Seun glo by naskoolsentrum ontvoer

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontvoering van ʼn 10-jarige seun in Port Elizabeth.

Die seun is glo Vrydag by ʼn naskoolsentrum in Mill Park ontvoer. Die verdagtes, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Hulle sal weer volgende week in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen. Die staat het aangedui dat hy borgtog sal teenstaan.

Die seun en sy ouers kan nie geëien word nie weens die sensitiwiteit van die saak. Die polisie het vroeër gesê ʼn derde verdagte is steeds soek. Volgens die klagstaat is die kind Vrydagmiddag na ʼn sakeperseel geneem waar hy teen sy wil gehou is.

Die kind kon daarin slaag om die aandag van iemand in die buurt te trek en die polisie is ontbied. Die seun is later dieselfde aand met sy ouers herenig. Volgens die klagstaat het die ontvoerders ʼn losprys van R50 000 van die kind se pa geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.