Seun glo deur skoonmaker by skool aangerand

Argieffoto

Argieffoto

Leon Strydom het ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak nadat ʼn skoonmaker Donderdagoggend glo sy seun by ʼn skool in Edenvale, Johannesburg, aangerand het.

Strydom het Vrydag aan Maroela Media gesê die 39-jarige skoonmaker het sy 13-jarige seun voor sy onderwyseres en klasmaats buite ʼn klaskamer aangerand.

“Die onderwyseres het my seun gevra om die stoep voor die klaskamer skoon te vee,” het Strydom gesê. “My seun het die stof en blare in ʼn slootjie langs die stoep gevee, waarna die skoonmaker op hom afgestorm en hom vyf keer deur sy gesig geklap het.”

Die skoonmaker was glo ontsteld omdat hy reeds die slote buite om die klaskamer skoongemaak het.

Die skoolhoof het Strydom oor die voorval ingelig en aan hom gesê die skool kan die voorval intern ondersoek en hanteer, of Strydom kan ʼn klag van aanranding teen die skoonmaker by die polisie indien. Strydom het gevolglik die saak by die Erasmia-polisiestasie aangemeld.

Hy het gesê hulle was tot Donderdagmiddag 17:00 by ʼn hospitaal om toetse te doen op sy seun. “Sy gesig is bietjie geswel, maar daar is gelukkig nie ernstige beserings nie,” het hy gesê.

Maroela Media wag nog vir terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andre ·

Aanranding by die werkplek is in stryd met die arbeidswet en moet departementeel ondersoek word.

Babs ·

Hoekom het die onderwyseres in die eerste plek die seun aangesê om die stoep te vee as die skoonmaker reeds daar skoongemaak het. As die werker nie sy werk reg gedoen het nie moes hy dit oor doen. Die skoonmaker moet by geen skool aangetel word.

Elfie ·

@Babs – ek stem saam. Van wanneer af moet kinders fisiese skoonmaakwerk by skole doen? Daar is mos skoonmakers! Ek praat nie van help papiere optel as hulle help mors het nie, maar die vee van stoepe deur leerlinge klink vir my baie verdag! Wat gaan aan by die skool?

SNEL ·

Almal is soos n tydbomme, kan nie meer mooi praat of eers vra wat is fout of hoekom het jy nou dit of dat gedoen nie, dadelik inspring en houe uitdeel. Hoop hul tree op teen hom en daai juffrou, sy moes eerder gedink het voor sy skoonmaak take vir kinders uitdeel, dis nie cheap arbeid nie, die kinders is daar om te leer, nie om besems te vat en skoon te maak nie, tensy so gereël word met die ouers, sy moes eerder die taak vir die skoonmaker gegee het….of wou die skoonmaker nie sy job doen nie. Was hy n man met n houding? Daar sal beslis teen hom opgetree moet word, as hy eenkeer daarmee weg kom het sal hy nie skroom om n ander kind ook met n hou by te dam nie. Hoe moet daai kind ook nou voel om weer skool toe te gaan en te loop waar daai skoonmaker op die gronde rond beweeg?

pop ·

Daar gaan niks van kom as die skoonmaker swart is nie. pleks die pa skool toe gegaan het met n sambok, voeter hom tot duskant die dood oor hy aan sy kind durf raak het. Maar dan sal die arme pa seker 50jr tronkstraf gekry het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.