Seun hoor oor borgtog ná gru-moord op ouers

hof-hamer

Argieffoto

Die 19-jarige man wat aangekla word van die moord op sy ouers, is in die Pampierstad-landdroshof in die Noord-Kaap borgtog geweier.

Tebogo Segae staan tereg op twee aanklagte van moord en het besluit om sy eie verdediging te lei tydens sy borgtogaansoek. Die staatsaanklaer het borgtog teengestaan weens die aard van die misdaad.

Volgens Mojalefa Senokoatsane, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die hof borgtog geweier aangesien daar nie dwingende redes aangevoer is oor hoekom Segae op borgtog vrygelaat moet word nie. Die hof het ook beslis dit sal nie in die beste belang van geregtigheid wees om die beskuldigde op borgtog vry te laat nie.

Segae moet weer op 20 Oktober in die hof verskyn.

Die liggame van Segae se ouers, Stanley (67) en Elizabeth Segae (57), is op 27 Augustus in ʼn veld in Pampierstad gevind. Daar was verskeie wonde aan hul liggame en daar word vermoed dat hulle met ʼn voertuig in die veld gesleep is.

Voorlopige ondersoek het die polisie na die egpaar se seun gelei en hy is dieselfde dag in verband met hul dood in hegtenis geneem. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie en die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Myburgh by 082 495 4584 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Erita

Hartseer

Blondie76

Hoe kan ‘n kind dit aan sy eie ouers doen? Wat word van die lewe en waar gaan dit als ophou?

Mariaan

Ja mens wonder…n kind doen nie net sommer so iets nie…tragies

Casper

19 is nie meer ‘n seun nie maar ‘n jong man.Laat geregtigheid geskied en laat hy boet vir die familie se onthalwe.Hoekom so wreed.

Jakes

Die kerel gaan lang tyd tot sy beskikking in die tronk he om te dink oor wat hy gedoen het. Wat jy saai sal jy maai.