig raak……….Jy het nie in sy skoene gestaan nie!

AN ·

Waarom het hy dan nie net weggeloop nie as dit dan nou volgens hom – sy is dood en kan nie haar kant stel nie – so verskriklik was?
Dis absoluut afgryslik wat hy gedoen het. Hy het baie goed geweet dis verkeerd. Kan sy storie van jarelange mishandeling gestaaf word? Selfs al kon dit bewys word, dis geen rede om so uiters wreedaardige moord te pleeg nie. Ook sal mens nooit weet of hy onuitstaanbaar was nie of ook geweldadig was voor hierdie moord nie.

Anti-AN ·

@AN sjoe maar jy oordeel darem asof jy nog nooit in jou lewe iets verkeerd gedoen het nie. Ek keur nie moord goed nie maar my menslike kant voel baie jammer vir die seun en sy omstandighede. Agv sy matige verstandelike gestremdheid is dit meer verstaanbaar dat hy nie noodwendig goeie insig of self-beheer gehad het nie en sal hy hel hê in die tronk wat hy nie verdien nie. Voor jy nie met 100% sekerheid kan sê dat jy n foutlose lewe lei en niemand nog ooit te na gekom het nie, bly eerder stil oor jou hartelose opinie

Malan ·

Dankie tog vir die jongman se PROKUREUR wat besef hier is FOUT en gaan appelleer!! Die arme jongman het n helse lewe onder sy ma gely. Mag hy hulp kry tot n beter toekoms.

adriana ·

Moet nie die tong as ‘n swaard gebruik nie – niemand was in sy omstandighede nie. Daar was persone wat be-aam het wat die jong man gese het. Indien jy nie self in die skoene van die kind gestaan het van kleintyd nie – kan jy nie ‘n oordeel vel nie.

Johan. H. ·

Kry die man jammer, n Ma is die een wat jou onvoorwaardelik lief moet he en koester.. As ek in sy skoenne was,,, n mens weet nie!!!

PAM ·

EK HET ANDER MEDIA GROEPE EN PLAASLIKE KOERANTE IN DIE VERMAAKLIKHEID AREA GAAN LEES ASOOK MEDE INWONDERS SE KOMMENTAAR OOR DIE MA. SY WAS ‘N REGTE TIRAN EN HET DIE ARME KIND SE LEWE BAIE ONDRAAGLIK GEMAAK, NIE NET DEUR HOM SLEG TE Sê NIE MAAR DEUR HOM TE SLAAN EN HOM SOOS GEMORS TE BEHANDEL. EK VOEL BAIE JAMMER VIR DIE SEUN EN HOOP DAT SY APEL SUKSESVOL IS

Bobby ·

En as ons regering se Maatskaplike dienste op standard was sou hierdie jong man se lewe nie werwoes gewees het nie. Aan die ander kant wonder ek net waar is die familie en hoekom het iemand nie opgetree teen die vrou nie.

Rina ·

‘n Saak het gewoonlik drie kante – beide partye en die waarheid. Klink of die waarheid geseevier het dog ja! die arme seun het dit nie maklik gehad onder sy ma nie! Sjoe! dis nie soos die lewe moet lyk nie – nie vir een van die twee nie! Erg – baie erg! So kan eie familie ook mekaar se lewens vernietig – ons lees gereeld gru-verhale in die nuus!

Jammer vir hom ·

Ek moet erken… ek kry die seun ook jammer. Hy het sy hele lewe nog net hel gehad en daar is niemand wat ‘n hand uitsteek om hom te help nie… druk hom net verder af in die vuur van hel.

jaco ·

hy ERKEN hy het moord gepleeg en hy kry lewenslank. Oscar het DEURGAANS geweier om te erken hy net Reeva vermoor, en hy het net 6 jaar gekry. Albei moordenaars en albei slagoffers is wit. Iets is nie reg hier nie.

Johan ·

Onthou hy was nie baie slim nie. Wegloop sou soos ‘n berg gevoel het. Hy het duidelik nie kans gesien vir die volgende oggend se sessie nie en het geknak. Ek voel die samelewing daar het hulle gefaal.

Iets is verjeerd ja ·

Oscar is beroemd en geld het seker maar hard gepraat.

Annoniem ·

Ek het groot geword ook onder sulke omstandighede. Vandag is ek oud en kon nog nooit oor dit kom nie.

Hartseer ·

Sy’t gemaak daarna. En haar kind gefaal. Jammer vir die seun.

Hartseer ·

Sy’t gemaak daarna. Haar kind gefaal. Jammerlik gefaal.
Jammer vir die seun.

Stiena ·

Julle wat sonder sonde is, gooi darem rotse ne! Gaan liewer op jle kniee en se DANKIE DANKIE vir al die seeninge wat nie verdien is nie, maar net onverdiende genade.

Anti Manipulerende Ma's ·

Die skade wat sulke tipe “Moeders” aan hulle kinders doen, kan nooit regtig herstel word nie. Hulle maak deur hulle woorde van hulle kinders wat hulle later uitdraai. Ek kry die arme seun baie jammer.

Boeremeisie ·

Wat ‘n absolute oormaat van skynheiligheid is hier nie op die kommentare nie. Siestog die arme seun? Rerig mense hy is 22 ‘n volwassene!
Snaaks genoeg was hy nie verstandelik “agter” toe hy haar vermoor en agter sy kar aangesleep het nie! Ook nie toe hy die bewysstukke probeer vernietig het nie. Verder was daar absoluut niks voor die hof (volgens die berig) wat die “aanranding” sou kon staaf nie behalwe sy “say so”. Wat sou julle dus voorstel moes die hof doen? Glo maar net goedsmoed elke aangeklaagde se storie? Ek verstaan nie aldag hoe mense vir sekere mense simpatie het vir hul dade maar nie vir ander. Krimineel is mos maar krimineel. Sal dieselfde simpatie uitgedeel word vir die 16jarige verkragter wat iemand verkrag en dan beweer dis omdat sy ma hom mishandel het of wag wat van die 22jarige plaas moordenaar wat beweer hy het die boer vermoor omdat hy hom as kind in die lande laat werk het en hom met ‘n sweep geslaan het. Iets is nie reg met vlakke van simpatie nie.

Bobby ·

Ek is so bly ek is nie deel van die Boere of Afrikanervolk nie. Hier buite Pretoria is verskeie gedeeltes waar die “Afrikanres” en “Boere” mense woon in Karavaan parke ens. Die algemene drankmisbruik – en gesuipery gaan gepaard met die vieslike lewensstyl van die soogenaamde Afrikaner volk. Ons help met kos ens in hierdie plekke. Maar ek staan geskok om te luister in Afrikaans na die seksueele misbruike wat daar aan die gang is – asook die taalgebruik. Afskuwelik. En dit is waar die seun vandaan kom!!!! Sterkte Boeremeisie!!!

Piet ·

Bobby jy praat redelik goed afrikaans vir ‘n ou wat nie deel van die afrikaner volk is nie. As jy nie is nie, moet jy nie dalk maar terug na jou land van herkoms nie, want dink jy dis reverdig om te pluk aan die vrugte van hulle nalatenskap, maar dan maak jy of hulle almal agterlik is? Ek betreur dit dat daar so baie mense is wat wil teer op die nalatenskap van sy voorvaders, maar dan skaam hy hom kwansuis vir almal. Ek wonder of jy werklik soveel beter is as die mense van hierdie arm buurte, is daar nie dalk van hulle wat maar net brandarm is, maar vaster beginsels het as wat ooit self sal he?

Boeremeisie ·

Magtig ou Bobster dis bietjie pretentious wat jy daar skryf hoor. Jou aanname dat die seun uit arblanke omstandighede kom en dienooreenkomstig sy optrede is verstommend en neerhalend teenoor mense. Asb tog is jy een van daai wat help net sodat jy jouself op ‘n pedestal van beter wees kan plaas? Dankie vir die sterkte trotse Boeremeisie!

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Wens die wat so die seun verder verguis wil MOOI lees dat hy geestelik nie goed ontwikkel was nie. Wat se verwysingsraamwerk het hy gehad mbt tot enigiets? Gaan lees gerus die stuk oor RUSBANK BOELIES in ‘n vorige uitgawe van Maroela – want dis wat julle is. Hierdie seun verdien NIE lewenslank nie, dis bitter hatseer.

lisaan ·

Vergeet tog n slag van velkleur. Die seun kon miskien swak behandel gewees het deur sy ma. Ons weet niks en oordeel van lees stories af.Die seun het nie vir sy meisie vertel dat hy sy ma vermoor het nie, net dat sy dood is. Sny stuk van mat uit om sy werk te verdoesel. Moord bly moord en aangesien hy .wel vir n meisie gekuier het, wys net vir my, dat hy wel kon weggekom het. Dat dit hartseer is, verseker

Deon ·

Boeremeisie / Piet. ….kan maar net lag vir die “Bobby” se uitlatings hier. Dink regtig die man / seun het nodig om self “ondersoek” te gaan doen. Dink aan net een reel uit die ou groot boek “moet nie oordeel” Vir jou oordeel ek nie Bobby – kry jou jammer. Wonder wat sou hier gewees het was dit nie vir ons voorvaders, boere / afrikaners ….”net bos” ……….. En hy “Bobby” het die voorreg om hier te bly. Noem my wat jy wil “boer / afrikaner…..trots op my herkoms”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.