Seun hoor hoe rowers pa doodskiet

Dirk Snyders. Foto: Facebook

Dirk Snyders. Foto: Facebook

ʼn Man van Hartbeespoort in Noordwes is Saterdag in die vroeë oggendure in sy huis in Ifafi deur gewapende rowers oorval en doodgeskiet.

Dirk Snyders (55) is glo in sy slaapkamer in sy huis in Cannon-singel deur die rowers oorval. Volgens inligting wat deur die Facebook-groep Hartbeespoort Concerned Citizens gedeel is, is Snyders se 29-jarige seun omstreeks 03:00 in ʼn ander slaapkamer in die huis deur een van die rowers wakker gemaak. Die rower het hom gevra waar die kluis is.

Minute later het die seun, ook genaamd Dirk, ʼn gil en een geweerskoot vanuit sy pa se kamer op die tweede verdieping van die huis gehoor. Die rowers het kort daarna met twee selfone en ʼn skootrekenaar gevlug.

Dirk jr. het gaan ondersoek instel en sy pa se liggaam op die vloer aangetref. Hy het in sy motor gespring om hulp te gaan soek aangesien die rowers hul selfone gebuit het. ʼn Ent weg van die huis het hy ʼn lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gesien en hom voorgekeer. Die GPF-lid het Dirk jr. gehelp om die polisie te ontbied.

Romano van der Spuy, die GPF se adjunkvoorsitter, kon nie Maandagoggend vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Makau het die rowers deur ʼn kombuisvenster geklim om toegang tot die huis te verkry.

“ʼn Saak van moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Makau gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ekwilibrium ·

Eers Johan Heunis, nou mnr. Snyders. Lyk my ons is weereens in vir ‘n skielike vlaag moorde soos in Januarie laasjaar. Dis mos hoe hierdie ‘oorlog van die flooi’ werk; skielike spul naby aan mekaar, dan ‘n ruk relatiewe stilte net sodat die regering kan sê: “but look, those were isolated incidents purely connected to robbery”. Wees gereed mense…

Theuns ·

Maroela die man is 58 jaar oud. Sy huis alarm was nie aan nie? Sy 28 jarige seun se daar was drie swartes. Hyself is aangehou met’n mes? Die moordenaars het sy brille afgevat toe kon hy nie sien nie? To die moordenaars weg is het hy gaan hulp soek sonder sy bril?

Landi Slatter ·

Dagsê Theuns

Dankie vir jou navraag. Die ouderdomme is so aangedui in die inligting wat ons van Hartbeespoort Concerned Citizens ontvang het. Die polisie kon nie onmiddellik die ouderdomme bevestig nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Anna ·

Ag ou Theuns hoe oud hy was is tog irrelevant. Feit is hy is dood. Tragedie. Naastes agtergelaat met pyn en vrae.

Tiaan ·

Sterkte aan die familie, mag die moordenaars vinnig opgespoor word

Theresa ·

Sterkte aan die familie en vriende. Wat ‘n onnodige gebeurtenis! Mag die polisie en speurders vinnig op die spoor van die moordenaars kom.

Jc ·

Baie hartseer om te hoor. Ons is al 12 jaar in Australia en Dirk was my buurman in Canon singel. Jammer om die nuus te verneem en ons dink asn sy familie.

Diffie ·

Is daar n rede hoekom ons wit mense nie kan opstaan teen hierdie vertrapping van ons menswees en regte nie?Was dit enige ander land sou dinge mos heel anders verloop het
of selfs n bloedbad sou gevolg het.

Theresa ·

Iemand het voorgestel mens moet die Minister van Wet en Orde voor stok kan kry. Is daar ‘n manier wat landsburgers wat gegrief is, so iets kan doen op ‘n ordelike manier? ‘n Geskrif waarop hy moet antwoord (nie net ‘n sin of twee nie) ordentlik uiteengesit waarom hy geen beheer het nie?

Elize ·

Omdat baie dink so iets sal hulle nie tref nie.so hoekom sal hulle.hulle comfort zone verlaat om hulle stemme dik te maak. Baie gaan nie eens stembus toe nie. Maar wag tot die dag dit dit jou tref.dan verander die prentjie. Hoekom eers wag.

Wenner ·

Is hierdie manier van gesinne aanval (skiet die pa/ma voor die kinders) nie om ons mense net meer geïntimideerd te laat voel nie? Dit voel vir my dat dit n n manier van intimidasie is wat toegepas word. En gesinne word weerloos gelaat. Dis soooooo lafhartig!

Piet ·

Theresa, om jou vraag te beantwoord (so eerlik as wat ek kan). Daar is nie ‘n ordentlike manier om die misdaad te bekamp nie. Ek sou baie graag my punt vir jou wou verduidelik, maar hulle sal dit nie plaas nie. Ons sogenaamde president het ‘n regsgeding verloor toe hy ‘n dief genoem is deur die DA. Die hof het beslis dat mens maar mag se dat hy gesteel het want hy het gesteel. Die verotting van waardes kry mens reg deur die regering en onder die blankes ook (vra maar vir Sus). Nie eers die Pous sal hierdie totale verval van waardes kan keer nie, want ironies genoeg het die meerderheid mense gestem vir dit en sal hulle weer vir dit stem as hulle ‘n halwe kans kry.

Van ·

Hoe vang jy iemand wat nie n address het nie en nie n geregistreerde vuurwapen het nie – feit is hulle kan net gevang word as hulle betrap en gevang word – mur jy hulle word jy toegesluit en skiet jy op hulle word jy veroordeel. Draai maar eerder die ander Wang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.