Seun in hof ná aanval op ma

Anthea van der Pluym Foto: Facebook

Anthea van der Pluym Foto: Facebook

Nicholas van der Pluym, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ma erg aangerand het, het Woensdag in die Hermanus-landdroshof verskyn.

Van der Pluym (20) se saak is tot 20 Oktober uitgestel, aangesien die hof wag op mediese verslae.

Rapport het Sondag berig Van der Pluym het glo sy ma, Anthea (46), in Julie vanjaar by haar huis in Voëlklip in Hermanus aangeval.

Anthea is 14 keer met ʼn hamer oor die kop geslaan, met ʼn elektriese koord verwurg voordat petrol oor haar uitgegooi en sy aan die brand gesteek is. Haar 74-jarige ma, Dot Potgieter, is ook met ʼn hamer oor die kop geslaan.

Van der Pluym, wat in Caledon aangehou word, staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord. Volgens die berig het hy ʼn jaar gelede van Engeland af teruggekeer na Suid-Afrika. Hy was 15 jaar oud toe hy en sy pa geëmigreer het. Hy het by sy ma en ouma ingetrek.

Klik hier om verder te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carel ·

Ek nooi die pateet amptelik uit om my te kom prober aanrand sodra hy kans het, ek sal die klein snert ‘n pakslae van sy lewe gee. Waar het jy in jou lewe gesien jy slaan aan ‘n vrou, veral jou ma, om nie eens van jou ouma te praat nie!!

Peter Says ·

Hier is n gepaste resedensie vir hom in die Kaap, hier sal hy ook elke dag n paar kop hammer houe kry…tot wat moet gebeur…gebeur. Sterkte aan die Ma en Ouma.

G Eloff ·

Exodus 21:15 ” En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.” Wil iemand n “ja maar” byvoeg ?

martie ·

“JA” G Eloff ek stem saam, hierdie kind is van die duiwel, geen mens met God in sy lewe sal so brutaal wees nie. Ons leef nou in die laaste tye en hierdie dinge word vir ons in die bybel vertel. Die enigste boek van begin tot end is die waarheid en alles val in plek, soos die Woord se as jy ‘n oor het moet jy hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.