Seun hang hom glo aan boom by skool

St. Stithians College se perseel. Die seun se liggaam is glo naby die dam gevind. Foto: Facebook

St. Stithians College se perseel. Die seun se liggaam is glo naby die dam gevind. Foto: Facebook

Die liggaam van ʼn 16-jarige seun is gevind waar dit aan ʼn boom gehang het op die perseel van ʼn spogskool in Johannesburg.

Kol. Andries Odendaal, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê lede van die publiek het Saterdagoggend in die verbygang op die seun se liggaam afgekom op die perseel van die St. Stithians College in Sandton.

Die polisie is ontbied en die seun se liggaam is verwyder. Volgens Odendaal blyk dit dat die seun selfmoord gepleeg het. “’n Geregtelike doodsondersoek is begin.”

Dr. Tim Nuttall, hoof van die St. Stithians College, het gesê die seun het in ʼn huis naby die skool gewoon en was ʼn gr. 10-leerder by die Hoërskool Bryanston. “Ons is diep bedroef oor die tragiese verlies van ʼn jong lewe, en ons gedagtes en gebede is met die seun se familie en vriende.”

Nuttall het namens St. Stithians en Hoërskool Bryanston ’n beroep op die publiek gedoen. “Ons gesamentlike beroep op die publiek is om die saak sensitief en met respek vir die familie van die oorledene te hanteer, aangesien hulle die onverwagte trauma en skok van sy dood moet hanteer. Berading en ondersteuning word verskaf aan die mense wat direk betrokke is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Griki ·

Dis baie hartseer. Innige meegevoel met die familie, vriende, skoolmaats en onderwysers.

Milty ·

Ons diepe meegevoel aan die familie.Ouers moenie kinders begrawe nie, maar kinders moet hulle Ouers begrawe. Of dit is hoe dit moet werk
Sterkte

Elfie ·

Al glo ek hulle sal nie hier lees nie wens ek die ouers, familie en vriende baie baie sterkte toe in hierdie baie moeilike tyd wat voorlê. Mag my gebede en wense hul dra….

Peet Schabort ·

So ‘n jong lewe is net weg . . . die waaroms gaan gevra word.
Een uit vyf van tieners (11-19jr) oorweeg selfmoord. Dit op sigself is skokkend. Jongmense, as julle hier lees, dit is NIE die oplossing.
Sterkte aan die familie.

Otto ·

Dit is verskriklik hartseer, maar mens moet maar altyd wonder of dit verhoed kon word. Ouers praat nie meer met hulle kinders nie.

Ben Burger ·

Die hartseerste van alles is dat baie,seker die meeste van ons jeug nie meer werklik rolmodelle met positiewe voorbeeld het nie.Ons is te geneig om afgestomp te raak in die “nuwe RSA”,want dit wat deesdae gebeur,raak so algemeen dat dit maar later as gelate aanvaar word.Kom ons gee onsself meer aan mekaar in gebed en dra ons jeug meer op aan ons Hemelse Vader op.Slegs met die ingryping van God kan ons weer vir ons jeug die regte (soos God dit sou wou hê) voorbeelde wees.Maak meer bemoeienis met ons kinders en verseker hulle van ons liefde vir hulle,HULLE WIL DIT HOOR EN SIEN.Pasop,die wereld is besig om ons te verswelg!!!

Ansie Janse van Rensburg ·

Sit af die sepies, rekenaars en selfone in die aand en PRAAT met jou kind.
Maak van Sondag ‘n gesinsdag.
Dis skokkend om te sien hoeveel ouers het geen benul wat hulle kinders doen of wie hulle vriende is nie.

nig ·

As mens so iets lees wonde rmens ook of daar nie dalk weer ‘n geboelie ook betrokke was nie. Dit sal mos nou ook nie uitkom nie… Sterkte aan die ouers en familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.