Seun in hof na hy glo ouma met swaard vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouma met ʼn swaard vermoor het, het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Die 16-jarige se saak is tot 11 Maart uitgestel. Sy naam mag nie bekend gemaak word nie, aangesien hy minderjarig is.

Die seun se pa het voor by hom in die hof gaan staan toe die verrigtinge begin het, maar nadat die saak uitgestel is, het hy vinnig by die trappe afgeloop sonder om met sy pa te praat.

Aadil Lambat, die seun se regsverteenwoordiger, het buite die hof gesê die saak is uitgestel omdat daar nog nie ʼn bed in ʼn psigiatriese hospitaal beskikbaar is nie. Die staat het ingestem tot die verdediging se versoek dat die seun vir sielkundige waarneming gestuur word.

Die seun het sy ouma glo in Desember met ʼn swaard vermoor. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die seun bly in aanhouding.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.