Natasjia Geldenhuys (44) se seun het Dinsdag saam met ’n medebeskuldigde in die landdroshof in Bellville verskyn in verband met haar moord.
Geldenhuys se liggaam is vroeg Sondagoggend in haar huis in Eerstelaan in die Boston-woonbuurt in Bellville gevind. Sy is met verskeie steekwonde aan haar liggaam aangetref.
Die twee verdagtes is dieselfde dag in hegtenis geneem. Christopher Geldenhuys (20) en Joshua Davies (19) het vlugtig in die Bellville-landdroshof op aanklagte van moord verskyn.
Dit is die eerste keer wat Davies en Geldenhuys vir ʼn oortreding in die hof verskyn. Hulle sal na verwagting op 9 Desember om borgtog aansoek doen.
Davies se regsverteenwoordiger, André Kirsten, sowel as Geldenhuys se regsverteenwoordiger, Cornelius Smith, het die hof versoek dat hul kliënte in die hospitaal-afdeling van die Goodwood-gevangenis aangehou word. Davies en Geldenhuys gebruik na bewering albei chroniese medikasie.
Natasjia se man, André Geldenhuys, was die enigste familielid wat die hofverrigtinge bygewoon het.
ʼn Emosionele Geldenhuys het aan Maroela Media gesê dat hy tans baie ondersteuning van familie en vriende ontvang.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Motief?
Ek het van die begin af gesê dit is Christopher. Wie gaan 6:00 in die oggend na jou Ma se kamer toe, as jy by die huis kom. Hy is maar ‘n vreemde enetjie.
Ek stem saam, Chroniese medikasie? dalk mag hulle dit nie bekend maak nie maar ek glo dwelms speel n groot rol hier.
Waarskynlik dwelms op een of ander wyse betrokke. Kom ons kyk maar.ķll
Kroniese medekasie??-drugs eerder ,hoe vermoor jy jou eie ma?? -hulle moet nie borg kry nie-hulle gaan vlug